Netwerk24 Klankgolwe
Netwerk24 Klankgolwe
Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.
Author
Netwerk24 Klankgolwe
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 8, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rapport Praat Sport | Só kan Rassie se breker-bank teen Poemas lyk 11.09.2024 32:04
Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago. Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen probeer ook vasstel hóé die Bokke nóg ’n sege by die All Blacks weggestoei het; selfs al is daar meer by Suid-Afrika se afbreekpunte gesteel as uit die staatskas in die...
Rapport Praat Sport | Siya oefen saam met Bokke in Kaapstad 04.09.2024 32:09
Hendrik Cronjé se molle laat weet: Siya Kolisi het vanoggend saam met die Bokke gesweet in Kaapstad. Maar gaan hy gereed wees om die All Blacks Saterdag in Kaapstad aan te durf? Luister en bespiegel saam met Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen oor hoe die span moontlik kan lyk. Is Jasper Wiese dalk ’n opsie op nr. 6? Ons praat ook oor die talle omstrede blasersbeslissings in die eerste...
LUISTER | Rassie keer terug na Bomb Squad-wortels met Eben-dinamiet 28.08.2024 31:08
Pap, lepel, sous en Pieter-Steph du Toit se gunsteling-kos is maar net enkele van die vele gesprekspunte in dié week se Rapport Praat Sport. Hendrik Cronjé doen ook ’n meesterklas-ontleding van die All Blacks se skopplan, en Rassie verklap wat die énigste wedstryd is waarvoor hy sy heel beste Bok-23-tal kies. Tinus van Staden praat ook ’n bietjie krieket, en Jóhann Thormählen gee raad oor watter S...
Rapport Praat Sport | Fêns juig oor Bokke, Dricus… maar waar is jolyt oor Proteas? 21.08.2024 30:39
Dit is asof die Protea-krieketspan deesdae die stiefkind van Suid-Afrikaanse sport is, selfs wanneer hulle wen. In dié week se Rapport Praat Sport, bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen hierdie stand van sake. Ons wonder ook hardop wie Rassie Erasmus met die nr. 10-trui gaan toevertrou vir die toetse teen die All Blacks. Sport | Rapport
Julano King sing die Paulus Joubert Sekondêre Skool se derby-liedjie 20.08.2024 3:41
Julano King (18) was die hoofseun van die Paulus Joubert Sekondêre Skool in die Paarl. Hy is op 17 Julie dood nadat hy glo deur 'n familielid in die nek gesteek is. Julano was ’n rymkletser wat voor sy dood, die skool se derby-liedjie opgeneem het. Netwerk24
Rapport Praat Sport | Dís die plan met Rassie se vreemde span 14.08.2024 30:58
Dis ’n gevoel wat Bok-fêns ongelukkig alte goed ken. ’n Reuse-oorwinning opgevolg deur ’n getjommel. Maar dié week kan dinge dalk net anders wees, ná ’n moontlike Rassie Erasmus-meesterskuif. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen is terug met nog ’n aflewering van Rapport Praat Sport, en bespiegel oor die redes agter Erasmus se laslappie-span. Ons kyk ook terug na die Olimpiese Spe...
Rapport Praat Sport | En Tony Brown se oogappel is… 07.08.2024 30:41
Wat moet ons lees in Sacha Feinberg-Mngomezulu se insluiting op losskakel in die Springbok-beginspan vir die eerste Rugbykampioenskapstoets teen Australië? En wat hou die toekoms vir die Wêreldbeker-held Handré Pollard in? In dié week se Rapport Praat Sport, probeer Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen om dié vrae te beantwoord. Ons raak ook filosofies oor Tatjana Smith se swem-in...
