Lig en Lewe Sentrum Paarl

Lig en Lewe Sentrum SERMON PODCAST

Religion AF ↓ 200 episodes

Afrikaans SERMON PODCAST:At Lig & Lewe Sentrum we believe that the Word of God can change your Life. The word of God is a lamp to guide our feet and a light for our path. (Ps 119:105) JOHN 8:12 Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in darkness, because you will have the light that leads to life.”As you listen with your heart, let God change the way you think so that you can know His will.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.ligenlewe.com

Author

Lig en Lewe Sentrum Paarl

Category

Religion

Podcast website

www.ligenlewe.com

Latest episode

Apr 27, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

B2G - JESUS - His PROMISE and POWER 03.11.2024

Ons is besig met ons B2G reeks saam met 16 ander kerke en ons beleef wonderlike tye. In hierdie boodskap deel Past Gerhard Kotze met ons oor die belofte en die Krag van Jesus aan ons en ook aan die kerk. Die Heilige Gees speel is deel van ons lewe en sonder die krag van die Heilige Gees kan ons niks doen nie.

B2G - JESUS - His PRESENCE 27.10.2024

Ons B2G (Better Together) Campaign skop hierdie Sondag af en ons fokus vir die volgende 4 weke is JESUS. In hierdie boodskap praat ons oor Jesus se teenwoordigheid in ons persoonlike lewens en ook Sy teenwoordigheid in ons kerke. www.b2g.co.za

Thy Word - Foundations 20.10.2024

Woorde het krag. Hoeveel te meer wanneer dit die woorde van God is. Leef ons volgens die Woord van God, of die woorde van hierdie wêreld. Jesus is die Woord. Ons fondasie is Jesus. So ons kan vir mekaar sê ons fondasie is die gees vervulde Woord van God. Nie net letters op bladsye nie. Maar die openbaarmaking van wie Jesus is deur die bybel.

Worship in Spirit and Truth - Foundations 13.10.2024

Ons gaan voort met ons reeks "Foundations". Lee-Ann bedien vandag die woord en ons hoor hoe ons 'n lewe van aanbidding behoort te handaaf en God aanbid in gees en in waarheid. Worship is deel van hoe ons bou op die fondasie.

Surrender - Foundations 06.10.2024

Past Rudi gaan voort met die reeks "Foundations". In vandag se boodskap hoor ons dat die beste manier om die Heilige Gees te ervaar is deur 'n "surrendered heart". Ons harte moet weg breek van die sonde en God soek met alles wat ons het. Ons word geroep om ons lewe neer te lê en ons eie kruis op te neem en Jesus te volg. Surrender tot die Heilige Gees. Gee oor, en laat toe dat die Heilige Gees jou...

Holy Spirit - Foundations 29.09.2024

Wie is die Heilige Gees? Kan ek Hom ken? Die krag van die Heilige Gees. Ons almal het al vra gehad of het nogsteeds vrae oor die Heilige Gees. In vandag se boodskap gaan ons probeer verstaan wie die Heilige Gees is en hoe ons met Hom kan leef in 'n verhouding.

Living by the Spirit - Foundations 22.09.2024

Sonde keer ons om ten volle te leef saam met die Heilige Gees. Sonde lei ons na die dood. MAAR, 'n lewe wat gelei word deur die Heilige Gees, is 'n lewe wat gelei word na die Ewige Lewe.

Be Free - Foundations 15.09.2024

Vryheid kan net deur Jesus verkry word. Wanneer ons op Jesus as fondasie bou, vind ons vryheid van sonde en het ons die geleentheid om in oorwinning te leef.

The Fear of the Lord - Foundations 08.09.2024

Ons gaan verder in ons reeks oor Foundations. As kind van God het ons nodig om op die regte fondasie te bou. JESUS CHRISTUS is daardie fondasie. Verlede week het ons gekyk na die fondasie, maar nou is dit belangrik om te weet hoe ons op die fondasie moet bou. Vandag begin ons by die begin. Die vrees vir God. Ons kan nie vorentoe beweeg sonder die vrees van die Here in ons lewe nie. Dit is die begi...

The Beginning of Something Beautiful - Foundations 01.09.2024

Past Rudi begin met 'n reeks oor die fondasies waarop ons bou. Die lewe kan vir ons baie redes gee hoekom ons op sekere fondasies bou buiten Jesus. Maar die enigste fondasie wat ons gaan bo hou is JESUS CHRISTUS. Paulus sê dat ons moet baie versigtig bou op hierdie fondasie wat geê is, nl. Jesus. Is Jesus jou fondasie?

Full of Faith - Faithfulness_Deel2 - Past Anton La Grange 25.08.2024

Faithfulness is wat elke kind van God nodig het. Ons lewe moet gevul wees met Geloof. Maar hierdie geloof moet in God wees. As jy geloof in iets het sal jy faithful wees in dit. Past Anton breek vir ons die gedagte verder oop oor FAITHFULNESS.

Faithfulness - Full of Faith 18.08.2024

Waarin Glo jy? Is God jou God? Dan moet dit ons hartsbegeerte wees om getrou te wees aan God. Getrouheid is ook 'n teken van ons liefde vir God, net soos gehoorsaamheid. God is eerste en bo alles getrou. Hy het vir ons die voorbeeld kom stel. Nou is dit ons beurt om getrou te wees in alles wat ons doen.

