Kerksondermure

Kerksondermure (KSM)

Religion AF ↓ 112 episodes

Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure. By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekkingsreis waarin ons leer om as Sy liefdevolste gemeenskap te leef, nederig te dien, uit te reik na die kwesbares en ander nader te trek aan die Bron van alles wat mooi, reg en heel is.

Author

Kerksondermure

Category

Religion

Podcast website

ksm.co.za

Latest episode

Jul 6, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Gerrit Visser | Ek glo daarom wil ek graag deelneem aan die ete van die Here 01.09.2025

Die vroeë kerk was bekend as mense wat saam rondom tafels ontmoet het – vir meer as net iets om te eet. Dit was hulle daar ontdek het, is vandag nog inspirasie vir ons ontdekking van Jesus.

Johan Smit | Ek glo daarom wil ek graag deelneem aan die ete van die Here 01.09.2025

Die ete van die Here, of Nagmaal, is altyd spesiaal. Dis ‘n geleentheid waar geloofsbroers en -susters saam om die tafel sit en terug dink aan die kruis en ook die leë graf. Dis ‘n feesgeleentheid juis omdat Jesus jou en my duur gekoop het en daarom kan ons saam sê en bid: “Ons Vader”. Dis ‘n voorreg om deel van ‘n geloofspan en geloofsfamilie te wees waar elkeen mekaar liefhet, aanvaar en saam wo...

Fanie Venter | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede 25.08.2025

Ons almal maak foute – maar God se genade is groter as ons skuld én ons skaamte. Soos Petrus wat Jesus verloën het en tog herstel is, wil Jesus jou ook ontmoet en herstel. 

Stefan Fourie | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede 25.08.2025

Ek dink nie ek is verkeerd as ek sê dat elkeen van ons al iewers in ons lewe gesukkel het met die gedagte dat God my kan vry maak van my verlede nie. Meeste van ons het al iewers gewens dat die lewe net ‘n undoknoppie het. Die realiteit is dat die lewe ongelukkig nie so met ons werk nie. Ons verlede haal ons baie keer in, en dan voel ons skuldig en skaam. “Wat moet ek maak om vry te kom van my ver...

Colin Smith | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is 18.08.2025

Is jy al getref deur onreg of onregverdigheid? Sukkel jy as gelowige wanneer die wêreld so onregverdig is? Hoe maak gelowiges wanneer onreg jou tref? Hierdie week praat ons reguit oor die onregverdigheid van hierdie wêreld en hoe ons as gelowiges daardeur kan werk. Ek glo, daarom sukkel ek wanneer die lewe so onregverdig is... 

Johan Smith | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is 18.08.2025

Ek dink jy sal saam stem: die lewe is onregverdig. Dit is eintlik ‘n aanname van die lewe. Slegte goed gebeur met baie goeie mense. Gereeld is ek en jy op die plek van “hoekom” en “waarom”. Verseker kan ons God nie verstaan nie, maar ons kan Hom ken en dit is wat geloof uiteindelik is: om God diep en innig te ken, om ‘n naby pad met Hom te stap en intieme verhouding met Hom te hê. Ons leer baie hi...

Fanie Venter | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is 18.08.2025

Ons leef in ‘n wêreld waarin dinge dikwels skeef loop. Op die groot wêreldtoneel, maar ook in ons persoonlike lewens. Wanneer dit gebeur beleef gelowiges baie kere dat die lewe onregverdig is. Vandag kyk ons na mense uit die Bybel se verhale om te probeer sin uitmaak van hierdie onregverdige onlogiese belewenisse. In ander woorde: is daar enige sin in ons persoonlike hartseer, pyn en teleurstellin...

Stephan Joubert | Ek glo daarom wil ek my nie só bekommer nie 11.08.2025

Bekommernis is 'n geloofdief. Dit steel ons vreugde en vrede. Die enigste geneesmiddel is om geloof-vol te wees. Om Christus van harte te ken is om in sy vreugde te leef en in sy vrede. Dit is om nuut te dink. Dit is om met medelye tussen ander mense te leef. So 'n deurleefde geloof slaan kommer hok.

Johan Smith | Ek glo daarom wil ek my nie só bekommer nie 11.08.2025

Almal is bekommerd. Dis soms die politiek, of dalk die ekonomie, moenie jou kinders en hulle skoolprogramme weggooi nie. Dan is dit jou persoonlike finansies, of jou gesondheid. Bekommernis is ‘n hindernis en uitdaging vir almal. Jesus het 2 000 jaar gelede al ernstig, reguit en prakties daaroor gepraat. Hy gee raad en het duidelike grense en riglyne wat bekommernis aanbetref. Bekommernis en die h...

Johan Smith | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken 04.08.2025

Om God te ken en van God te weet, is twee verskillende dinge. Deur genade kan ‘n mens werklik in ‘n verhouding met die Here staan en vanuit die genade leef as ‘n nuwe mens. In ‘n verhouding met Jesus maak Hy jou lig en ‘n lieflike geur in hierdie donker wêreld. Soms is die liggie bietjie flou en die “geur” nie so lieflik nie. Ons fokus op 4 dinge.  Dit sal help om God beter te ken, ‘n dieper verho...

Stefan Fourie | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken 04.08.2025

Het jy al gewonder oor jou geloofslewe, en gewonder en self getwyfel of jy dit regtig verstaan en ten volle beleef? Of dalk het jy al gevra, doen ek hierdie Jesuslewe-ding reg? Baie van ons sukkel met ‘n tipe van reddings-teologie en vergeet dat Jesus ons eintlik geroep het tot ‘n verhouding met Hom. Wanneer ek God net wil gebruik sodat ek gered kan word, dan mis ek iets groter van ‘n lewe vol bet...

Colin Smith | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken 04.08.2025

"Om die Here te ken, is die Ewige Lewe”, so sê Jesus in Johannes 17:3. Maar hoe groei ek in hierdie kennis? Hoe groei ek in my verhouding met Hom? Kom ontdek saam vyf maniere waarop ek en jy die Here regtig beter kan leer ken.

Listen to the Kerksondermure (KSM) podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.