RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Iewers in die grys by die Suidoosterfees 11.04.2023 9:05
Christelle Webb-Joubert gesels met skrywer, regisseur en akteur Adriaan Havenga, oor sy toneelstuk, Iewers in die grys, wat te sien is by die Suidoosterfees.
Uit die argief: Cobus Rossouw 11.04.2023 14:43
Die akteur, Cobus Rossouw, het op 28 Maart 90 jaar oud geword. Nic de Jager het in 1972 met hom gesels in die program, Portret van die week.
Hugo Lambrecht Musieksentrum se toer en uitreikaksies 11.04.2023 11:56
Dr. Arisa Voges is hoof van die Hugo Lambrecht Musieksentrum. Sy vertel van hulle houtblaasensemble se Overbergtoer van 14 – 17 April. Sy vertel ook van hulle betrokkenheid by ‘n skool vir blindes in Athlone.
Renette Bouwer se aftreejaar 11.04.2023 10:04
Terrance April kuier by koordirigent Renette Bouwer. Sy tree einde 2023 af as dirigent van die UJ-koor.
Wêreld Teaterdag 2023 04.04.2023 9:57
Dit was Wêreld Teaterdag op 27 Maart. Christelle Webb-Joubert was by die Afriforumteater in Pretoria waar sy met die personeel gesels het oor wat teater vir hulle beteken.
Bongani Thembe se orkeste 04.04.2023 11:43
Terrance April gesels met Bongani Thembe, die bestuurshoof van nie minder nie as drie orkeste.
KKNK vereer Magdaleen Krüger 04.04.2023 30:31
Christelle Webb-Joubert gesels met RSG se voormalige bestuurder, Magdaleen Krüger, oor die toekenning wat sy by vanjaar se KKNK ontvang.
Wat gebeur alles by Oppiwater 2023? 28.03.2023 11:04
Frans Swart, feesdirekteur van die Oppiwater-kunstefees, vertel wat alles op die skip te sien is.
Suidoosterfees 2023 is om die draai 28.03.2023 8:37
Die Suidoosterfees vind vanjaar plaas van 26 April tot 1 Mei. Die uitvoerende hoof, Jana Hattingh, vertel waarna gehore kan uitsien.
Kaapstad Filharmonies se eerste konsertseisoen 28.03.2023 7:56
Christelle Webb-Joubert gesels met Louis Heyneman, bestuurshoof en artistieke direkteur van die Kaapstad Filharmoniese Orkes oor hulle eerste konsertseisoen.
We Will Rock You by Montecasino 28.03.2023 11:54
Terrance April maak ‘n draai by Montecasino en vind meer uit oor die produksie, We Will Rock You. Hy gesels met Danielle Cronjé en musiekregisseur Kevin Kraak.
Twee werke vir die Pase 28.03.2023 11:31
Herman van Niekerk is die programdirekteur van twee konserte wat te sien is tydens die Pase. Terrance April het met hom gesels.
Devil Song 21.03.2023 6:55
Devil Song is ‘n kabaret oor die sewe doodsondes. Schoeman Smit het die besonderhede.
KKNK-feeskunstenaar Liza Grobler 21.03.2023 13:48
Christelle Webb-Joubert gesels met die KKNK se feeskunstenaar vir 2023, Liza Grobler.
Visuele kuns by KKNK 2023 21.03.2023 7:46
Die KKNK se kunskurator, Dineke van der Walt, vertel van al die uitstallings wat vanjaar by fees te sien is.
Soweto Spiritual Singers se nuwe produksie 21.03.2023 8:24
Broer en suster Nkhululeko en Vicky Vilakazi van die Soweto Spiritual Singers vertel vir Terrance April van hulle produksie.
Sello Maake Ka-Ncube oor Nothing but the truth 21.03.2023 8:24
Terrance April gesels met die akteur, Sello Maake Ka-Ncube, oor die toneelstuk, Nothing but the truth.
Conrad Asman - Wenner van eerste SA Komponiskompetisie 14.03.2023 10:07
Die eerste Suid-Afrikaanse Komponiskompetisie is vanjaar aangebied. Christelle Webb-Joubert gesels met die wenner, Conrad Asman.
Gita Fourie praat oor Afval 14.03.2023 13:03
Afval, is ‘n komedieklug wat te sien is by vanjaar se KKNK en Suidoosterfees. Die skrywer, vervaardiger en aktrise, Gita Fourie, vertel waaroor dit gaan.
Joburg Ballet - Dialogues 14.03.2023 10:42
Joburg Ballet bied die produksie Dialogues aan. Terrance April gesels met die artistieke direkteur, Iain MacDonald, en twee van die choreograwe, Cloë Blair en Roseline Wilkens.
Prof. Elfriede Dreyer - Lied van die filosoof 14.03.2023 10:00
Prof. Elfriede Dreyer vertel van haar solo-uitstalling, Lied van die filosoof.
Johannesburg Filharmonies se laaste konsert in seisoen 14.03.2023 2:57
Terrance April vertel van die laaste konsert as deel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se huidige seisoen.
Strykers Galore! 07.03.2023 11:45
Tjellis Mietze Dill vertel van die eerste Aardklop Aubade vir 2023, Strykers Galore!
Johannesburg Filharmonies se derde konsert in reeks 07.03.2023 2:13
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se derde konsert in die huidige seisoenreeks.
Koorkonvensie in Kaapstad 07.03.2023 18:27
Die CCNF bied ‘n koorkonvensie in Kaapstad aan. Die stigter en bestuurshoof, Alta Marè, vertel meer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.