RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Johannesburg Filharmoniese Orkes 19.02.2013

Terrance April het die jongste nuus oor die Johannesburg Filharmoniese Orkes se volgende seisoen.

FESTIVAL OF FAME 19.02.2013

Sonja Burger gesels oor die FESTIVAL OF FAME by die Nasionale Skool vir die Kunste in Johannesburg.

NOISE 19.02.2013

Lehlogonolo Mashaba gesels oor sy uitstalling NOISE by Artspace in Johannesburg.

PLATFORM 9 19.02.2013

Theodore Jantjies gesels oor die produksie PLATFORM 9 waarin hy te sien is.

MOOI MARIA 19.02.2013

Christelle Webb-Joubert gesels met die akteur Waldemar Schultz oor MOOI MARIA wat te sien is by Hoërskool Durbanville. Hy vertel ook van die ander produksies waarby hy betrokke is.

FIGURATION AND NEGATION 19.02.2013

Christelle Webb-Joubert vind meer uit oor die uitstalling FIGURATION AND NEGATION in Pretoria.

Nicolas McCarthy 12.02.2013

Die Britse pianis, Nicolas McCarthy, gesels met Christelle Webb-Joubert oor sy besluit om pianis te word en van die uitdagings. Nicolas is gebore met net ‘n linkerhand.

Dans Sambreel 12.02.2013

Die Dans Sambreel word vanjaar vir die 25e keer aangebied. Georgina Thomson vertel vir Christelle Webb-Joubert van vanjaar se hoogtepunte.

Autumn Art Fair 12.02.2013

Christelle Webb-Joubert kuier by FriedContemporary om uit te vind van die Autumn Art Fair.

Endler-konsertreeks 12.02.2013

Peter Martens vertel meer van die Endler-konsertreeks.

Michael Meyersfeld 12.02.2013

Die fotograaf Michael Meyersfeld gesels oor sy uitstalling DISCORDANCE by die UJ-galery.

Skeppingsoratorium 12.02.2013

Janine Neethling vertel vir Christelle Webb-Joubert van haar en Deon Opperman se Skeppingsoratorium.

Darlingfees 05.02.2013

Darling hou weer fees! Christelle Webb-Joubert vind uit wat alles te sien en te hoor is by vanjaar se fees.

Dirigentekompetisie 05.02.2013

Len van Zyl gesels oor die laaste ronde van die dirigentekompetisie wat begin Februarie plaasvind.

RSA – THROUGH THE EYE OF THE ARTIST 05.02.2013

Christelle Webb-Joubert gesels met Liekie Fouche, Charles van Lelyveld en John Tapuch wat deel is van die uitstalling, RSA – THROUGH THE EYE OF THE ARTIST, by die Tina Skukan-galery in Pretoria.

Mies Julie 05.02.2013

Kobus Burger gesels met die aktrise Hilda Cronjé wat te sien is in MIES JULIE by die Markteater in Johannesburg.

Stellenbosch Kunswedstryd 05.02.2013

Diederick Basson vertel meer van die Stellenbosch Kunswedstryd wat vanjaar 77 jaar oud is.

SANTA’S STORY 05.02.2013

Die operasangeres Aviva Pelham vertel van haar produksie SANTA’S STORY.

KKNK 2013 29.01.2013

Die KKNK 2013 se program is bekendgestel en Christelle Webb-Joubert gesels hieroor met die programbestuurder, Theo Kemp.

Nuwe uithangplek vir jonges by KKNK 29.01.2013

Die regisseur Hennie van Greunen vertel waar hy oral betrokke is by vanjaar se KKNK. Hy en Pedro Kruger is onder andere betrokke by Johnny Biskit’s, ’n uithangplek vir jongmense met produksies spesiaal vir hulle.

Suidoosterfees 29.01.2013

Christelle Webb-Joubert gesels met Anet Pienaar-Vosloo oor die Suidoosterfees wat einde Januarie begin. Saartjie Botha vertel ook van die produksie BIDSPRINKAAN waarvan sy die verwerking gedoen van André P. Brink se bekroonde boek. Dan vertel Lizz Meiring van VIER BRIEWE VIR JAN ELLIS. Steve Hofmeyer het die boek geskryf en dis Christo Davids se eerste solo-stuk.

Willie Bester - 1 15.01.2013

Die kunstenaar Willie Bester gesels oor sy uitstalling by die Breytenbachsentrum.

Willie Bester - 2 15.01.2013

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunskenner Marilyn Martin oor Willie Bester se werk.

Michele Nigrini 15.01.2013

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Michele Nigrini. Sy is die enigste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat gekies is om deel te wees van die London Art Biennale wat einde Januarie plaasvind.

Verdi-week by Brooklynteater 08.01.2013

Willem Vogel van die Brooklynteater vertel van hulle planne vir die Verdi-week en Johann Strauss se Wiener Blut.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.