RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Nicolaas Swart vertel van Six in a boat 30.05.2023 16:37
Nicolaas Swart was 15 jaar lank Nataniël se produksiebestuurder. Hy is ook al vir jare te sien in sy produksies. Hy gesels onder andere oor hulle volgende vertoning by Kunstekaap, Six in a boat.
Kaapstad Filharmonies winterseisoen 2023 23.05.2023 6:33
Louis Heyneman, die bestuurshoof van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, vertel van hulle wintersimfonieseisoen wat op 1 Junie begin.
Vincent by Theatre on the Square 23.05.2023 10:44
Amanda Botha vertel vir Terrance April van die produksie, Vincent, wat te sien is by Theatre on the Square in Johannesburg.
Hermanus FynArts 2023 23.05.2023 12:11
Die elfde FynArts-kunstefees in Hermanus vind vanjaar van 9 tot 18 Junie plaas. Hedda Mittner vertel meer.
Reflections - Annemie Odendaal 23.05.2023 19:36
Christelle Webb-Joubert stap saam met die kunstenaar Annemie Odendaal deur haar uitstalling, Reflections.
Die Kaplyn by Afriforumteater 16.05.2023 15:12
Christelle Webb-Joubert gesels met Johan Vorster, Jacomien de Wet en Abel Knobel oor die nuwe Afrikaanse musiekspel, Die Kaplyn.
Atterbury Klassiek 2023 16.05.2023 5:42
Die derde Atterbury Klassiek vind plaas van 18 – 21 Mei. Pianis Charl du Plessis het meer besonderhede.
Sylvaine Strike oor Firefly 16.05.2023 9:57
Sylvaine Strike vertel vir Terrance April van die magiese stuk, Firefly, waarin sy en Adrew Buckland te sien is.
Klarinetspeler Maria du Toit toer in SA 16.05.2023 16:09
Klarinetspeler Maria du Toit is getroud met die bekende dirigent, Arjan Tien, en woon al sedert 2014 in Nederland. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van haar toer na Suid-Afrika.
Alyzzander Fourie oor skryf vir sepies 09.05.2023 19:13
Die akteur, Alyzzander Fourie, was onlangs te sien as Majoor Jak in 7de Laan. Hy is ook betrokke by die skryf van die sepie se tekste. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die skryfproses.
Bernice van den Berg - van kuns en viole 09.05.2023 13:44
Christelle Webb-Joubert gesels met kunstenaar Bernice van den Berg, wat ook ‘n kranige violis is.
SA se drie stadsorkeste 09.05.2023 6:17
Die dirigent, dr. Paul Loeb von Zuilenburg, vertel van die drie Suid-Afrikaanse stadsorkeste se planne vir 2023.
Buddy, The Buddy Holly Story 09.05.2023 11:27
Terrance April gesels met twee van die akteurs wat te sien in Buddy, The Buddy Holly Story, Keaton Ditchfield en Gerhard van Rooyen.
Brittany Smith - Die Pêrelvissers 02.05.2023 20:41
Christelle Webb-Joubert gesels met die sopraan, Brittany Smith, wat eersdaags te sien is in die opera, Die Pêrelvissers.
Cat & Monkey 02.05.2023 8:59
Danielle Retief en Rowlen von Gericke vertel van die toneelstuk, Cat & Monkey, waarin hulle te sien is.
Echo of Noise - Pieter-Dirk Uys 02.05.2023 15:15
Terrance April gesels met Pieter-Dirk Uys oor sy vertoning, Echo of Noise, by die Pieter Toerienteater in Johannesburg.
Classics for All 2023 25.04.2023 10:37
Die Classics for All-fees in Greyton en Genadendal vind vanjaar vir die 19e keer plaas. Feesdirekteur Coenie Visser gesels oor van die hoogtepunte.
Hoerkind nou op die verhoog 25.04.2023 12:55
Herman Lategan se boek, HOERKIND, is verwerk vir die verhoog. Vervaardiger Margit Meyer-Rodenbeck vertel wat gehore kan verwag.
Landskep en Merkwaardig kunsuitstallings 25.04.2023 9:54
Anne-Ghrett Erasmus Coetzee van die Breytenbachgalery in Wellington gesels oor die uitstalling, LANDSKEP. Sy vertel ook van die uitstalling, MERKWAARDIG, wat te sien id by vanjaar se Suidoosterfees.
The Head and the Load - William Kentridge 25.04.2023 10:19
Terrance April gesels met die akteur Hamilton Dlamini oor William Kentridge se nuwe produksie, THE HEAD AND THE LOAD.
Drie solo-uitstallings by Rust-en-Vrede 25.04.2023 6:12
Die kurator van die Rust-en-Vrede Galery in Durbanville vertel van die drie solo-uitstallings wat tans daar te sien is.
Shannon Thebus - Horingspeler 18.04.2023 5:14
Terrance April gesels met die horingspeler Shannon Thebus. Hy is hoofhoringspeler van die Kaapstad Filharmoniese Orkes.
Anneke Lamont - 'n Huldeblyk 18.04.2023 21:36
Kollegas, medemusikante en vriende bring hulde aan pianis Anneke Lamont, wat op 9 April oorlede is.
Golden Rhino-ballet by Staatsteater 18.04.2023 11:24
Dirk Badenhorst van Mzansi Ballet vertel van hulle nuwe ballet, Golden Rhino, wat van 26 tot 30 April te sien is by die Staatsteater van Pretoria.
Riaan van den Berg se galery in Parys 18.04.2023 8:12
Christelle Webb-Joubert besoek een van die galerye in Parys, en gesels met die eienaar en kunstenaar Riaan van den Berg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.