Peach van Pletzen a.k.a Groothond

PRAATING

Arts EN ↓ 52 episodes

Here is where we praat about the kakgroot dinge in the lewe. As this ball is sweefing through space. Legeh!

Author

Peach van Pletzen a.k.a Groothond

Category

Arts

Podcast website

www.buzzsprout.com

Latest episode

Oct 2, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

BEER ADRIAANSE 02.10.2025

Hulle sê: “Probeer is die beste geweer...” Maar probeer is nie eers ’n geweer nie — dis ’n woord. Dis ’n werkwoord. Dis ’n wens. Dis daai ding wat jy doen nét voor jy uitvind wie jy regtig is. Om te probeer is dalk die coolste ding ooit. En as iemand weet hoe om mooi te probeer — op die verhoog, in teks, in stiltes en in skielike lagbuie — dan is dit vandag se gas. Hy’s daai ou wat altyd lyk of hy...

ZETSKE VAN PLETZEN 25.09.2025

Is mense met siblings beter af as enigste kinders? Dis ’n groot vraag. Een kind kry al die aandag en geskenke, terwyl twee (of ’n trop) kinders klere en aandag moet deel, mekaar moet opvoed en sterkmaak om reg te wees vir die wêreld. Vandag se gas is ’n aktrise wat jy dalk ken uit 7de Laan, Getroud met Rugby, Catch Me A Killer, Diepe Waters, Bakgat! en nog vele meer. Maar haar grootste rol bly haa...

BRENDAN PEYPER 18.09.2025

Vandag se gas is soveel meer as net ’n spiertier! Hy is ’n talentvolle sanger en musikant met meer as 115 miljoen views op sy YouTube-kanaal! Hy sport gereeld ’n mullet en ’n snor, en jy kon hom ook sien op Op my Eish — deesdae is hy meer op dun eish. Die man ken van eishskaats! Maak geraas vir die absolute sensasie: Brendan Peyper! Kom join ons vir PRAATING LIVE in 2026! Don't be bang, ons gaan a...

DEMI LEE MOORE 11.09.2025

Elke paar dekades word ons gebless met ’n prinses. In dié geval ’n pop-prinses! Not a pop — ek is nie ’n seksistiese vark nie; vrouens is nie poppe of poplappe nie. Hulle is prinsesse! Dís die enigste aanvaarbare P-woord. Goeiste, moenie my hier vandag opgewerk maak nie! Ons is gelukkig genoeg om die pop-prinses van Afrikaanse musiek vandag hier by ons te hê! Sy drip van talent... not to be confus...

ARNO CARSTENS 04.09.2025

Hierdie rock 'n roller oorskry die grense van taal met sy musiek, en sy loopbaan strek al oor meer as drie dekades. Tog lyk hy steeds smeulend jonk! Hy bewandel die Aarde reeds lank voordat die meeste van julle nog in julle pa se sak was! Hy het al ’n verhoog én ’n toilet met Bono van U2 gedeel. Nie op dieselfde tyd nie, maar steeds kak impressive! Wat het ’n Springbok en ’n kaal dame in geme...

MIKE BOLHUIS 28.08.2025

Vandag se gas is Suid-Afrika se eie legendariese privaatspeurder — 'n skaars glimlagger, 'n meester van ondersoek, en die ewige behoeder van geregtigheid. Hy het al in die in die oë van duisternis gekyk sonder om sy eie oë te knip... En tog dra hy sonbrille — want hy weet: lig is gevaarliker as skaduwee. But who is the man agter the bril? Hy’s die ou wat weet waar jou ex was op 12 Mei 20...

HANNON BOTHMA 21.08.2025

They say grysheid is wysheid — maar is dit mooi? They say die snor is powerful — maar is dit pragtig? They say borshare hou jou warm — maar is dit sexy? Is Crocs cool, of cringe...? Is veneers ’n vibe? Wie weet werklik?  Ek draai met hierdie groot vrae na ons gas vandag... Ons land se top Glam Guru. Die Afrikaanse Ken Doll. Hy ooze Kenergy én King-energy! Entrepreneur, businessman en bad bitch! Da...

LIZZ MEIRING 14.08.2025

Vandag se gas is ’n ikoon van die kassie én die silwerdoek! Vanaf Lipstick Dipstick tot Poena is Koning. Sweet ’n Short tot Pretville. Hoener met die Rooi Skoene tot Diepe Waters.  Vaaitjie sien sy gat tot Spoorloos. Hester en Ester Bester, Ballade vir ’n Enkeling, Agter Elke Man, Villa Rosa... Aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger — ’n kulturele ikoon. Haar bynaam is "Bizzie Lizzie"...