Rapport Praat Sport | Dis mos Bok-guts daai van Tatjana! 31.07.2024 32:52
Die Olimpiese Spele is in volle swang, en die Suid-Afrikaners stel glad nie teleur nie. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Tatjana Smith se meesterklas in die swembad, die Blitsbokke se broekskeur-brons, en ons hoor ook van Philip Snyman, Selvyn Davids en Rosko Specman. En wat nog? O, ja! Hoe gaan Rassie maak op agtsteman en skru...
Rapport Praat Sport | Rassie Erasmus: Die man sonder ’n ego 24.07.2024 29:03
Die B-Bokke was vyfster teen Portugal, en gelukkige Jan-Hendrik Wessels het die Vincent Koch-rekord vrygespring. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Rassie Erasmus se oog vir talent. John Dobson sê Sacha Feinberg-Mngomezulu is perfek, en Ricardo Louscher meen Krappies van den Berg kan nog báie toetse speel. En die opvolger vir Pie...
Rapport Praat Sport | Die volmaakte 3 minute van Ierse rugby-digkuns wat die Bokke sink 17.07.2024 31:43
Die bloed het geloop, die bier het gevloei en Ierland het hul pad tot ’n 1-1-uitslag in Durban oop-geskepskop. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen gesels oor ’n toetsreeks uit die boeke, die mite van driedruk-rugby, die aard van sosialemedia-trolle, pap wiele, dubbeldoor-derduiwels en die volgende geslag sterre. Ons hoor ook wat sê Rassie Erasmus oor bitterpille in bekke, en kry...
Des Rohde, bestuurder: SAVF Die Anker, vertel aan Quinton Lourens meer oor die brand by die tehuis 11.07.2024 2:44
Des Rohde, bestuurder: SAVF Die Anker, vertel aan Quinton Lourens, Netwerk24-joernalis, meer oor die brand by die tehuis in Germiston waarin een inwoner dood is. Netwerk24
Rapport Praat Sport | Dubbele standaarde: Iere kla oor Casey, maar wat van Henshaw-voorval? 10.07.2024 29:49
Ierse skelmstreke in die skrums, ’n splinternuwe Bok-aanval... en ’n Ierse gekerm oor Coldplay. Tinus van Staden praat met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor die talle brandpunte ná die slag van Loftus, en kyk vorentoe na Saterdag se tweede toets tussen Suid-Afrika en Ierland in Durban. Sport | Rapport
LUISTER | Dreigboodskap van 'n vermeende Colombiaanse dwelmkartel 05.07.2024 0:29
Dit is die stemboodskap waarin beweer word dat Peter Jaggers ontvoer is na Suid-Amerika toe. Netwerk24
Rapport Praat Sport | Kookwater-Proteas verwelkom druk van die huis af 02.11.2023 21:35
Nog ‘n dag, nog ‘n groep Kiwi’s afgeslag. . . en nou skram niemand meer weg van praatjies oor ‘n Wêreldbeker-dubbel vir Suid-Afrika se rugby- en kriekethelde nie. So hoe voel die Proteas self? Hulle het lesse geleer uit hul eie én die Springbokke se onlangse naelskraap-seges, sê Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, en verwelkom die druk wat kom saam met Suid-Afrika se groot verwagtinge. Sp...
