Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jean-Louis in gesprek met Bernard Zulch oor Momentum se rol by die KykNET Buite Ekspo 17.03.2026 5:22
Jean-Louis gesels met Bernard Zulch, Hoof Finansiële Beampte van Momentum Short-Term Insurance Namibia. Die gesprek fokus op Momentum se betrokkenheid as senior borg by die KykNET Buite Ekspo, in samewerking met die KosMOS Fees 2026.
Anton Goosen oor pa-word op 80 16.03.2026 7:47
Jean-Louis gesels met die legende van Afrikaanse rock, Anton Goosen. Op 80 begin hy ’n nuwe hoofstuk in sy lewe, want hy en Estie verwag hul eerste kind saam. Anton beskryf die nuus self as: “Dis soos om tjoklitkoek te kry, maar jy het beskuit verwag.” In hierdie spesiale gesprek praat hy oor hoe dit voel om op 80 weer pa te word, wat hy sê vir mense wat verbaas is, en hoe hy pa-wees op tagtig sie...
Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation 13.03.2026 4:46
Elmero Strauss gesels oor die Meraki Wellness Empowerment Foundation en die belangrike rol wat die organisasie speel om vroue te ondersteun en te bemagtig. Die inisiatief fokus op die bou van selfvertroue, welstand-opleiding en professionele ontwikkeling binne die skoonheids- en welstandbedryf. Deur praktiese geleenthede en ondersteuning help hulle vroue om hul volle potensiaal te ontdek, hulself...
Jean-Louis Gesels met Eloff oor “Bietjie Chill” 13.03.2026 4:38
Jean-Louis gesels met Eloff oor sy splinternuwe enkelsnit, “Bietjie Chill”. Hulle praat oor die inspirasie agter die liedjie, die lekker ontspanne vibe daarvan, en hoekom dit die perfekte klankbaan is wanneer vriende net saam wil kuier, lag en ’n bietjie wegbreek van die alledaagse lewe.
Vergrote Prostaat: Wat Elke Man Moet Weet 11.03.2026 12:07
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n onderwerp wat uiteindelik by elke man kan voorkom: ’n vergrote prostaat. In hierdie gesprek verduidelik hulle hoekom dit gebeur, watter simptome mans kan ervaar, hoe dit gediagnoseer word, en watter natuurlike opsies daar is om verligting te help bring. Hulle bespreek ook A Vogel Prostasan kapsules, ’n produk wat sonder voorskrif by apteke landswyd besk...
From Ideas to Code: A Conversation with Software Developer Marius van Wyk 10.03.2026 6:51
In today’s episode of Maak Spore, Elmero Strauss speaks with Marius van Wyk, a software developer who works daily on the digital solutions that help power our modern world. From ideas to code, they explore a field driven by creativity, problem-solving, and continuous development. Tune in to hear how technology is also leaving its mark on people’s lives. Maak Spore is made possible by Jakkals Velli...
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 10.03.2026 6:07
Skakel elke Maandag om 16:45 in vir Diere Maniere, ’n interessante en insiggewende gesprek met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het. Van troeteldiere tot wild bespreek ons gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer. Ontdek nuwe insigte en leer meer oor die wêreld van diere in elke episode.
Woorde, Musiek en Kultuur: FNB Windhoek Woordfees 09.03.2026 6:26
Elmero Strauss gesels met Sanet Prinsloo oor die FNB Windhoek Woordfees wat hierdie naweek plaasvind. Van musiek en stories tot kuns en kultuur – die Woordfees bring kreatiwiteit en inspirasie na Windhoek.
Bobby van Jaarsveld stel nuwe liedjie “Regte Plekke” bekend 06.03.2026 4:40
Bobby van Jaarsveld stel sy splinternuwe liedjie “Regte Plekke” bekend. Jean-Louis gesels met Bobby oor die nuwe liedjie, die storie daaragter en wat aanhangers kan verwag. .
