RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 50 12.06.2019 13:29
Roux sukkel om sy emosies onder beheer te hou, en voel die druk van dit wat van hom verwag word. Anton konfronteer vir John-John oor aan wie se kant hy is. Wolf word totaal en al onkant gevang. Wie sal bo uitkom?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 49 11.06.2019 12:09
Anton en Roux probeer vir Wolf slaappille ingee, maar hy laat hom nie sommer om die bos lei nie. John -John sukkel om te besluit aan wie se kant hy is. Wolf het iets wat hy baie graag wil hê, maar terselfdertyd voel hy skuldig teenoor die mense op die trein.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 48 10.06.2019 14:08
Anton kry vir Roux om hom te help, alhoewel die sjef nie baie gelukkig is daarmee nie. Wolf en Nina sit vas oor wat hy van haar verwag. Roux pak vir Liam 'n heerlike mandjie vol lekkernye vir sy aand uit saam met Rix.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 47 07.06.2019 13:22
Wolf sit vir John-John onder druk om meer van Anton se planne uit te vind. Liam kry alles reg vir sy aand op die strand, in die tent, saam met Rix. Wolf verduidelik aan Nina presies waar sy met hom staan.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 46 06.06.2019 13:39
Nina openbaar aan Roux wat sy alles uitgevind het oor Anton en Wolf terwyl sy van die trein af was. Liam is naarstiglik op soek na 'n tent. John -John probeer by Anton uitvind wat sy planne met Wolf is.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 45 05.06.2019 13:13
Rix en Liam is vasgevang in 'n grot waar water besig ia om in te loop. Hulle kan nie uitkom nie. Anton-hulle begin na hulle soek. Sal hulle die twee verliefdes vinnig genoeg opspoor?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 44 04.06.2019 14:11
Rix en Liam stap in die grootste park in Dar es Salaam. Liam wil in die grotte gaan rondkruip, maar Rix wil niks daarvan weet nie. Volgens haar is dit te gevaarlik. Wolf en Anton praat oor die gevare wat vir hulle in Mosambiek wag.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 43 03.06.2019 12:49
Ruth het 'n ou boereraat vir Anton en Roux se maagpyne, maar sal hy daarvan hou? Wolf probeer vir John-John kry om hom te help. Sal hy dit regkry?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 42 31.05.2019 13:18
Liam en Rix besef dat die lewe nie net sonskyn en rose is nie. Hoe sal hulle hulle eerste groot struikelblok as paartjie hanteer? Roux en Anton vat mekaar aan in die kombuis om 'n paar baie warm rissies.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 41 30.05.2019 13:43
Anton en Wolf moet vinnige besluite neem tydens die transaksie in die ou fort. Rix en Liam leer mekaar beter ken op 'n dobberende boot in Zanzibar se hawe. John-John neem die gaste op 'n uitstappie na 'n speseryplaas. Wat wag daar op hulle?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 40 29.05.2019 14:23
'n Deel van die toergroep vertrek na Zanzibar. Ruth help vir Rix om 'n onvergeetlike aand vir haar verloofde te reël. Wolf en Anton bespreek die volgende transaksie, en hoe hulle dit veilig en vinnig op die eiland sal kan doen. Kan die twee mekaar vertrou?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 39 28.05.2019 12:55
Die toergroep kom in Dar es Salaam aan. Nina en Anton moet Delia se lyk van die trein afkry sonder dat die gaste dit agterkom. Roux gaan sien vir Karien af by die lughawe, en John -John word deur Wolf in 'n hoek gedryf.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 38 27.05.2019 13:20
Die trein word aangeval deur 'n groep boewe. Terwyl John -John die trein aan die gang kry, is Anton en Wolf besig om die rowers van die trein af weg te hou. Karien kry hulp met die gaste uit 'n onverwagse oord. Rix Voster is 'n jong vrou wat ook haar deel wil doen om te help.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 37 24.05.2019 13:10
Die trein ondervind 'n meganiese probleem, en dit los die gaste gestrand in die middel van nêrens. Nina het haar hande vol met die gaste. Anton en John-John probeer die probleem oplos, maar Wolf maak dit moeilik vir hulle. Hulle kom agter dat iemand uit die bos uit hulle dophou. Wie kan dit wees?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 36 23.05.2019 13:07
Delia se liggaam word in die ontspanningswa gevind. John -John en Ruth moet vir Anton help om haar te skuif voor die ander gaste iets agter kom. Anton vermoed dadelik dat Wolf iets met haar dood te doen het, maar Wolf ontken dit.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 35 22.05.2019 14:00
Roux en Karien bly alleen agter op die trein, en het 'n diep gesprek waar hulle hulle harte teenoor mekaar oopmaak. Delia en Wolf probeer met die storm saam 'n transaksie afhandel. Ruth en John -John sien vir die eerste keer presies wat gebeur.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 34 21.05.2019 13:14
Roux ontwyk vir Karien, en John -John raak dieper betrokke by Delia se sake. Wolf kry dit reg dat die uitstappie wel plaasvind, en daar is donker onweerswolke aan die kom. Sal die uitstappie goed afloop?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 33 20.05.2019 15:03
Roux sien uiteindelik die skildery wat Karien van hom geskilder het. Wat sal hy daarvan dink? Nina stel 'n uitstappie af omdat daar 'n slegte weervoorspelling is. Wolf en Delia bedink 'n plan om vir die groep om wel op die uitstappie te gaan. Hoekom is dit vir hulle so belangrik?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 32 17.05.2019 14:51
Ruth en Karien bak 'n verjaarsdagkoek vir Roux, met katastrofiese gevolge. Delia en Wolf ontmoet vir die eerste keer, en die vonke spat. Wat sal Roux van sy verrassingspartytjie dink?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 31 16.05.2019 14:07
Daar word inkopies gedoen. Terwyl Nina en Karien in die winkels is, kom hulle agter dat Delia vir John -John saamgesleep het om haar te help. Delia koop 'n paar interessante goed by 'n hardewarewinkel, en Nina wil dit van nader bekyk. Sal sy uitgevang word?
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 30 15.05.2019 12:55
Net voor Debra vertrek, los sy 'n boodskap vir Anton. Karien begin saam met Nina 'n koek bak vir Roux se verjaarsdag, met katastrofiese gevolge! John-John help vir Anton om die leidraad te ontsyfer wat Debra vir Anton gelos het.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 29 14.05.2019 14:47
Roux en Ruth het 'n diep gesprek oor hulle mislukte liefdeslewe. Delia het 'n ekstra wip in haar stap, en soos die dag vorder, kom ons agter dat daar meer aan haar is as wat sy voorgee. Iemand is in groot moeilikheid...
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 28 13.05.2019 12:38
Debra besluit om vir Delia meer te betrek by van die transaksies. Delia protesteer, maar Debra plaas haar voor 'n ultimatum. Roux besluit om hulle eerste aand in Zambië met 'n tradisionele gereg te vier. Karien wil 'n verrassingspartytjie vir Roux reël.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 27 10.05.2019 15:25
Anton probeer sy bes om uit te vind wat hulle besig is om aan te koop, maar Debra is 'n toe boek. Delia waarsku vir Karien om nie op Roux verlief te raak nie. John-John wil by Anton uitvind waarmee hy en Debra besig is.
STOOM deur Anton Treurnich - Episode 26 09.05.2019 14:10
Anton en Debra beland in groot moeilikheid op die Zambesierivier. Ruth en John-John het diep gesprekke oor die verlede en die toekoms, en Roux sien die maanboog vir die eerste keer in sy lewe.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.