RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 25 08.05.2019 14:01
Die toeriste maak reg om die maanboog by die Watervalle te gaan kyk. Anton en Debra het 'n afspraak wat hulle nie kan mis nie. Hierdie keer is Anton versigtig, en maak seker hulle behou die verrassingselement.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 24 07.05.2019 13:42
Die trein beweeg oor die grens van Botswana na die Victoriawaterval toe. Anton en Nina maak seker die roete tussen die stasie en Watervalle Hotel is veilig vir die gaste. 'n Hartseer deel van John-John se verlede kom na vore.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 23 06.05.2019 14:14
Anton en Nina probeer om hulle verskille opsy te skuif. Karien wil vir Roux skilder, maar Roux het sy bedenkinge, veral nadat Ruth hom bang praat.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 22 03.05.2019 13:08
Anton moet vir Debra gaan help in die dorp terwyl die res van die staf voorberei vir aandete onder die sterre. Ruth kry weer erge maagpyne, en vertel vir Nina wat fout is. Debra voel daar is iemand op die trein wat haar planne in die wiele wil ry.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 21 02.05.2019 14:19
Die trein bereik Francistown, en Karien soek inspirasie wat sy in haar kunswerke wil oordra. Die toergroep gaan op 'n uitstappie na die Tuli-blok met sy oeroue groot bome. Debra verdwyn in die dorp in vir 'n transaksie, en dit lyk nie asof dit volgens plan sal verloop nie.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 20 01.05.2019 13:48
Anton wil met mag en mening nie meer deel wees van Richard en Debra se planne nie. Richard laat hom goed verstaan hoe diep hy in die gemors is, en dat hy moet deurdruk. Richard maak ook seker dat Delia presies weet waar sy staan.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 19 30.04.2019 13:07
Ruth vind meer uit oor Roux, en hoe dit gebeur het dat hy as sjef op die trein beland het. Anton, Debra en Richard gaan saam die eerste groot transaksie maak. Sal dit vlot verloop, of wag daar 'n verrassing op hulle?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 18 29.04.2019 14:33
Die toer doen aan in Gaborone, die hoofstad van Botswana. Terwyl die toergeselskap die stad besoek, is Debra en Richard besig om te besluit wat om met Anton te doen. Sal hulle hom van die trein af probeer kry?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 17 26.04.2019 11:52
Anton moet aan 'n plan dink om die polisiehonde se aandag van die geld af weg te hou. Debra het genoeg gehad van Anton se koppigheid, en besluit om Richard Minnie se hulp te ontbied.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 16 25.04.2019 12:57
Anton begin agterkom dat daar 'n gekonkel tussen Debra en Delia is, maar hy het belangriker sake om aan aandag te gee. Die sakke met die geld moet in die kluis kom voor die trein die grens bereik. Kan hy met die hulp van John-John dit regkry?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 15 24.04.2019 12:48
Dirk en Annetjie kom tot 'n ooreenkoms oor minder boer en meer vakansies. Anton probeer tussen al sy take deur by die sakke uitkom wat hy moet skuif. Dan is daar 'n ongeluk en iemand doen 'n besering op. Hy besef hy moet so gou moontlik gaan help. Wie kan dit wees?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 14 23.04.2019 13:06
Dirk bespreek sy huwelik met Anton, wat nie 'n goeie idee is nie. Debra kommandeer Delia op om 'n boodskap vir haar oor te dra. Werk die twee saam? Anton en Debra moet 'n klomp 50 kg sakke met goud skuif vanaf haar wa na die kluis. Wanneer en hoe is die probleem, want niemand moet dit sien nie.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 13 22.04.2019 13:38
Annetjie en Roux praat oor sy dae as TV-sjef. Delia en Nina bespreek die idee dat daar iemand op die trein is wat op hulle spioeneer. Nina en Debra ontmoet vir die eerste keer, en vryf mekaar dadelik verkeerd op.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 12 18.04.2019 13:39
