Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 17, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Omgewingministerie vorder goed met Etosha-heining-projek 05.10.2026 0:37
Die omgewingministerie vorder met sy meerjarige projek om Etosha Nasionale Park se noordelike heining teen 2030 volledig te herbou en te elektrifiseer. Woordvoerder Vilho Angula sê dat 35 kilometer voltooi is, insluitend 29,6 kilometer net vanjaar. Die werk het 'n begroting van 8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar om stropery te bekamp en te voorkom dat diere na naburige gemeenskappe uitbreek....
12:00 Nuus 05.10.2026 3:20
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nonceba Mhlauli vra jongmense om aan verkiesings deel te neem 05.10.2026 0:21
Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met die voorber...
Konnektiwiteit en datatoegang net so belangrik soos elektrisiteit 05.10.2026 0:15
Konnektiwiteit en datatoegang het kritieke sake-nutsdienste geword, saam met elektrisiteit, met IT-kenner Eddie Goldberg wat waarsku dat dit net so skadelik is om sonder data te werk as om kragbeurte te ervaar. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
11:00 Nuus 05.10.2026 4:11
Kry die nuus soos dit breek.
Krieket: FNB Eagles speel gasheer vir 5 eendagwedstryde teen Ierland 05.10.2026 0:16
Die FNB Eagles sal gasheer speel vir Ierland vir 'n reeks van vyf eendag-wedstryde wat van 22 Oktober tot 1 November by die FNB Namibië-krieketveld en die hoë prestasie-ovaal in Windhoek sal plaasvind. Die toer sal ook 'n reeks T20-wedstryde tussen die Capricorn Eagles A-span en Ierland se onder-19-vrouespan insluit. Die reeks sal twee wedstryddae met spesiale temas aanbied, naamlik die Oktoberfes...
Ocean Conservation Namibia vra beter benadering vir "miljoen bome teen 2030"-plan 05.10.2026 0:36
Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia vra 'n wetenskaplik-ondersteunde benadering tot die omgewings-ministerie se plan om een miljoen bome teen 2030 te plant. Dreyer sê dat jong bome nie Namibië se droë klimaat sal oorleef sonder voortdurende sorg nie. Hy sê gelyke prioriteit moet gegee word aan die bekamping van die onwettige kap en oes van bome vir houtskool. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus ge...
ACT se Ace belowe praktiese oplossings vir ACT-stemmers 05.10.2026 0:19
Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê die party se manifes vir die plaaslike verkiesing fokus op praktiese oplossings vir uitdagings waarmee gemeenskappe daagliks worstel. Magashule het in Welkom in die Vrystaat, die party se fokus op werkloosheid, basiese dienslewering en onderwys uitgelig. Hy sê die party sal gemeenskappe raadpleeg voor burgemeesters aangew...
Lucia Witbooi belowe N$10,000 vir Rundu Handelskou 05.10.2026 0:32
Visepresident Lucia Witbooi het 10 000 Namibiese dollar belowe vir die jaarlikse Rundu Handelskou tydens 'n fondsinsamelingsgala wat daarop gemik was om ‘n miljoen Namibiese dollar vir die geleentheid in te samel. Witbooi het die aanwesiges toegespreek en die strategiese posisie van Rundu en die Kavango-Oos-streek beklemtoon as 'n kritieke vervoer-, landbou- en logistieke poort wat Namibië met bre...
10:00 Nuus 05.10.2026 4:14
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Malema vra gratis universiteitsonderrig 05.10.2026 0:18
Die EFF-leier, Julius Malema, sê geen student behoort universiteit toe te gaan en dan verhinder word om te registreer weens 'n probleem met klasgeld nie. Malema het tydens die party se provinsiale manifes-byeenkoms in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap gepraat. Hy voer aan universiteite moet studente se identiteitsnommers gebruik om vas te stel of hul ouers SASSA-toelaes ontvang, eerder as om t...
Waatlemoen- en mango-projekte vang spoed in Kavango-Oos- en Zambezi 05.10.2026 0:31
Die eerster minister, Minister Elijah Ngurare, sê sy kantoor se waatlemoenprojek in die Kavango-Oos streek sal help om werkloosheid en armoed in diestreek hok te slaan. Ngurare sê sy kantoor werk tans met die Universiteit van Namibië om voorbereidingswerk vir die projek te doen. Volgens New Era News het die Sambyu-tradisionele owerheid reeds grond vir die voorgestelde fasiliteit toegewys. Ngurare...
09:00 Nuus 05.10.2026 4:00
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
DA eis gedetailleerde statistiek oor misdade teen vroue en kinders 05.10.2026 0:21
Die DA het aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, geskryf en geëis dat die komende misdaadstatistieke akkurate, uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders bevat. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa 'n plan aangekondig het om geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, insluitend 'n befondsde plan om forensiese agterstande in te haal en hulpbronne te identifiseer. L...
