RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 9 23.12.2024

Suzette se eerste nag as kampeerder verloop seepglad. Sy slaap soos ‘n baba, maar tot Henk en Dries se groot ontsteltenis, wanneer hulle besef hulle het per ongeluk ELKEEN vir Suzette twee slaappille ingejaag. Suzette ontwaak met kloppende hoofpyn, en almal moet bontstaan om haar te paai. Dries deel sy wyshede oor die huwelik en sewe sakke sout opeet met Henk. Geheime word gedeel en geseël met ‘n...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 8 20.12.2024

‘n Moeë groepie sluit uiteindelik aan by Dollie en Toontjies in Pikkewyn Park. ‘n Stokou GPS wat meer herbereken as bereken laat gou die gemoedere opvlam, tot hulle Dollie se kampvuur sien! Die eerste ontmoeting tussen ouers en skoonouers vind plaas. Liefie word natuurlik ook bekendgestel, maar word misgis as ’n rot, en word amper van kant gemaak, tot groot ontsteltenis van Suzette natuurlik. Ansi...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 7 19.12.2024

Die uittog word eers afgelas sodat Henk se onderstel op Vosburg vervang kan word. Liefie jaag ’n meerkat, en Ansie kom tot sy redding. Ná ‘n naelloop deur ‘n doringdraad en vars beesmis, lê Ansie vir Henk die grondreëls neer - Sy sal nié die hele vakansie na Liefie kyk nié! Henk besluit om sy stem dik te maak. Ongelukkig is Henk se woordkeuse en vasvat en vastrap van sy ma vir Suzette ‘n reuse kla...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 6 18.12.2024

Die sleepwaentjie is gehaak, die padkos is gepak en die Groot Trek na Pikkewyn Park begin - ongelukkig nie so seepglad soos beplan nie. Suzette se wasmasjien, dubbelbed en spieëlkas trek saam. Ongelukkig veroorsaak dit dat Henk se blindekolle versiende en bysiende is, en ná ‘n berekeningsfout tussen skerp links en regs beland Suzette se meubels in ‘n sloot tussen Carnarvon en Vosburg. ‘n Noodstop,...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 5 17.12.2024

Ansie is onsteld omdat hulle steeds by Henk se ma-hulle “kuier”, selfs al woon hulle net 20 km van hulle af. Henk gooi dadelik wal, en verduidelik dat hy net so bietjie langer wil vertoef om sy ma-hulle te help met die pakkery en beplanning. Ansie voel dat Henk se ma hom manupileer omdat sy nie haar sin kry nie, en nou die hulpelose-slagoffer-wat-nog-nooit-gekampeer-het-nie-troefkaart speel. Hulle...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 4 16.12.2024

Suzette het ‘n ernstige gesprek met Henk. Sy spreek dadelik haar kommer uit hoekom sy dink dat Ansie en haar familie nie van hulle dam se ganse is nie. Henk is seergemaak, en verduidelik aan sy ma dat as Ansie nie welkom is nie, is hy ook nie. Suzette moet ‘n belangrike besluit neem – sal sy Ansie verdra, en so haar verhouding met haar liefingseun behou, of sal sy vasskop en haar sin probeer kry?...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 3 13.12.2024

Die twee vroue in arme Henk du Toit se lewe, se gemoedere loop hoog. Suzette is steeds gekrenk deur die feit dat sy nie na haar enigste seun se troue genooi is nie, en Ansie is woedend oor Henk se matriekafskeidfoto saam met sy eks wat steeds teen die spaarkamer se muur pryk. Ná ‘n misverstand oor enkels, gene, dik bene en ‘n luukse vakansie op ’n eiland, lê Henk streng reëls neer wat sy ma moet n...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 2 12.12.2024

Henk en Ansie daag op by Henk se ouerhuis om die nuus te breek dat hulle die vakansie getroud is. Henk se ma, Suzette, maak sommer met die intrapslag geen geheim daarvan dat sy nie dink Ansie is troumateriaal nie, en noem haar gereeld “per ongeluk” Henk se eks-meisie se naam. Dan is daar ook Liefie, Suzette se liefling pug, wat ‘n swak blaas het, en Ansie se nuwe tekkies gebruik as ‘n grasperk. He...

BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 1 11.12.2024

Henk en Ansie du Toit is pas terug van hul drie weke lange wittebrood by Pikkewyn Park. Ongelukkig brand die huweliksvure nie lank nie toe hulle besef dit was ‘n reusefout om nie hulle ouers na die troue te nooi nie. Vinnig word beskuldigings rondgeslinger oor wie se ouers die ergste is. Henk kom met ‘n briljante plan na vore om te red wat daar te redde is. ‘n Tweede wittebrood saam met hulle ouer...

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 60 (slot) 10.12.2024

Hantie en Wessel kan die onvermydelike nie langer uitstel nie. ‘n Onmoontlike keuse moet gemaak word.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 59 09.12.2024

In weerwil van tragiese nuus, duur die soektog na die akteurs voort. Bella moet haastig ‘n besluit maak - veg of vlug?

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 58 06.12.2024

Wessel en Francisco soek tekens van die vermiste akteurs langs die plaaspaaie. Hantie en Mildred gaan vir ‘n wandeling deur die park.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 57 05.12.2024

Hantie en Wessel lees terugvoer oor die konsert aanlyn. Die soektog na die akteurs word verskerp.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 56 04.12.2024

Dis oomblikke voor die konsert, maar die uitdagings is nog lank nie verby nie. Op die nippertjie kry Hantie ‘n blink plan.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 55 03.12.2024

Alles is uiteindelik gereed vir die konsert, maar skielik is daar ‘n probleem met die akteurs. Vrot Rot daag by Bella se huis op.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 54 02.12.2024

Hantie laat haar nie deur haar wond van stryk bring nie. Mildred gee verwarrende instruksies oor wat Wessel en Francisco moet doen.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 53 29.11.2024

Francisco lê ‘n klag by die polisie, en dreig Bella om haar aanvalle te staak. Finale voorbereidings vir die konsert word getref.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 52 28.11.2024

Hulp daag op in ‘n uitsonderlike vorm. Die vooruitsig van ‘n nag op die hospitaal se plastiekstoele is glad nie aanloklik nie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 51 27.11.2024

Mildred waarsku die sersant oor die ramp wat besig is om in die bos af te speel. Die reddingspan begaan ‘n groot fout.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 50 26.11.2024

Kersie vermoed dat ‘n ramp besig is om te gebeur, en kry ‘n reddingspan bymekaar. Die reddingspan ondervind egter probleme van hulle eie.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 49 25.11.2024

Hantie en Wessel verkeer in doodsgevaar toe ‘n rustige besoek aan die waterval skeefloop.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 48 22.11.2024

Hantie besluit om vir Wessel haar geheime plekkie in die bos te gaan wys, maar hulle word deur ‘n ongure karakter ingewag.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 47 21.11.2024

Willem tart die noodlot. Die dorp vier bruilof, maar dinge loop skeef, en die saal moet dringend ontruim word.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 46 20.11.2024

Wessel verduidelik sy besluit om terug te keer Verlatensrus toe. Kersie gooi alle norme en tradisies oorboord, en maak ‘n lewensveranderende skuif.

SONSAK OOR VERLATENSRUS deur Albert Short - Episode 45 19.11.2024

Bella kry besoekers in die tronk. Die dorp is verras toe daar onverwags drie volgelaaide vragmotors aankom.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.