Anton ontmoet vir Delia Wolvaardt en haar likkewaan, Bacchus. Nina ontvang vir Delia Treur, wat ingevlieg het van hoofkantoor af om verder saam te toer. Sal hierdie twee nuwe dames die toer op sy kop draai?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 11 17.04.2019 13:25
Anton en John-John deursoek mej. Wolvaardt se wa, en vind die interessantste dinge. Dirk se slegte spysvertering hou hom op, en Annetjie moet al sy stories aanhoor. Die volgende oggend wanneer almal aansit vir ontbyt, kom hulle agter Anton is nie daar nie. Waar kan hy wees?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 10 16.04.2019 14:02
Daar is 'n wenner in die diamantkompetisie. Anton voel onrustig oor die ekstra wa wat hulle moet hak. Nina wil hê hulle moet sonder die wa aangaan, maar Anton wil gaan kyk wat binne in is. Wat sal hulle kry, of sal hulle gevang word?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 9 15.04.2019 14:53
Anton en Nina probeer hulle verskille besleg, maar krap mekaar net verder om. Die trein beweeg deur Kimberley, en die gaste kry die kans om 'n klein diamant te wen. Sal die kompetisie Annetjie en Dirk nader aanmekaar bring?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 8 12.04.2019 13:31
Dirk en Annetjie se verhouding is wankelrig. Die treintoer wat alles beter sou maak, bring onderliggende gevoelens na vore. Die personeel sien dat daar 'n probleem is, en beraam 'n plan om hulle te help.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 7 11.04.2019 13:03
Die trein kom in Matjiesfontein aan. Met 'n krieketwedstryd, bustoer en spookstories wat wag, is almal in 'n goeie bui. Laataand is daar aksie by die treinwaens. Is dit net spoke wat opgejaag word, of is daar rede vir Anton om sy pistool oor te haal?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 6 10.04.2019 12:26
Anton haal die trein, en sit vir Nina op haar plek. Sy oorwinning is egter van korte duur omdat Nina dadelik weer plannetjies begin maak om hom in te doen. Annetjie Barnard is een van die gaste op die trein wat hoop dat die reis weer vuur in haar verhouding sal aanwakker, maar het haar man dieselfde gedagtes?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 5 09.04.2019 14:04
Nina en die res van die personeel probeer vir Anton weghou van die trein af met hulle vertrek uit Kaapstad. Hulle onderskat Anton se vernuf, en met die hulp van Richard kry Anton die geleentheid om die bewegende trein in te haal. Nou moet hy net binne in die trein kan kom...
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 4 08.04.2019 13:36
Nina doen navorsing oor Anton Mostert, en besluit dat hulle sonder hom gaan vertrek. Daar is met die gastelys gepeuter, en 'n vreemde persoon gaan later by die toer aansluit. John-John verduidelik vir Ruth watter veranderings aan die lokomotief aangebring is, en wonder hoekom dit nou meer soos 'n tenk as 'n trein voel.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 3 05.04.2019 12:47
Nina kry die boodskap duidelik van haar oom af dat Anton deel sal wees van die toerspan. Roux de Bois, die trein se sjef, kry 'n hele nuwe kombuis, en die manne inspekteur die groot kluis wat in een van die waens kom. Hulle almal besef dat dit nie 'n gewone toer gaan wees nie.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 2 04.04.2019 12:40
Oudkolonel Richard Minnie wys vir Anton die trein, in 'n poging om hom te oorreed om die werk te vat. Net voor Anton kan nee sê, ontmoet hy die toerbestuurder, Nina Smith, wat dadelik haar misnoeë met die plan en met Anton uitspreek. Anton besluit om die werk te aanvaar. Die geld is goed, maar om Nina op haar plek te sit maak dit nog beter.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 1 03.04.2019 13:26
Anton Mostert kry 'n oproep wat sy lewe kan verander. Dit is 'n werksaanbod met meer geld as waarvan hy kan droom, maar hy weet om vir oudkolonel Richard Minnie te werk is gevaarlik. John-John Laki moet 'n versteekte kluis in een van die treinwaens inbou, en Ruth Williams wonder wat sal daarin geberg word.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.