Stadspolisie waarsku teen dobbel in die publiek 05.10.2026 0:19
Die Windhoek Stadspolisie sê hy gaan strenger optree teen openbare dobbelary en waarsku dat dobbelsteen-speletjies of kaarte in die openbaar 'n onmiddellike boete van 500 Namibiese dollar beteken. Stadspolisiesersant Nqobizwe Shipanga sê dat openbare dobbelary verbode is kragtens die 1930 Straat- en Verkeersregulasies. In 'n onderhoud met Future Media News het Shipanga gesê dat beamptes aktiwiteit...
08:00 Nuus 05.10.2026 4:03
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Rugby: Bok-vroue klop Spanje in laaste W15 Global Series-toer-wedstryd 05.10.2026 0:17
Die Springbok-vroue het hulle W15 Global Series-toer in Europa met ʼn oorwinning van 20-0 oor Spanje afgesluit. Teen rustyd in Sevilla was Suid-Afrika met 10-0 voor. Na drie drieë deur Catha Jacobs, Aseza Hele en Jakkie Cilliers in uiters warm weerstoestande, het die span hulle sewende agtereenvolgende oorwinning oor die Spanjaarde behaal. Franzel September, wat die hoofafrigter-pligte met Laurian...
AU gereed om Afrika-kredietgraderingsagentskap bekend te stel 05.10.2026 0:19
Die Afrika-unie is gereed om die Afrika-kredietgraderingsagentskap hierdie week in Port Louis, Mauritius, bekend te stel. Die agentskap sal onafhanklike, Afrika-gerigte beoordelings van regerings, ondernemings en instellings verskaf. Die agentskap se uitvoerende hoof, Marie Antoinette Rose Quatre, skat Afrika se mark op ongeveer 66-duisend-miljard-Namibiese dollar, met minder as vyf-persent van di...
Maandag, 5 Oktober 2026 05.10.2026 3:04
In jou finansiële nuus vanoggend: Van kommersiële mango- tot waatlemoenverwerkingsaanlegte in Kavango-Oos en Zambezi: Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering planne om local nóg lekkerder te maak, vorder fluks.
Krieket Namibië sien uit na 2027 Krieketwêreldbeker-toernooi 05.10.2026 0:39
Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, Johan Muller, sê dat dit 'n bepalende oomblik vir die land sal wees om van die wêreld se voorste krieketlande op plaaslike bodem in 2027 te sien speel. Terwyl Namibië voorberei om volgende jaar die openingswedstryde van die IKR Krieketwêreldbeker vir mans aan te bied, beskryf Muller die geleentheid as 'n droom wat vir 'n klein krieketland waar word.
Handelsafvaardiging van Zimbabwe besoek Windhoek van 7 tot 9 Oktober 05.10.2026 0:39
'n Handelsafvaardiging van Zimbabwe sal Windhoek van 7 tot 9 Oktober besoek, met ZimTrade wat poog om Zimbabwiese uitvoere na die Namibiese mark uit te brei. Besighede uit die landbou, onderwys, ingenieurswese, verbruikersgoedere, veevoer, tuinbou en logistiek-sektore gaan aan die verdagering bywoon. Namibië voer drinkgoed, sout en bevrore vis uit na Zimbabwe terwyl Zimbabwe elektrisiteit, farmase...
07:00 Hoofnuus 05.10.2026 3:51
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
ANC wil verlore ondersteuning voor plaaslike-regeringsverkiesing inhaal 05.10.2026 0:20
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party werk hard om homself te vernuwe en verlore ondersteuning voor die plaaslike-regeringsverkiesing in te haal. Hy het Sondag by ʼn geleentheid in die Oos-Kaap gepraat. Die ANC se aandeel in die nasionale munisipale stemme het van 53,9-persent in 2016 tot 45,59-persent in 2021 gedaal. Mbalula het ook vertroue uitgespreek in hul saak teen die...
Varkprodusente onder intense druk weens BKS-uitbreking 05.10.2026 0:39
Die voorsitter van die Varkprodusentevereniging van Namibië, Gideon Goosen, waarsku dat varkprodusente breekpunt bereik... namate die verbod op vee-slagtings asook bewegingsbeperkings kritieke oorbevolking van vee op plase veroorsaak. Goose sê die gevolglike oorbevolking van hokke stoot daaglikse voerkostes pop, dryf voerkoste op terwyl varkvleispryse tot driejaar-laagtepunte daal.
06:00 Nuus 05.10.2026 4:26
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.