Die Midde-Ooste Konflik en die Impak op Oliepryse, Inflasie en Markte 05.03.2026 3:15
Jean-Louis Knouwds gesels met Dawie Roodt oor die moontlike ekonomiese gevolge van die konflik in die Midde-Ooste. Hulle bespreek hoe stygende oliepryse gewone verbruikers kan raak, wat dit vir brandstofkoste kan beteken en of sentrale banke rentekoerse langer hoog sal moet hou. Die gesprek kyk ook na die breër impak op finansiële markte en of beleggers rede het om bekommerd te wees, of of die eko...
Irma Rescue Panic: Verstaan die Verskil tussen Angstigheid en Paniek 04.03.2026 8:07
Ons gesels oor die belangrike verskil tussen angstigheid en paniek, en help jou verstaan wanneer Irma Rescue Panic die regte keuse vir jou kan wees. Ons bespreek praktiese voorbeelde en gee duidelikheid oor hoe om emosionele uitdagings beter te hanteer met die regte ondersteuning. Alles is gereël aan my kant. Ek sal organiseer om met jou via Cleanfeed te gesels; anders kan jy inskakel via WhatsApp...
Kilometers vir Hoop met Marius du Preez 27.02.2026 6:41
Elmero Strauss gesels met Marius du Preez, beter bekend as “The Unhurried Bikepacker” - ’n afgetrede man met ’n buitengewone missie om kilometers te verruil vir hoop. Deur sy liefdadigheidsinisiatief, “Suffer for Joy”, ry hy solo deur Suidelike Afrika om fondse in te samel en bewustheid te skep vir mishandelde en kwesbare kinders. Sy reis is nie net fisies uitdagend nie, maar ook ’n kragtige boods...
Fix the Vibe met Selby Williams op Kosmos 94.1 27.02.2026 4:06
Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Selby Williams stel sy splinternuwe liedjie, “Fix the Vibe”, bekend en gesels oor sy musikale reis. Selby, wat in Avianpark grootgeword het, het ten spyte van uitdagende omstandighede sy droom nagejaag om nie net ’n verskil in sy gemeenskap te maak nie, maar ook om mense wêreldwyd met sy musiek te inspireer. In hierdie episode hoor ons meer oor die storie a...
Jean-Louis in Gesprek met Anneri Luck: Wat die Nasionale Begroting vir Jou Sak Beteken 27.02.2026 5:24
Jean-Louis gesels met Anneri Luck, Direkteur van Belasting by PwC, oor die jongste Nasionale Begroting wat deur die Minister van Finansies ter tafel gelê is. Saam ontleed hulle die belangrikste hoogtepunte uit die begroting, bespreek die positiewe aspekte van die toespraak en lig moontlike bekommernisse uit wat belastingbetalers kan raak. Hulle kyk ook na nuwe belastingvoorstelle, veranderinge aan...
Geld van Môre: Bitcoin, Kripto en die Nuwe Finansiële Era 26.02.2026 2:51
Jean-Louis Knouwds gesels met die bekende ekonoom Dawie Roodt oor groot vrae rondom Bitcoin en kripto-geldeenhede. Wat beteken digitale geld vir die toekoms van finansies? Is kripto ’n revolusie of ’n risiko? En hoe moet beleggers dink oor hierdie vinnig veranderende landskap? ’n Insiggewende en relevante gesprek wat help om sin te maak van ’n nuwe finansiële wêreld.
Stres onder die vergrootglas met Irma’s Stress Rescue 25.02.2026 11:19
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber en Melissa Bosch oor ’n onderwerp wat ons almal raak – stres. Of jy nou jonk of oud is, stres beïnvloed elke aspek van ons daaglikse lewe. Hierdie week sluit Melissa Bosch, bemarkingsbestuurder van die Irma’s-reeks, by hom aan in die ateljee om meer te vertel oor Irma’s Stress Rescue en hoe dit ondersteuning kan bied in uitdagende tye. Irma’s-produkte is beski...
Kurt Darren Gesels oor KosMOS Fees 2026 24.02.2026 3:34
JP Nel gesels met Kurt Darren oor sy gewilde musiek en sy opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. Hulle praat oor wat aanhangers kan verwag, die energie van die verhoog en wat hierdie fees so besonders maak. Moenie hierdie onderhoud misloop nie.
