Jaco van der Merwe & Angie Gallagher
Taalgenoot Klankbaan
Taalgenoot Klankbaan is ’n oudio-uitbreiding van die ATKV se kwartaallikse tydskrif, Taalgenoot. Taalgenoot bied soveel meer as die tradisionele nistydskrif: boeiende, interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl. Taalgenoot is vir jonk en oud; vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk. Die podsending word aangebied deur Angie Gallagher en Jaco van der Merwe.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
N1 Jozi / Ruk en Rym / Kuierkol 29.05.2026 1:42:42
Ruk en Rym vorm saam met die kwartaallikse tydskrif en Klankbaan die drie bene van die Taalgenoot-ekosisteem. In hierdie episode gesels Angie met die opkomende kletsrymer en voormalige Ruk en Rym-semifinalis, N1 Jozi, by die RSG/ATKV-Kuierkol tydens vanjaar se KKNK, en dit lei in die ateljee tot 'n groter gesprek met Jaco oor Ruk en Rym. Hulle deel ook ’n paar staaltjies oor die wonderwêreld van k...
Allen Laing 13.04.2026 3:06:56
Jaco en Angie en Anika kuier by kunstenaar Allen Laing, en hy maak vir hulle "xylomedicine" (geskenkies uit hout) na 'n diep gesprek oor kuns en hoe om nie bome te klim nie.
Janke Mostert (van Dierbaar) 02.03.2026 2:12:58
Angie & Jaco het opgevang met Janke Mostert, sangeres en liedjieskrywer van die band Dierbaar, by Rosemary Hill Farm in Gauteng, waar Janke besig was met 'n artist residency. Hierdie is 'n tydlose gesprek oor kreatiwiteit en menswees, en Janke sing ook 'n handvol liedjies wat tussen die geselsery gehoor kan word.
Lynthia Julius 12.12.2025 1:51:45
Lynthia Julius lees haar gedigte vir 'n live audience by Railways Cafe, en dan gesels sy met Angie en Jaco direk na die show by 'n gastehuis in Irene, en weer met Angie die volgende oggend op pad terug lughawe toe. Die warrelwind van 'n ervaring is vasgevang in hierdie podsending, en daar's 'n hele paar quotable quotes in hierdie gesprek wat jy heel moontlik nooit sal vergeet nie...
'n Klapgeveg in Benoni 21.10.2025 2:10:47
Angie, Jaco en Anika gaan kuier by ’n Punisher Slap Fight-byeenkoms in Benoni. Die klappe het behoorlik gereën, en ons was daar om met ’n paar van die klappers te gesels. Ná die tyd deel ons ook ’n paar filosofiese gedagtes oor die ervaring.
Charl du Plessis 27.07.2025 1:32:21
'n Gesprek tussen Angie, Jaco en bekroonde musikant Charl du Plessis, langs Charl se klavier. Stories, musiek, herinneringe.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.