RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hans van Heerden 1935 - 2023 19.09.2023 18:05
Ons bring hulde aan die bariton, Hans van Heerden, wat oorlede is, deur te luister na ‘n onderhoud uit 1987. Die onderhoudvoerder is Eben Human.
Visuele kuns by Aardklop 2023 19.09.2023 3:38
Kurator Dineke Orton vertel watter uitstallings te sien is by vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.
Uitstallings by vanjaar se Tuin van Digters 12.09.2023 2:52
Anne-Ghrett Erasmus Coetzee vertel van die uitstallings wat te sien is by vanjaar se Tuin van Digters by die Breytenbachsentrum op Wellington.
Elise Erasmus - Letting go 12.09.2023 6:04
Christelle Webb-Joubert gesels met kunstenaar Elise Erasmus oor haar eerste solo-uitstalling, Letting go.
Joey van Niekerk 1938 - 2023 12.09.2023 8:54
‘n Geliefde skrywer van radiodramas vir RSG, Joey van Niekerk, is oorlede. Kobus Burger, RSG se programbestuurder, bring hulde aan haar.
Produksies wat debuteer by Aardklop 12.09.2023 9:00
Terrance April gesels met Pieter Odendaal oor sy toneelstuk, Droomwerk, en met Philip Radeneyer oor sy produksie, Goed wat wag om te gebeur. Die produksies debuteer by Aardklop.
Prof. Gerrit Olivier 1945 - 2023 12.09.2023 25:04
Ons bring hulde aan prof. Gerrit Olivier, en luister na ‘n uittreksel uit die program, Musiekposbus, aangebied deur Joubero Malherbe. Sy het in 1990 met hom gesels.
Wat gebeur by Hessequa Harmonie 2023? 05.09.2023 2:48
Niël Rademan, bestuurshoof van Hessequa Harmonie, vertel wat op vanjaar se program is.
Kaapstad Filharmonies se lenteseisoen 05.09.2023 5:57
Dis die Kaapstad Filharmoniese Orkes se lenteseisoen. Louis Heyneman, bestuurshoof en artistieke direkteur, vertel wat gehore kan verwag.
Lize Beekman by Melkbos Ateljee 05.09.2023 13:44
Sanger en kunstenaar Lize Beekman vertel van Melkbos Ateljee en haar kunsuitstalling daar.
Henrietta Gryffenberg se 1. by Aardklop 05.09.2023 13:27
Henrietta Gryffenberg is die skrywer van 1., ‘n toneelstuk wat vanjaar by Aardklop debuteer.
Damon Gulgut se The Promise verwerk vir verhoog 05.09.2023 13:09
Terrance April gesels met regisseur Sylvaine Strike en akteur Albert Pretorius oor Damon Gulgut se boek, The Promise, wat verwerk is vir die verhoog.
Wat word van SA se uitstalling by Argitekbiennale? 29.08.2023 3:44
Argitek Carla Spies vertel vir Christelle Webb-Joubert wat met Suid-Afrika se uitstalling gebeur na afloop van die Argitekbiennale in Venesië.
Jenny Reyneke se terugkeer 29.08.2023 12:34
Jenny Reyneke het vir meer as drie jaar verdwyn as kunstenaar. Christelle Webb-Joubert vind uit waar sy was, en oor haar eerste uitstalling vandat sy terug is.
Johannesburg Filharmonies se laaste lentekonsert 29.08.2023 2:05
Terrance April vertel wat te hoor is by die laaste konsert in die huidige seisoen van die Johannesburg Filharmoniese Orkes.
Wat is EpicARTS? 29.08.2023 14:52
Kunstenaar Dian Louw vertel vir Christelle Webb-Joubert van EpicARTS - hoe dit begin het, en wat dit behels.
UJ Koor neem afskeid van dirigent 29.08.2023 11:04
Renette Bouwer tree af as dirigent van die Universiteit van Johannesburg se koor. Sy vertel van die uitvoering, The new covenant, waarmee sy uittree.
Fase 2 en 3 van SA-uitstalling by Argitekbienale 22.08.2023 7:13
Die argitekdosent by TUT, Stephen Steyn, en argitek Carla Spies vertel hoe fase 2 en 3 lyk by Suid-Afrika se uitstalling by die Argitekbienale in Venesië.
Johannesburg Filharmonies se tweede lentekonsert 22.08.2023 2:37
Terrance April vertel van die tweede konsert in die Johannesburgse Filharmoniese Orkes se huidige seisoen.
Woordfeesprogram vir 2023 22.08.2023 15:16
Die Woordfees in Stellenbosch vind vanjaar plaas van 7 tot 15 Oktober. Feesdirekteur Saartjie Botha vertel meer oor vanjaar se program.
JOHAAR MOSAVAL 1928 - 2023 22.08.2023 23:57
Die balletdanser, Johaar Mosaval, is verlede week in die ouderdom van 95 oorlede. As huldeblyk, luister ons na ‘n dokumentêr oor sy lewe, wat saamgestel is deur Johan van Lill.
Vlooi en die ondergrondse avontuur by KunsteKaap 22.08.2023 7:14
Vlooi en die ondergrondse avontuur is tans te sien by KunsteKaap. Minke Marais vertolk die rol vir die eerste keer, en sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die uitdaging.
Stairways and Ruins 15.08.2023 10:54
Annemi Conradie-Chetty vertel van die uitstalling, Stairways and Ruins, by die NWU-galery.
Johannesburg Filharmonies se lenteseisoen 15.08.2023 3:11
Terrance April vertel van die Johannesburg Filharmoniese Orkes se eerste konsert, as deel van hulle lenteseisoen.
SA se uitstalling by Argitekbiennale 15.08.2023 8:07
Stephen Steyn en dr. Emmanuel Nkambule is twee van die drie kurators by die Argitekbiennale in Venesië. Hulle vertel hoe Suid-Afrika se uitstalling lyk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.