Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.kosmos.com.na
Author
Kosmos 94.1
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 16, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gedagte vir die dag met Johan Els 6 Oktober 2026 06.10.2026 2:32
Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els
Dinsdag, 6 Oktober 2026 06.10.2026 3:11
In jou finansiële nuus vanoggend: Die regering slaan bek-en-klouseervure dood om Namibiese vleis terug op veral Europese, maar ook ander buitelandse winkelrakke te kry. En: Namibië het 'n verstommende sewe plekke op 'n wêreldranglys vir toerisme getuimel. Toerismekenner Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), sê sy is nie verbaas nie.
Op'ie Kantlyn, 5 Oktober 2026 05.10.2026 3:31
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 5 Oktober 2026 05.10.2026 5:14
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 05.10.2026 3:51
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
36 000 onderwysers vir meer as 913 000 leerders: Steenkamp 05.10.2026 0:28
Onderwysminister Sanet Steenkamp het Namibië se meer as 36 000 onderwysers vandag op Wêreldonderwysersdag vereer en beklemtoon dat die beskerming van die beroep daaglikse ondersteuning en belegging vereis, nie net jaarlikse lof nie. Steenkamp het opgemerk dat die land se opvoeders tans meer as 913 000 leerders in 2 081 skole landwyd begelei.
Ngurare probeer Gibeon help ontwikkel 05.10.2026 0:31
Eerste minister Elijah Ngurare tree in gesprek met die gemeenskap van Gibeon en probeer hul steun verkry vir voorgestelde ontwikkelingsprojekte. Ngurare sê die vergaderings bied inwoners die geleentheid om besonderhede te verneem, vrae te stel en insette te lewer terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsteun te verseker.
Die hoofnuus om 17:00 05.10.2026 4:23
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nedbank Kapana Cook-Off-wenner stap weg met groot pryse 05.10.2026 0:30
Die eindrondte van die 2026 Nedbank Kapana Cook-Off-kompetisie het die afgelope naweek in Windhoek plaasgevind. Nande Chivela van Khomas het as die wenner uit die stryd getree nadat hy teen nege ander finaliste meegeding het. Die tien finaliste het vir die finaal gekwalifiseer na streeksrondtes wat in Oshakati, Swakopmund en die sentrale streek gehou is. Chivela se wenprys sluit in 'n ten volle ui...
Starlink: Land moet self kies tussen dienste, sê ruimtevaarder 05.10.2026 0:40
Die Duitse ruimtevaarder dr. Matthias Maurer het sy stem by die debat oor Starlink in Namibië gevoeg en sê dat die land die besluit moet neem wat hy as die beste beskou. Maurer onderneem 'n toer deur die land wat daarop gemik is om die bande tussen Namibië en die Europese wetenskap- en ruimtevaartgemeenskap te versterk. Hy het tydens 'n mediageleentheid by die Duitse Hoër Privaatskool Windhoek, DH...
EU se verbod op plaaslike vleis 'n ekonomiese slag 05.10.2026 0:40
Reaksie word ontvang op die Europese Unie se tydelike opskorting van sekere Namibiese vleisinvoere ná die uitbraak van bek-en-klouseer in die //Kharas-streek. Die EU sê vars vleis van beeste, skape, bokke en ander mak of wilde gesplete hoefdiere, asook verwerkte produkte soos biltong, sal nie tot die Europese mark toegelaat word nie. Landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het aan Kosmos 94.1 Nuus ges...
Die 16:00 nuus 05.10.2026 4:23
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA weermag R2,4 miljard aan huurvlugte, DA het vrae 05.10.2026 0:19
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard Suid-Afrikaanse rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte en uitgawes ingevolge gewone reisbestuursreëlings, afwykings...
Integreer KI-leerstelsels in onderwys, vra NIED-hoof 05.10.2026 0:39
Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, of NIED, doen 'n beroep op die naatlose integrasie van kunsmatige intelligensie-leerstelsels in die onderwysstelsel. Tydens die amptelike opening van die Nasionale Konvensie oor IKT in Onderwys in Otjiwarongo het Simalumba die belangrikheid beklemtoon van die ontwikkeling van menslike kapasiteit, om die doeltreffende integra...
Die 15:00 nuus 05.10.2026 3:46
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Ses aan boord vermiste mediese vliegtuig vermoedelik dood 05.10.2026 0:20
Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese lugvervoer verskaf, sê die ses mense aan boord is vermoedel...
VSA-ambassadeur in SA misluk, sê kenner 05.10.2026 0:16
ʼn Kenner van internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, misluk in sy diplomatieke sending om verhoudinge te herbou. Bozell sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom persoonlik beledig. Lamola het gesê Bozell moet "uit die kombuis kom" as hy nie meer glo in diplomatieke onderhandeling m...
Die 14:00 nuus 05.10.2026 4:19
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die 13:00 nuus 05.10.2026 4:35
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Tennis: Novak Djokovic steeds op koers om Chinese Ope die sewende keer te wen 05.10.2026 0:16
Die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, is steeds op koers om die Chinese Ope die sewende keer te wen. Hy het die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland geklop en die halfeindronde gehaal. Die Serwiër se wenrekord van 32-0 in Beijing is die beste ooit in 'n mansenkelspel-toervlak-toernooi in die Ope-era. Hy speel volgende teen Daniil Medvedev van Rusland. Djokovic sê dis dié soort...
Malema: Eskom moet bedrywighede in stand hou sonder om wins te maak 05.10.2026 0:20
Die EFF-leier Julius Malema sê Eskom behoort genoeg inkomste te genereer om sy bedrywighede in stand te hou, eerder as om wins te maak. Tydens die party se provinsiale manifesgeleentheid in Motherwell, Gqeberha in die Oos-Kaap, het Malema aangevoer elektrisiteit is 'n basiese reg en behoort meer bekostigbaar te wees. Hy het kritiek uitgespreek oor die hoë elektrisiteitskoste vir arm huishoudings e...
Nghipondoka-Robiati opgewonde om Namibië in Switserland te verteenwoordig 05.10.2026 0:38
Die voormalige uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge en handel, Ndiitah Nghipondoka-Robiati, is aangestel as Namibië se nuwe ambassadeur in Switserland en permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies-organisasies in Genève. Nghipondoka-Robiati het beloof om sterk te pleit vir Namibië se belange in belangrike multilaterale onderhandelinge, soos globale handel...
Omgewingministerie vorder goed met Etosha-heining-projek 05.10.2026 0:37
Die omgewingministerie vorder met sy meerjarige projek om Etosha Nasionale Park se noordelike heining teen 2030 volledig te herbou en te elektrifiseer. Woordvoerder Vilho Angula sê dat 35 kilometer voltooi is, insluitend 29,6 kilometer net vanjaar. Die werk het 'n begroting van 8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar om stropery te bekamp en te voorkom dat diere na naburige gemeenskappe uitbreek....
12:00 Nuus 05.10.2026 3:20
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nonceba Mhlauli vra jongmense om aan verkiesings deel te neem 05.10.2026 0:21
Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met die voorber...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.