Rapport Praat Sport | Bongi-sage wys hoe ver hang Wêreldrugby se onderrok uit 27.10.2023 14:16
Rapport se rugbyskrywer Hendrik Cronjé was die afgelope week aan die voorpunt van die beriggewing oor die onsmaaklike rasbewerings teen die Bok-haker Bongi Mbonambi. Hy meen dit was “ ‘n hartseer week vir rugby” en een waaroor sowel die Engelse Rugbyunie as Wêreldrugby bloedrooi moet bloos. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Teenstanders se stert-kolwers groot kopseer vir Proteas 25.10.2023 19:28
Die Wêreldbeker-toernooi het reeds sakke vol hoogtepunte vir Suid-Afrika opgelewer – maar daar is een groot bron van kommer: die boulers se onvermoë om die spreekwoordelike stert af te kap. Altesaam 51% van die lopies teen Suid-Afrika is aangeteken wanneer die stertkant-kolwers voor die penne was. Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, bespreek moontlike redes daarvoor. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Verwag weer Bok-truuks in halfeind teen Engeland 20.10.2023 15:08
Vier jaar gelede het hulle Engeland gefop met die bekende ‘The Move’, en laasweek die Franse onkant gevang met ‘n skrum van ‘n merk en danspassies voor ‘n tikskop. In hul Wêreldbeker-herontmoeting Saterdag met die Engelse sal daar beslis weer ‘n truuk of twee wees – vraag is net wat. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Nederland-slae kos Proteas nie hul moed 20.10.2023 15:19
Die Protea-kolwer Rassie van der Dussen het nou wel Dinsdag in die skok-nederlaag teen Nederland sy paaltjie met ‘n omgekeerde veeghou verloor – maar moet vir geen oomblik dink dit maak hom skrikkerig om dit aan te hou probeer nie. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Franse verrassings en Protea-perfeksie 10.10.2023 26:46
Die Franse Hane het toestemming gevra dat Antoine Dupont die naweek in hul WB-kwarteindstryd teen die Springbokke in 'n spesiale skrumpet en masker speel - 'n proses wat gewoonlik maande vat, maar dalk net vir Frankryk se goue seun bespoedig kan word. En in Lucknow in Indië wag 'n Australiese span wat lanklaas op alle suiers gevuur het op 'n Protea-groep wat hul WB-veldtog met 'n groot knal begin...
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé verklap watter Bok monsterskepdoele op die oefenveld oorklits 28.09.2023 23:21
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus sal eers ná die toets teen Tonga besluit hoe hulle gaan maak met hul losskakel-vraagstuk. Kan ’n goeie vertoning aan Handré Pollard die nr. 10-trui besorg vir die kwarteindronde? Of gaan hy die plaasvervangersbank warm hou en eers later in wedstryde vir Manie Libbok vervang. Hendrik verklap ook ’n paar “oefenveldgeheime”. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé oor 7/1-bank: Kwagga oefen vir seker in agterlyn 20.09.2023 24:50
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus het die rugbywêreld Dinsdagaand geskok met die insluiting van sewe voorspelers en net een agterspeler op hul plaasvervangersbank vir die Wêreldbeker-toets teen Ierland Saterdag in Parys. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden ontleed dié taktiek, en bespreek ook redes vir die weglating van Willie le Roux en Duane Vermeulen. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat uit Frankryk: Faf dalk gevra om skoppe by Manie oor te neem 12.09.2023 23:17
Die Bokke het 'n potensiële piesangskil vermy deur Skotland met 18-3 in hul Wêreldbeker-openingswedstryd te klop. Rapport se Hendrik Cronjé, wat die skouspel vir Netwerk24 dek, ontleed dié wedstryd en sê wat hý reken van die spanveranderinge teen Roemenië kan wees. Marco van Staden en Kwagga Smith kan byvoorbeeld die kantmanne wees. Sport | Rapport
Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé praat WB-rugby uit Toulon: Faf of Jaden? Willie of Damian? 05.09.2023 18:31
Die Bokke het 'n paar kopkrap-keuses voor hul Wêreldbeker-openingstoets teen Skotland Sondag in Marseille. Sport | Rapport
LUISTER | Stemboodskappe tussen kunstenaar, kliënt 12.07.2023 12:50
Stemboodskappe wat Santha Vermaas, 'n Pretoriase kunstenaar, aan een van haar vermeende slagoffers gestuur het nadat die vrou vrae begin vra het oor geld wat sy betaal het vir goedere wat sy glo nie ontvang het nie. Netwerk24
LUISTER | Steenhuisen betuig medelye 05.06.2023 1:10
John Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag sy medelye oor die dood van Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, ANC-LP en voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie, uitgespreek. Netwerk24
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.