Netwerk24 Klankgolwe

Netwerk24 Klankgolwe

Welkom by Netwerk24 Klankgolwe! Hier kry jy die wêreldklas podsendings oor verskillende genres, in Afrikaans, en alles op een plek.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.netwerk24.com

Author

Netwerk24 Klankgolwe

Category

Uncategorized

Podcast website

www.netwerk24.com

Latest episode

Oct 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’ 23.07.2025

Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry. Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Spor...

Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais 16.07.2025

DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie. DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en vertel hoe hy en Erhardt dié beweging een aand by ’n voorseisoense kamp in Hermanus uitgedi...

Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’ 09.07.2025

Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle. “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en on...

Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’ 02.07.2025

Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê. Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar. Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër genie...

Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red 25.06.2025

In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed. Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie. White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers soos Ruan Nortjé en Marcell Coetzee het onlangs ’n afvaardiging van spelers gelei wat met d...

Rassie oor plan vir 2025: ‘Wen genoeg om goeie WB-loting te kry’ 18.06.2025

Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken. Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog om Boan Venter, sy nuwe loskopstut, op die grootste verhoog te toets. Ons bekyk ook die Bulle se nede...

Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’ 11.06.2025

Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is. Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium begin mik vir ’n goeie tyd en aanhoudend somme in sy kop gedoen om te verseker sy pas is reg. Dit was in d...

Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’ 04.06.2025

Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie. Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by o...

Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer 28.05.2025

Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was. Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon te klop. Hulle is boonop reeds verseker van die boonste plek op die...

Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel 21.05.2025

As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel. Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders. Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen. “Ek sal nou dié sport vir niks verruil nie,” sê Nel in vandeesweek se episode van Rapport Praat Sport. Hy vertel wat dit verg om ’n sterkman te wees en sê...

Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’ 14.05.2025

Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre. Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel het, en hoe hy die teleurstelling verwerk het om nooit vir die Bokke te speel nie. Hy vertel waar sy bynaam...

Daar is 'n slang in die gras! 12.05.2025

Aangebied deur Izelle Venter en Loren Greyling.

Dawie Theron verklap: ‘Die berge wat ek moes versit om Pollard te kies’ 07.05.2025

Dawie Theron was al die afrigter van Griekwas en die Junior Bokke, en ’n hulpafrigter by die DoCoMo Red Hurricanes in Japan. Waar was hy die gelukkigste? Net waar hy nou is – by Paarl Gimnasium as dié skool se direkteur van rugby. “Ek verdien seker die minste geld tot nog toe in my loopbaan, maar ek was nog nooit gelukkiger nie,” vertel Theron dié week op Rapport Praat Sport. Die oud-Bok-stut sê o...

EKSKLUSIEF | LUISTER SELF: Kleuterzone-belegger: Só het Bougas my ingekatrol 01.05.2025

Anthonie Bougas, stigter van die Kleuterzone Groep van Skole, het daarin geslaag om op groot skaal duisende beleggers met leë beloftes te lok om in sy kleuterskole-skema te belê. ’n Belegger, wat slegs as Alicia geïdentifiseer wil word, het in Augustus 2023 betrokke geraak en saam met haar man, suster en swaer saam sowat R1,5 miljoen in die skema verloor. Alicia het met Netwerk24 stemboodskappe tu...

Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter 30.04.2025

Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe. Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy rol as die Biltongboere se direkteur van rugby en ’n bietjie teru...

Skolerugby: ‘Elke top-skool koop spelers’ 23.04.2025

Skolerugby is reusagtig groot in Suid-Afrika. ’n Paar weke gelede het ons op Rapport Praat Sport die vraag gevra: Is dit besig om te professioneel te word? Dié week sluit Hannes Nienaber, die grootste skolerugby-kenner in die land, hom by ons aan. Ons praat oor skolerugby-strukture, reisreëlings, die keurproses en hoe beroepsgerig die spel nou werklik is op skolevlak. Hannes verduidelik ook hoe di...

Josh Strauss: ‘Schalk se bier-filosofie is in die kol!’ 16.04.2025

Josh Strauss sluit hom vandeesweek op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Ikeys se sege in die Varsitybeker-reeks. Strauss, voormalige losvoorspeler van die Leeus, Glasgow, die Bulle en natuurlik Skotland, is die Ikeys se voorspelerafrigter. Hy vertel van ’n spanpraatjie wat die Bok-flank Schalk Burger eenkeer gelewer het en hoe hy in die kol was met sy bier-filosofie. Strauss praat ook o...

Waarom die Signal-skandaal saakmaak 11.04.2025

Aangebied deur Wynand Louw.

Jou eerste huis: Finansiële beplanning wat deure oopmaak 10.04.2025

In hierdie episode verken ons die wêreld van deeglike finansiële beplanning vir eerstehuiskopers. Ons kundige gas, Brian Mabotha, deel waardevolle insigte oor hoe om jou finansies doeltreffend voor te berei vir dié opwindende mylpaal.

Neil Powell onthul waarom Haaie met B-span na Lyon opruk 09.04.2025

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan. Hy verduidelik die denkrigting agter die besluit om nie hul sterkste span na Lyon te stuur vir hul Uitdaagbeker-uitklopwedstryd daar nie. Hy verklap ook wanneer Eben Etzebeth en Aphelele Fassi na verwagting hul terugkeer ná beserings sal maak, en sê die span gaan voluit gaan vir silwerware in di...

Self-diagnose: Hoe gevaarlik is ‘Dr. Google’? 08.04.2025

Aangebied deur dr. Louis Awerbuck en Anton Böhmer

Moet mens spaar vir Taylor Swift kaartjies? 08.04.2025

En meer oor belastingsvrye spaarrekeninge. Aangebied deur Theo en Mia Vorster.

Anzél Rabie: "Só het ma-wees my lewe kom verander" 08.04.2025

Die TV-aanbieder Anzél Rabie, se dogtertjie word oor ’n paar maande twee. Marelize en Charlea gesels met haar oor die grootste veranderings en aanpassings in haar lewe sedert sy ma geword het. Sy vertel hoe haar roetine tuis verander het en hoe sy haar verhoudings en werk balanseer met die eise wat ’n baba stel.

Basta met vrot bestuurders 07.04.2025

Is Gautengers beter bestuurders en hoe mens om 'n sirkel moet ry. Aangebied deur Anita Lloyd en Candice Bester.

Leandie en haar tjom Francois Jacobs: Werk hard, speel hard! 07.04.2025

Aangebied deur Leandi du Randt.

Listen to the Netwerk24 Klankgolwe podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.