Huisgenoot

Huisgenoot Ware Lewensdramas

Ons herleef dié eeu oue tydskrif se dramatiese en ikoniese stories. Ons besoek die karakters, kenners en joernaliste agter die stories.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.netwerk24.com

Author

Huisgenoot

Category

True Crime

Podcast website

www.netwerk24.com

Latest episode

Nov 16, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 10M+ downloads · 4.7+ rating iOS soon

Episodes

Episode 20: Die moord op kankerlyer Debbie Venter 09.11.2023

In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.

Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar suster 06.11.2023

Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.

Episode 18: Huurmoord op Pofadder 26.10.2023

Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.

Episode 17: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleeg 19.10.2023

Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .

Episode 16: Die ‘teregstelling’ van Brett Goldin en Richard Bloom 16.10.2023

Die een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom.

Episode 15: Die tragedie en wonderwerk van ’n longoorplanting 06.10.2023

Nadat een ma se seun dood is, het ’n ander ma se seun sy longe ontvang. Nou deel die twee ma’s hul lief en leed as hegte vriendinne.

Episode 14: Die saak van Jannie Beukes 01.10.2023

Toe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe wat iemand na die ondankbare kan dryf.

Episode 13: Terreur in Palma 21.09.2023

Vroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander.

Episode 12: Die sluipmoord van Anton Lubowski 18.09.2023

Op 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord.

Episode 11: Die Sizzlers-slagting 11.09.2023

Een aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika.

Episode 10: Die raaiselagtige sterftes in ’n Pretoria-spoghuis 04.09.2023

Drie kollegas van ’n bekende eiendomsmaatskappy in Pretoria se lyke is een Apriloggend in 2021 in ’n luukse huis in Menlopark aangetref. Die raaiselagtige omstandighede het mense laat gons oor die oorsaak van hul dood.

Episode 9: Die Sondagverkragter 28.08.2023

Jaco Steyn het tussen 2008 en 2011 ’n skrikbewind in Gauteng en Noordwes gevoer deur meisies te ontvoer en te verkrag.

Episode 8: Die Knysna-brand 21.08.2023

Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.

Episode 7: Die moord op Anni Dewani 14.08.2023

Die beweerde mislukte kaping wat die lewe van die pragtige bruid in Suid-Afrika geëis het, het skokgolwe wêreldwyd laat eggo. Vingers het na haar Britse bruidegom gewys as die meesterbrein agter die moord, maar dit is nooit bewys nie. Wie sou so iets aan die pragtige Anni Dewani wou doen?

Episode 6: Die saak van Retief Liebenberg 07.08.2023

Ná 'n onderonsie by hul huis in Benoni skiet Retief Liebenberg uit selfverdediging sy dogter se kêrel en dié se pa dood.

Episode 5: Die verhaal van Manda Reyneke en Deon Helberg 31.07.2023

Sy was die ouer vrou met ’n obsessie – toe probeer sy die jong rugbyspeler uit die weg ruim.

Episode 4: Die Laingsburg-vloed 24.07.2023

Op 25 Januarie 1981 het vloedwater feitlik die hele Laingsburg in puin gelê.

Episode 3: Die saak van Flippie Venter 17.07.2023

Flippie Venter het die ondenkbare gedoen: hy het sy twee jong kinders met 'n R4-aanvalsgeweer afgemaai.

Episode 2: Die tsoenami in Oos-Asië 10.07.2023

Duisende het gesterf en derduisende lewens is ingrypend verander toe 'n tsoenami op 26 Desember 2004 Thailand getref het.

Episode 1: Die moord op Marike de Klerk 03.07.2023

Kort voor middernag Sondag 2 Desember 2001 stuur Marike de Klerk ’n faks aan ’n vriendin. Dit sou haar laaste boodskap wees . . ,

Listen to the Huisgenoot Ware Lewensdramas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.