EMO ADAMS 07.08.2025

Almal voel soms ’n bietjie emo — ek meen, daar’s ’n hele musiekgenre dedicated aan die gevoel van Emo! Maar vandag se gas is altyd Emo! ’n Natural born entertainer, een van Suid-Afrika se beste — of hy nou sing, dans of onderhoude voer. Hy’s wat mens noem: ’n Geesmissiel. The man can sing. The man can dance. Jou charisma staan nie ’n kans! Tall, dark, and Afrikaans... The one and only: Emo Adams!...

BOBBY VAN JAARSVELD 31.07.2025

Vandag se gas is ’n man wat al meer harte gebreek het as ’n BlackBerry op hoërskool! Hy’s ’n sanger, ’n akteur, ’n pa... en ’n permanente emosionele landskap in die hart van Afrikaanse popmusiek. Hy’s die enigste mens wat ’n traan, ’n windpomp én ’n spierhemp gelyk kan laat sin maak. Die stem van ’n engel met abs soos ’n kobbelsteen-voetpaadjie in Tuscany. Die tannies love hom — en haat hom — afha...

NICHOLIS LOUW 24.07.2025

We have met the Kaptein… But do we ken the Generaal? Vandag se gas sing blues, rock, country én sokkie met die stem van ’n duisend brullende Harleys. Hy is die OG bad boy van sokkie — maar wie is die man binne die sokkies, binne die vlamtastiese stewels? Hy is deel van Afrikaanse popkultuur, en was al genoem in ’n Jack Parow-snit én ’n Van Pletzen-snit! Die clue lê in die opening lyn van ons kakgr...

PIERRE VAN PLETZEN 29.02.2024

Vandag se gas is 'n karakter uit my verlede. Hy is ook 'n karakter uit jóú verlede. Hy is baie karakters, saamgevat in 'n harde, en 'n sagte vleissak wat goed kan judge wat hy vir die kamera (of die wêreld) wil wys. Some of you might know him as Spike, en ander as Septimus of Oubaas, but he is also soveel meer as net die karakters wie hy al in die lewe geroep het. He is also a...

TOBIE CRONJÉ 22.02.2024

Vandag se gas is gebore in 1948 in Germiston.  Dis nie in Germany nie, maar dit het die grootste spoorwegaansluiting in die Suidelike halfrond. Sy loopbaan strek oor meer as 50 jaar en 100 teaterproduksies. As mens al die mense wat hy al laat glimlag het in 'n ry laat staan, sal daai ry strek vanaf die Moot tot Uppington! Dit sal beslis die grootste ry van vleissakke in die Suidelike halfrond...

KATINKA DIE KAT 15.02.2024

They say katte and honde don’t always get along, but perhaps we are can change that on Praating? My gas vandag is ’n kat and as you weet, I am a hond. Sy is ook 'n social media influencer, ’n wedding photographer en net ’n all-round legeh mens. Sy weet die lewe is ernstig, maar dan lag sy in die lewe se gesig en bring joy vir ander deur hulle skerms. Dalk is sy ook eendag die host van Boer so...

CHRIS CHAMELEON 08.02.2024

Vandag se gas is 'n fopdosser turned boerseun. Hy het al baie hoofstukke in sy lewe gehad, en hy is so mysterious soos 'n verkleurmannetjie ... or trapsuutjie.  Ek wonder of ek suutjies moet trap om hom met my woorde. Hy het 'n groot impak op my gehad as 'n jong musikant. Ek was jare gelede al weggeblaas deur sy sang en bass-spel toe ek sy band Boo! live beleef het by Tings an’...

CASPER DE VRIES 01.02.2024

Vandag se gas is 'n legende en 'n idool. Iemand wat diep spore in die volk se lewens getrap het met sy humor en komedie. Hy het almal van ons al baie laat lag met sy ikoniese karakters soos Montell, Blertsie en oom Kallie Marie onder andere. Lag is the medisyne that we benodig gedurende our tyd sweefing on this bal in space.  His surname might sê: "Vries", maar hy is kakwarm! D...