Gehoorsaamheid: Die brug tot Deurbrake 11.08.2024

Ons leef in 'n jaar waar ons deurbrake sien, ons hoor van deurbrake en van ons staan en bid nog vir deurbrake. Ons het hoop in die Here en dat die Here ons toekoms in Sy hande het. Saam met die hoop het ons die gehoorsaamheid nodig sodat ons oor die brug kan loop tot in ons deurbrake. Gehoorsaamheid is nou baie belangrik.

Hoop in Jesus 04.08.2024

Hoop kan baie dinge los maak in ons lewens. Hoop vir 'n beter lewe, hoop vir 'n goeie uitslag, hoop dat jou span gaan wen. Hoop bring verwagting en geloof in ons lewe in. Dit bring ons tot 'n punt waar jy verby die onmoontlike kyk en kyk na die wonderwerk. Dit bring ons by 'n plek waar ons perspektief verander en ons bring by 'n plek waar gebed gefokus word op wat God se wil is...

Tyd 28.07.2024

In hierdie boodskap praat Past Morne oor die verloop van TYD. Tyd is iets wat ons nie beheer nie, maar tyd word beheer deur God. Wat in daardie tyd gebeur word bepaal deur ons gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid.

In the Waiting 21.07.2024

Daar is tye wat ons in 'n wag periode is. Dis tye waar ons geloof in God is vir baie gebede. Dit is daardie tyd waar ons aangaan met die lewe terwyl ons wag op God se antwoord in geloof. Wees rustig in jou gemoed. Goed sal deurkom op die regte tyd. Website: https://ligenlewe.com YouTube: https://www.youtube.com/c/LigenLeweSentrumPaarl

Tasbare Geloof 14.07.2024

Geloof sonder werke is dood. Daarom is dit nodig om nie net te leef volgens ons geloof in Jesu nie, maar om sekerheid te hê. Om daardie vaste vertroue te hê dat ons geloof nie verniet is nie. Ons GLO in Jesus. Daarom moet ons in alles wat Jesus verteenwoordig, glo. Ons moet sekerheid hê van geloof. Website: https://ligenlewe.com/ YouTube: https://www.youtube.com/c/LigenLeweSentrumPaarl

Seisoene en Siklusse van die lewe 07.07.2024

Past Morne verduidelik die verskil tussen 'n Seisoen en 'n Siklus in ons lewe. Wanneer is dit 'n seisoen en wanneer is dit 'n siklus? God werk deur altwee om ons lewe te rig volgens Sy planne.

Onse Vader 16.06.2024

Onse Vader. God is ons Vader en Hy wil ons Vader wees. Hy het reeds vir ons die pad oop gemaak om Kinders genoem te kan word. Die bal is nou in ons hande. Kies God en word deel van God se familie.

JESUS 09.06.2024

JESUS. Die naam bo elke ander naam. Die WOORD van God. Ken jy Hom? Die Woord van God is ons fondasie waarop ons ons lewe bou. Sonder die Woord van God was daar niks. Alles is geskape deur die Woord. Maak God se Woord deel van jou lewe en ondek 'n hele nuwe lewe.

Staan jy nog? 02.06.2024

Die lewe is soms vol situasies wat ons wil onder trek. Maar om te bly staan is waar ons sukses lê. Die vraag wat ons onsself moet afvra is, is ons voete op die rots geplant. Is ons fokus op die regte plek. Is JESUS ons fondasie? Baie vrae maar een antwoord, Jesus.

Positioned 26.05.2024

Ons almal word deur God op 'n sekere area in die lewe geplaas en daar waar ons is, moet ons vir God iets doen. Ons leer uit die storie van Josef, dat God vir Josef in 'n posisie geplaas het om lewens te red. Die vraag word gevra, is jy waar jy is omdat God 'n plan het met jou lewe en dat God wil sien dat jy in jou "posisie" lewens red? Waar bevind jy jouself in jou avontuur?...

God se Ekonomie - Fire Conference24 18.05.2024

Past Anton La Grange praat oor die ekonomie van die Koninkryk van God en dit is nie net gekoppel aan geld nie. Die woorde boek verduidelik dit baie soos volg; 'n Ekonomie is 'n gebied van produksie, verspreiding en handel, sowel as verbruik van goedere en dienste. Oor die algemeen word dit gedefinieer as 'n sosiale domein wat die praktyke, diskoerse en materiële uitdrukkings wat met di...

Oil & Fire - Fire Conference24 17.05.2024

Past Rudi Young gesels met ons oor die belangrikheid van die olie in ons lewe. Jesus is die begin van die vuur. Sonder Jesus is dit nie moontlik om die Vuur van die Heilige Gees te beleef nie. Jesus is die begin van jou Gees vervulde lewe.

Keuses verander die Atmosfeer 12.05.2024

Past Mariette La Grange van Montana, Pretoria deel vandag met ons die boodskap tydens ons Moedersdag Sondag. Keuses verander die atmosfeer en sy verwys na die fles parfuum wat die vroue gebreek het om Jesus mee te salf. Elkeen het hulle ervaring met Jesus gehad en elkeen het ook teenkanting ervaar van mense om die tafel. Luister gerus na hierdie boodskap en ontvang dit wat God in jou lewe wil wakk...

Listen to the Lig en Lewe Sentrum SERMON PODCAST podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.