Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Elmero Strauss gesels met Bianca Ozcan oor Run4MS en bewusmaking van Multiple Sklerose 20.05.2026 6:04
Vandag op Ene Ore gesels ons met Bianca Ozcan van Multiple Sclerosis Namibia oor die komende Run4MS ter ondersteuning van Wêreld MS Dag. Die gesprek fokus op bewusmaking rondom Multiple Sklerose, die uitdagings waarmee pasiënte daagliks saamleef, en hoe die gemeenskap kan help om ’n verskil te maak. Skakel in vir ’n gesprek oor hoop, ondersteuning en bewusmaking.
A.Vogel Echinaforce: Voorkoming en Behandeling van Lugweginfeksies 20.05.2026 7:10
Jean-Louis gesels verder met Anette Rheeder oor A.Vogel Echinaforce druppels en tablette, en hoe dit gebruik kan word om lugweginfeksies te help voorkom en behandel. Hulle bespreek die voordele van die produk, hoe dit werk, en wanneer dit die beste gebruik kan word. A.Vogel Echinaforce tablette en druppels is beskikbaar by jou naaste apteek. Vir meer inligting kan luisteraars hul navrae stuur na i...
Maak Spore met Rias Oberholzer 20.05.2026 9:55
Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer, ’n bekende stem in jeug- en gesinsbediening, motiverende gesprekke en geloofsprogramme. Van sy betrokkenheid by die Windhoek Woordfees tot nostalgiese Afrikaanse musiek en diep gesprekke oor gemeenskap en jongmense, deel Rias stories en herinneringe wat harte raak. Luister saam na ’n inspirerende gesprek oor geloof, musiek, die mense wat ons lewens vorm e...
Griepseisoen: Natuurlike Ondersteuning met A.Vogel 13.05.2026 6:49
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor twee A.Vogel produkte wat spesifiek gebruik word wanneer mense siek is met griep: A.Vogel Echinaforce Hot Drink en A.Vogel Echinaforce Sore Throat Spray. Hulle bespreek hoe hierdie produkte ondersteuning kan bied gedurende griepseisoen en waarom dit gewilde keuses is vir natuurlike gesondheidsorg. A.Vogel Echinaforce Hot Drink en Echinaforce Sore Throat Spr...
Maak Spore met Deon Vermeulen - Die Kuns van Koffie-Rooster 13.05.2026 6:45
Elmero Strauss gesels met Deon Vermeulen oor sy passie vir koffie en die unieke kuns van koffie-rooster. Ontdek ’n wêreld van geur, vakmanskap en stories waar elke roosterproses sy eie karakter dra. Luister hoe passie en toewyding spore in ’n mens se lewe kan los. Maak Spore is moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 11 Mei 2026 12.05.2026 7:14
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Eksklusiewe Gesprek oor die Nuwe Oryx 300 Motorfiets 09.05.2026 6:40
JP Nel gesels met Torben Baier, Besturende Direkteur van Baierkraft Motors Germany, in ’n eksklusiewe onderhoud oor die opwindende nuwe Oryx 300 motorfiets wat binnekort in Namibia gebou gaan word. Hulle bespreek die visie agter die projek, die ontwikkeling van die motorfiets en wat dit vir die Namibiese mark beteken.
Die Wetenskap agter Bio-Strath en Breingesondheid 07.05.2026 11:44
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Bio-Strath. Hierdie week fokus hulle spesifiek op die wetenskaplike studies wat gedoen is oor die invloed van Bio-Strath op die brein - van kinders tot bejaardes. Bio-Strath is beskikbaar as stroop en tablette by enige apteek. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur ’n e-pos na info@sanatural.co.za vir enige verdere vrae.
Neon Night Run: Hardloop vir Bewusmaking van Neurodiversiteit 30.04.2026 6:12
Jean-Louis gesels met Sumarie Calitz, skoolhoof van Integrate Learning Solutions, oor die Neon Night Run – ’n inspirerende bewusmakingsinisiatief vir neurodiversiteit. Die gesprek fokus op die belangrikheid daarvan om die breë gemeenskap meer bewus te maak van neurodiversiteit in al sy vorme, sodat kinders en hul families beter verstaan en met oop arms verwelkom kan word. Die geleentheid vind plaa...
Die krag van Bio-Strath vir brein en liggaam 29.04.2026 12:00
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor Bio-Strath en die belangrike rol wat hierdie produk speel, nie net vir breingesondheid nie maar vir die hele liggaam. Hulle bespreek hoe Bio-Strath kan bydra tot algemene welstand en watter voordele dit vir verskillende lewenstyle inhou. Bio-Strath is beskikbaar in tablet- en stroopvorm en kan by enige apteek gekoop word. Vir meer inligting, besoek www.bio...
Hoe Modelle Werklik Spore Maak in Namibië 28.04.2026 5:36
In hierdie episode van Maak Spore gesels Elmero Strauss met Juanita Dahms van Figure Models oor die werklike impak van modelle in Namibië. Hulle bespreek hoe modelle hul merk maak in die bedryf, die uitdagings wat hulle in die gesig staar, en wat dit werklik verg om suksesvol te wees in die plaaslike modewêreld. Hierdie episode word moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
Maak Spore: ’n Reis van Groei en Inspirasie met Junin Buys 22.04.2026 5:59
Elmero Strauss gesels met Junin Buys, rekenmeester by ALI en ’n inspirerende openbare spreker, oor die pad wat sy gestap het en die lesse wat sy langs die roete geleer het. Sy deel hoe hierdie ervarings haar vandag help om ander te bemoedig en te inspireer wanneer sy voor ’n gehoor staan. Skakel in vir ’n egte en motiverende gesprek oor groei, roeping en die spore wat ons oor tyd in die lewe maak....
