JacPod

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Seisoen 4 sluit ook 'n episode in waar die moord se tentakels gestrek het tot in naburige Botswana. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nic...

Author

JacPod

Category

True Crime

Podcast website

www.jacarandafm.com

Latest episode

May 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Shaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue 05.05.2026

Ouetehuise en aftree oorde in Gauteng en Mpumalanga was tussen 2015 en 2018 die teikens van gru moorde. Bejaarde vroue wat alleen gebly het, is aangeval, verwurg en beroof in ’n reeks misdade wat begin het met die geldgierigheid van Shaun Oosthuizen. Die kat-en-muis speletjie wat hy en sy mede-pligtiges met die polisie gespeel het, het gelei tot ’n reuse soektog oor provinsiale grense om die aanva...

Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het 28.04.2026

Agtste Straat in Springs aan die Oos-Rand het in 2017 soos baie ander besige strate regoor Suid-Afrika gelyk - met 'n prokureursfirma, 'n skoonmaakbesigheid, snoepies en ook 'n mans haarkapper af in die straat. Agter die helder verf op die haarkapper se muur het 'n donker boosheid egter geskuil, wat in 2017 aan die lig gekom het. Die soektog na 'n vermiste jong meisie en 'n polisieklopjag sou die...

André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord 21.04.2026

André Klynsmith se hunkering na ’n droom aftrede saam met sy vrou het in sy tragiese moord geëindig, met ’n verstommende kinkel oor die ware moordenaar. Hy het in 2016 afgetree met al sy planne in plek. André het uiteindelik weer liefde gevind en daarna uitgesien om sy aftrede met sy nuwe vrou te deel, saam met haar te reis en rondtes gholf met vriende te geniet. Wat André egter nie geweet het nie...

Die berugte Station Strangler reeks moordenaar 14.04.2026

Suid-Afrika het in 1994 geleef onder ’n reënboog van vreugde met die aanvang van demokrasie en die gevoel van vryheid. In die Mitchells Plein gebied van die Wes-Kaap was ouers egter vasgekeer in angs nadat die liggame van jong seuns gekry is – almal op diesefde gru wyse vermoor. Inwoners was verder geskok oor die identiteit van die man wat as die Station Strangler aangekla sou word. Maar was hierd...

Die Ponzi-slenter van Craig Warriner 07.04.2026

Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsb...

Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille 31.03.2026

Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in Hammanskraal dood geskiet het. Van hierdie pille was vir erge kopsere en maagkrampe. Of was haar motie...

Die Moord op Ria Womarans in Botswana 24.03.2026

Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Min het Ria egter geweet dat hierdie hervestiging haar lewe sou kos, en ook daartoe lei dat ’n Suid-Afrikaners in Botswana tereg gestel...

Die moord op Taliep Petersen 17.03.2026

Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige van maniere op Nasionale Dag van Versoening vermoor. Sy moord op 16 Desember 2006 was nie net ’n geweldsmisdaad nie, dit was ’n daad van die hoogsteverraad. Webpage &...

Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie 10.03.2026

Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en tot in die Wes-Kaap. Luister weekliks van 17 Maart 2026! Volg die potgooi of teken in sodat jy nie nuwe episodes mis nie! Webpage · Find more from JacPod

Die Kroonstad Spoor Ramp 29.04.2025

Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was. Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember v...

Die reeks moordenaar, Sipho Thwala 22.04.2025

Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het da...

Die moord op Gabriela Kabrins Alban 15.04.2025

Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moo...

Die moord op Isaac Miggels 08.04.2025

Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie...

Die Modimolle Monster 01.04.2025

Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster. *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwin...

Die moord op Lucky Dube 25.03.2025

Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op d...

Die moord op Jayde Panayiotou 18.03.2025

Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord g...

Die Stander Bende, vertel met Joe Black 11.03.2025

Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense se verbeelding vas gevang. Dis ’n storie waarmee gewilde Afrikaanse sanger, Joe Black,...

Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode 05.03.2025

Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin bekende sanger Jo Black, help vertel aan die storie oor die Stander Bende. Die ander ware misdaad verhale strek van die Wes-Kaap tot in Modimolle in Limpopo. Luister weekliks van 11 Maart 2025! Webpage · Find more from...

Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker 13.08.2024

Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen …… Webpage &middot...

Die dwelm duiwel op die skip se dek 06.08.2024

In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n...

Die Wemmer Pan reeks moordenaar 30.07.2024

Cedric Maake het op sy eie vir ‘n jaar lank ‘n terreur van verskrikking regoor verskeie buurte van Johannesburg gesaai. Hy het sy slagoffers in 1997 met ‘n hamer toe getakel, geskiet, verkrag en beroof, maar dit was sy reeks moorde by Wemmer Pan wat tot sy uiteindelike inhegtenis neming gelei het. Episode 6 vertel die storie oor een van die mees berugte reeks moordenaars in die land se geskiedenis...

Die Suid-Afrikaanse dokter wat die perfekte moord in Nieu-Seeland wou gaan pleeg 23.07.2024

Toe Colin Bouwer sy vrou en twee kinders in 1997 oppak en Nieu-Seeland toe trek, het niemand daaroor gewonder nie. Colin was ‘n uiters bekwame psigiater wat ‘n invloedryke pos aangebied is en saam met sy gesin op die heuwels bo ‘n skilderagtige strand gebly het. Maar wat niemand kon sien kom nie, was Colin se plan om sy vrou stelselmatige te vergiftig. Episode 5 vertel die storie oor die hoogste v...

Die preker wat moord as kollekte geëis het 16.07.2024

Die skilderagtige Suid-Kaapse Tuinroete is in 2021 geskok gelaat toe ‘n gewilde preker tronk toe gestuur is vir die moord op een van sy gemeentelede. Wat in die hof aan die lig gekom het, was nie net hoe Hlompho Koloi vermoor is nie, maar die lewens polisse wat die man bekend as Pastoor Mongo - ook in die naam van ander gemeente lede uitgeneem het. Episode vier van dié reeks vertel van die hartsee...

Die Springs Huis van Gruwels 09.07.2024

Op ‘n kouerige aand in Mei 2014, klim ‘n tingerige seun met net ‘n kortbroek aan oor die muur om hulp te soek by die bure. Sy hulpkreet het daartoe gelei dat die owerhede die deure oop kon gooi van ‘n huis waar gruwel dade in Springs ontbloot is. Die derde episode van dié reeks vertel die storie oor een van die mees skokkende gevalle van kinder mishandeling om ooit in Suid-Afrika oopgevlek te word...

Die moord wat Pofadder soos ‘n slang kom pik het 02.07.2024

Inwoners van die klein Noord-Kaapse dorpie van Pofadder is in 2020 tot stilstand geskok toe een van hulle spog seuns vermoor is. Asof die ontdekking van Leon Brits se liggaam in sy swembad nie erg genoeg was nie, het die onthulling van die meesterbrein agter die moord, die gemeenskap in ongeloof gelaat. Webpage · Find more from JacPod

Listen to the True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.