Die Belangrikheid van Tandgesondheid by Jou Troeteldier 24.02.2026 3:44
In hierdie episode van Diere Maniere gesels ons met Dr. Theuns Laubscher oor die belangrikheid van tandgesondheid by troeteldiere. Ons kyk na algemene tandprobleme by honde en katte, hoe om waarskuwingstekens betyds raak te sien, en watter stappe jy kan neem om jou dier se tande gesond te hou.
Demi Lee Moore oor haar optrede by KosMOS Fees 2026 23.02.2026 4:51
Elmero Strauss gesels met Demi Lee Moore oor haar opwindende optrede by die KosMOS Fees 2026. In hierdie onderhoud deel sy meer oor wat agter haar musiek skuil, haar voorbereiding vir die fees en hoe sy beplan om die verhoog behoorlik te laat skitter.
Jean-Louis gesels met Bernice West oor KosMOS Fees 2026 23.02.2026 5:06
🔥🎶 KosMOS Fees 2026 is terug – en hierdie jaar is dit groter en beter as ooit! Maak gereed vir ’n naweek vol topklas musiek, ongelooflike lekker vibes en ’n kuier soos net óns dit kan doen. 🙌✨ 📍 Wanderers Sportgronde, Windhoek 📅 24 & 25 April 2026 🎟️ Kaartjies is MÔRE beskikbaar! ⚠️ BAIE BELANGRIK: Jy koop EEN kaartjie en kry toegang vir TWEE dae – Vrydag én Saterdag.
In Gesprek met Fanie Viljoen: ’n Bekroonde Skrywer op Toer in Namibië 23.02.2026 4:47
Jean-Louis Knouwds gesels met die bekroonde skrywer, skilder en illustreerder Fanie Viljoen van Bloemfontein. As wenner van onder meer die Goue Sanlam-prys vir jeuglektuur en die M.E.R.-prys, het hy hom gevestig as een van die gewildste stemme in Afrikaanse jeuglektuur. In hierdie inspirerende gesprek hoor ons meer oor sy kreatiewe proses, sy passie vir stories en hoe hy kinders se verbeelding aan...
Pak Jou Tas: Die storie agter Die Broers se nuwe treffer 20.02.2026 6:19
Elmero Strauss gesels met Christo Snyman oor Die Broers se splinternuwe treffer, “Pak Jou Tas”. Hulle delf dieper in die betekenis van die lied, wat agter die woorde skuil en waar die oorspronklike idee ontstaan het.
Internasionale Moedertaaldag: Is Afrikaans Veilig in ’n Digitale Wêreld? 20.02.2026 7:09
Môre word Internasionale Moedertaaldag wêreldwyd gevier – ’n inisiatief deur UNESCO om die waarde van moedertale te erken en taalkundige en kulturele diversiteit te bevorder. Die dag herdenk die studente van Bangladesj wat in 1952 hul lewens gegee het vir die reg op moedertaalonderrig – ’n geskiedenis wat ons herinner hoe kosbaar taal werklik is. Vandag fokus ons op Afrikaans as moedertaal. Is dit...
Stefan Ludik: Mens of Masjien? Die AI-Debat in Musiek 20.02.2026 6:34
Stefan Ludik gesels oor sy nuutste vrystelling, “Trou Met My”, en ’n kreatiewe proses wat die musiekbedryf laat kopkrap. Stefan het nuwe liedjies geskryf, ou demo’s afgestof en dit met behulp van kunsmatige intelligensie laat remix en vervaardig. Die resultaat is nou op al die groot musiekplatforms beskikbaar - maar dit bring belangrike vrae na vore. Is dit steeds “egte” musiek as AI help met die...
Bestaan daar regtig ’n produk wat jou liggaam van binne af jonger en gesond kan hou? 18.02.2026 12:04
Hierdie week kyk ons na ’n vraag wat baie mense besig hou: Is daar werklik ’n produk wat jou liggaam van binne af jonger en gesond kan hou? Ons gesels oor OXIPROVIN, hoe dit werk en wat dit van ander produkte onderskei. Ons bespreek ook waar dit beskikbaar is en wat jy moet weet voordat jy dit begin gebruik. OXIPROVIN is landswyd by apteke beskikbaar. Vir meer inligting besoek www.oxiprovin.co.za...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.