RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gate69 se deure weer oop 15.09.2020 10:36
Johan van Lill loer in by die span van Gate69 in Kaapstad, wat weer hulle deure geopen het ná die inperking.
Anna Richter-Visser - Deel 6 08.09.2020 23:58
Luister na die laaste deel uit 'n argiefonderhoud met Anna Richter-Visser. Sy gesels oor die televisieproduksies waarby sy betrokke was.
Fables of the Mind 08.09.2020 5:47
Kunstenaar Adelle van Zyl vertel van haar uitstalling, Fables of the Mind, by die Kunsvereniging van Pretoria.
Lightness of Being 08.09.2020 5:11
Anne-Ghrett Erasmus vertel van die uitstalling, Lightness of Being, by IS Art in Stellenbosch.
Hoe word sepies opgeneem? 08.09.2020 14:00
Henry Mylne is die regisseur van die SABC-sepie, 7de Laan. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert hoe dinge op 'n sepiestel werk.
Amira Willighagen 01.09.2020 12:45
Christelle Webb-Joubert gesels met Amira Willighagen. Sy het in 2013, as negejarige, Holland’s Got Talent gewen. Amira vertel hoe dit deesdae met haar gaan.
Anna Richter-Visser - Deel 5 01.09.2020 24:36
Luister na die vyfde deel uit ‘n argiefonderhoud met die aktrise Anna Richter-Visser. Sy vertel van ‘n hele paar verliese in haar lewe.
Strings and Songs 01.09.2020 6:09
Violis Elmarie van der Vyver vertel van die produksie, Strings and Songs.
Kreatiewe Joernaalinskrywing 25.08.2020 14:08
Lizelle de Bruin vertel en wys vir Johan van Lill van Kreatiewe Joernaalinskrywing.
Ilze Coetzee 25.08.2020 14:36
Christelle Webb-Joubert gesles met sopraan Ilze Coetzee.
Anna Richter-Visser - Deel 4 25.08.2020 19:12
Luister na die vierde deel uit 'n argiefonderhoud met die aktrise Anna Richter-Visser. Sy vertel van drie stukke waarin sy te sien was in 1951.
Hessequa Harmonie 18.08.2020 6:49
Niël Rademan gesels oor Hessequa Harmonie, 'n fees wat plaasvind van 15 tot 19 September in Heidelberg.
Anna Richter-Visser - Deel 3 18.08.2020 27:46
Luister na die derde deel uit 'n argiefonderhoud met die aktrise Anna Richter-Visser. Sy vertel van die jare veertig.
Emma van Heyn 18.08.2020 17:21
Emma van Heyn gesels oor haar loopbaan en haar ervaringe in China, wat gelei het tot die produksie, Met slenterslag na Shanghai.
Anna Richter-Visser - Deel 2 11.08.2020 20:27
Luister na die tweede deel uit 'n argiefonderhoud met aktrise Anna Richter-Visser. Sy vertel van Kriekboud en die Mielieblaarklub.
Waterverfklas 11.08.2020 18:05
Meinhard Peters gee vir Johan van Lill en Lizelle de Bruin 'n waterverfklas.
10karakters/10characters 11.08.2020 11:38
Fotograaf Nardus Engelbrecht vertel van sy aanlynuitstalling, 10karakters/10characters.
Anna Richter-Visser - Deel 1 04.08.2020 24:36
Luister na die eerste deel uit 'n argiefonderhoud met aktrise Anna Richter-Visser. Sy vertel van die tyd toe sy klas gegee het vir teologiestudente.
Afrikaanse Kontemporêre Drama-argief 04.08.2020 7:39
Deon Opperman vertel van die Afrikaanse Kontemporêre Drama-argief.
Aleta Michaletos 04.08.2020 14:30
Leer ken die kunstenaar Aleta Michaletos.
Kinderteater beplan buitelugteater 28.07.2020 6:28
Cindy Gordon van die National Children's Theatre in Johannesburg vertel van hulle plan om 'n buitelugteater te bou.
Siegfried Mynhardt 28.07.2020 16:31
Luister na 'n argiefonderhoud uit 1990 met die akteur, Siegfried Mynhardt. Willie Lottering het met hom gesels in die program, Dagjoernaal.
Leer aanlyn om te teken 28.07.2020 20:48
Kan jy aanlyn leer teken? Johan van Lill en Lizelle de Bruin neem deel aan een van Hester van Rensburg se kunsklasse op Whatsapp, en vind uit of enigiemand kan leer teken. Hou 'n pen en papier byderhand en teken saam.
Elize Cawood (28 Junie 1952 – 18 Julie 2020) 21.07.2020 12:17
Aktrise Elize Cawood sterf op die ouderdom van 68 aan longkanker. Christelle Webb-Joubert saai 'n onderhoud uit 2015 uit met haar en haar man Wilson Dunster. Hulle gesels oor hoe hulle ontmoet het, hulle kinders en die bedryf.
Lochner de Kock 21.07.2020 13:02
Lochner de Kock word vanjaar 70. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy grootwordjare, loopbaan en passie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.