Gewrigspyn en Oplossings: Hoe om Jou Liggaam Sterk te Hou 22.04.2026 12:34
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ’n baie relevante onderwerp: pyn in jou rug, nek, bene, enkels, heupe, hande en skouers—basies al die gewrigte en skarniere van die liggaam. Hulle kyk na praktiese maniere om jou gewrigte te beskerm en te voorkom dat dit vinnig verweer, asook wat jy kan doen as jy reeds erge pyn ervaar. Die gesprek raak ook die risiko’s van chroniese pynmedikasie en die mo...
Jean-Louis gesels met Andre’ de Villiers by die kykNet Buite Ekspo en KosMOS Fees 2026 22.04.2026 6:20
Jean-Louis gesels met Andre’ de Villiers oor sy betrokkenheid en ervaring by die kykNet Buite Ekspo en KosMOS Fees 2026. Hulle praat oor die buitelewe, avontuur en wat besoekers by dié gewilde geleenthede kan verwag. Dit is ’n interessante en insiggewende gesprek wat die gees van die fees en die buitelewe vasvang.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 20 April 2026 21.04.2026 5:10
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
FNB Namibië se rol by die KosMOS Fees 17.04.2026 7:46
Jean-Louis gesels met Revonia Job, Borgekap en Maatskaplike Impak bestuurder by FirstRand Namibia. FNB Namibië is een van die senior borge van die KosMOS Fees en speel ’n groot rol in die ervaring volgende naweek. Luister hoe sy meer deel oor hoekom hulle betrokke geraak het en wat hulle alles beplan om die fees nog beter te maak.
Griep Seisoen Beskerming: A.Vogel Echinaforce in Fokus 15.04.2026 7:29
Die griepseisoen is reeds in volle swang, en bvandag gesels Jean-Louis met Anette Rheeder oor beskerming teen griep vir jou en jou gesin. Hulle fokus op A.Vogel Echinaforce en kyk waarom dit ’n gewilde keuse is vir natuurlike ondersteuning gedurende die griepseisoen. A.Vogel Echinaforce is beskikbaar in apteke regoor Namibië in tablet- sowel as druppelvorm. Vir navrae of meer inligting, kontak inf...
Agter die Skerms van die KykNET Buite Ekspo met Marius Opperman 15.04.2026 9:16
Jean-Louis gesels met Marius Opperman, die man agter die gewilde KykNET Buite Ekspo in Suid-Afrika en Namibië. Hulle gesels oor wat alles in die beplanning van dié groot gebeurtenis ingaan, wat besoekers kan verwag, en hoe dit aansluit by die opwinding van die KosMOS Fees 2026. Die KykNET Buite Ekspo vind plaas op 24 en 25 April, met die KosMOS Fees 2026 op 25 April. Kaartjies is beskikbaar by htt...
Face of Hope: Hoop, omgee en die krag van klein dade 14.04.2026 7:22
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Anita Senekal oor haar projek, Face of Hope. Die inisiatief is gebou rondom hoop en omgee, en wys hoe een persoon ’n verskil kan maak wanneer jy kies om iets goeds vir ander te doen. Luister saam na die storie agter die projek en ontdek hoe klein dade ’n groot impak in mense se lewens kan hê.
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher 13 April 2026 14.04.2026 7:14
JP Nel gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
Namibië se Wêreldsukses by RCFA Wêreldkampioenskappe 13.04.2026 8:09
Jean-Louis gesels met Ingo Oosthuizen, internasionale koördineerder van RCFAI, oor Namibië se uitstaande prestasie by die onlangse RCFA Wêreldkampioenskappe. Die land het wêreldwyd aandag getrek met ’n indrukwekkende vertoning, insluitend verskeie wêreldkampioene en ’n rekord aantal medaljes.
Jean-Louis in gesprek met Andriette Norman oor nuwe musiek 10.04.2026 3:49
Jean-Louis gesel met Andriette Norman oor haar splinternuwe liedjie. Hulle praat oor die storie agter die musiek, haar inspirasie en wat aanhangers kan verwag. Skakel in en hoor die liedjie eerste.
Jean-Louis gesels met Adam oor hulle nuwe treffer "Chane” bekend 10.04.2026 7:40
Jean-Louis gesels met Adam oor hul splinternuwe liedjie, “Chane”. Hulle deel meer oor die inspirasie agter die snit, die kreatiewe proses en wat luisteraars kan verwag. Moenie hierdie eksklusiewe bekendstelling misloop nie.
KosMOS Fees: Wen ’n Reis vir Twee na Suid-Afrika met JSB Sports Betting 10.04.2026 7:28
Jean-Louis gesels met KJ van JSB Sports Betting oor hoe die KosMOS Fees en JSB Sports Betting vir jou die kans gee om ’n onvergeetlike reis vir twee na Suid-Afrika te wen. Vind uit hoe om deel te neem en hoekom jy beslis by KosMOS Fees moet wees. Wat jy kan wen: -Retourvlugte vir twee na Suid-Afrika -2 nagte se verblyf -Kaartjies om die Springbokke teen Engeland te sien speel by Ellis Park op 4 Ju...
Breinkrag vir Elke Ouderdom met Bio-Strath 08.04.2026 7:20
Jean-Louis en Anette Rheeder gesels oor Bio-Strath en hoe noodsaaklike voeding die brein kan ondersteun, ongeag ouderdom. Hulle verduidelik die voordele van hierdie natuurlike aanvulling en hoe dit kan help met fokus, energie en algehele welstand. Bio-Strath is beskikbaar by jou naaste apteek in verskillende verpakkings, beide as tablette en vloeistof. Vir meer inligting, besoek die Bio-Strath web...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.