JO BLACK 25.01.2024

Vandag se gas het 'n kakgroot baard, but why is sy kenhare so ghroot? Mens kan sê hy is die Baardvader van Afrikaanse musiek.  Does he steek dinge weg in daai baard en is daai ken die harigste deel van sy lyf? Hy het 'n boodskap van hoop en hy werk onder die naam Johan Swart; vir die Engelse mense is dit "Jo Black" and now it is tyd to meet Jo Black. Dames en here sit julle han...

NEIL SANDILANDS 14.12.2023

In ons finale episode vir 2023 het ons besluit om met 'n wyse man met 'n groot grys baard te Praat! He is not kersvader maar in 'n ander wêreld kon hy net soveel een vertolk. He knows 'n ding of twee about vertolking rolle. Hy is 'n akteur, liedjieskrywer, sanger en een van die vaders of suiwer Afrikaans. Will he be bereid to Praat some Mengels? Hy is 'n fellow grysho...

BIBI SLIPPERS 07.12.2023

Vandag se gas is 'n towenaar van woorde en gadagtes! Sy het al boeke geskryf mense! Haar nuutste boek "Soekenjin" is sopas vrygestel en dit is a klaar 'n classic in die wêreld van poësie. Dit beteken sy weet hoe om te PRAAT! Sy kan die meeste maak van MS Word se "find 'n replace" funksie, en sy verstaan die funksie van om 'n "mench" te wees nóg bet...

REFENTSE 30.11.2023

Hierdie week se gas like to breek dinge: Rekords, paradigmas en persepsies breek hy graag.  Hy sit dalk soos 'n tannie met 'n charlie oor sy skouers, maar let me tell you my liewe mense: Dis breë skouers, 'n gewone nek, 'n beatuiful kop en 'n vlymskerp brein wat kan PRAAT! Jy ken hom dalk vanweë sy fluweelsag-sing-stem, maar nou dat ek hom ken, sal ek nie verbaas wees as h...

DRICUS DU PLESSIS 23.11.2023

Vandag se gas is letterlik 'n yster!  As jy 'n yster-tekort het, sal sy blote presence jou laat voel of jy ysterpille en gesmelte staal gefunnel het. Maar hy is ook 'n Gees-Yyster! Hy is in die besigheid van klobbering mense. Hy klobber ook sy drome, maar kan hy Groothond se vrae klobber? Hy maak groot waves in the wêreld of klobbering en sy passion en determination is aansteeklik....

ALETTA FRANCINA DE KOCK 09.11.2023

Vandag se gas is 'n Michelin-ster chef, 'n kunstenaar, 'n film maker, 'n influencer en 'n Huisgenoot legende! 'n True triple threat one woman show, style icon boss bitch queen! Hoeka toeka, dis 'n hele bek vol, maar sy verdien elke woord. Dames en here sit julle hande by mekaar vir die dinamiese Aletta Francina de Kock. Kom join ons vir PRAATING LIVE in 2026! Don...

LEA VIVIER 02.11.2023

Vandag se gas spandeer baie tyd naby water.  Sy is die meermin van die dam.  Sy is maklik een van die mees hardewerkende akteurs in die land en sy het 'n glimlag wat 'n Springbok sal laat bloos. Dam, Die Byl, Legacy, Ludik, Wonderlus, Fynskrif, The girl from St. Agnes en Resident Evil is 'n paar van die kepe op haar voorworsie. Wat dryf haar kakgroot ambisie? Wanneer laas het sy gra...

RIAN VAN HEERDEN 26.10.2023

Vandag se gas likes to praat, he is ’n gesoute prater en een van die voorvaders van Afrikaans, but how does he feel about Mengels? Hy is die tipe man wat die lewe aan die ballas gryp en dit dan ook sommer saggies streel. Hy is ’n baanbreker and he will druk knoppies that need to be drukked. Change the changeable is een van sy core life philosophies. Meeste van julle sal sy stem herken!  ’n Stem wa...

VALKIE VAN COKE 19.10.2023

Ek wil elke Praating seisoen met een van die lede van Fokofpolisiekar praat en hierdie seisoen is dit Wynand Myburgh se beurt! Ook bekend as Valkie van Coke; hy is die Taika Waititi van Bellville en hy kan maklik 'n only fans vir sy stem begin.  He likes to druk mense se knoppies. Hy pleeg die bass en hy is 'n reus in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie, nie net as 'n lid van die ba...

Listen to the PRAATING podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.