Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Author
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 11, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jou Geleentheid om te Groei 25.05.2026 3:11
Send us Fan Mail Romeine 5:3-5 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. Die lewe kan nogal onverwagte kinkels in die pad hê, nè? Net wanneer j...
Een Dag … 24.05.2026 2:55
Send us Fan Mail Romeine 14:11-12 want daar staan geskrywe: So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Sommige dinge is baie duidelik sonde. Jy mag nie moord pleeg nie, dis tog voor die hand liggend, nè? Jy mag nie egbreuk pleeg nie – dis ook logies, maar deesdae ongelukkig nie...
Hou Moed en wees Dapper 23.05.2026 2:59
Send us Fan Mail Deuteronomium 31:6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Hou jy van verandering? Nie? Wel, jy is nie alleen nie. Die waarheid is, dat baie min mense gemaklik is met verandering. Stel jou dié situasie voor. Moses weet hy gaan binneko...
Wanneer Jou Voet Besig is om te Gly 22.05.2026 2:52
Send us Fan Mail Psalm 94:18-19 Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. Die druk wat ons in die lewe ervaar, bekruip ons dikwels geleidelik, onmerkbaar. Jy leef net daarmee saam totdat jy eendag op breekpunt kom. Ek het onlangs met 'n vriend van my in sy sewentigs gesels. Hy het...
Net as Jy dit die Minste Verwag 21.05.2026 3:07
Send us Fan Mail Handelinge 13:4 So is Barnabas en Saulus deur die Heilige Gees uitgestuur. Hulle het na Seleukië toe gegaan en daarvandaan na Siprus toe oorgevaar. Die lewe bestaan hoofsaaklik uit alledaagse en herhalende dinge …. Maar niks is toevallig nie. Eendag, skielik, uit die bloute gebeur daar iets wonderliks waarvan jy self nie die betekenis verstaan nie, totdat jy jare later daarna ter...
Mei Nuusbrief 2 20.05.2026 3:19
Send us Fan Mail Goeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Mei. Indien jy dalk nog gewonder het; die winter is hier! Wat ‘n wonderlike tyd van die jaar is dit nie! Die lang stil koue aande herinner my so baie aan die woorde van N.P. Van Wyk Louw: O Heer, laat hierdie dae heilig word: Laat alles val wat pronk en sieraad was. In 1993...
Volkome Gered 20.05.2026 3:05
Send us Fan Mail Hebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree. Daar is deesdae soveel slegte nuus. Diktators, oorloë, lyding, uitbuiting, misdaad. Dis regtig lelik, nè? So, wat doen ons? Ons kyk noord en ploeter voort op ons eenvoudige manier op soek na ons klein ou kolletjie onder die son. Maar sê-nou daa...
Ja en Amen 19.05.2026 2:40
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 1:20-21 want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ’n volmondige “ja”. Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop “Amen” sê. Hy het ons saam met julle op Christus as fondament geplaas, terwyl God ons ook vir Hom afgesonder het. (NLV) Die lewe is deurmekaar. Jy kan nie daarmee stry nie. Wys my 'n enkele gesin wat...
Word Gemaklik Met … 18.05.2026 3:01
Send us Fan Mail Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Niemand hou daarvan wanneer hulle nie hulle sin kry nie. Niemand nie! Dit begin al op 'n baie jong ouderdom wanneer ‘n kind homself in woede op die grond neergooi en skop en s...
Van Binne Gevul 17.05.2026 2:52
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; In 'n wêreld waar ons almal probeer om iemand te wees, beleef baie van ons 'n knaende gevoel van ‘ek is nie goedg...
Die Weg Na Vreugde 16.05.2026 3:19
Send us Fan Mail Matteus 5:3 Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Dis maklik om te dink dat ons vreugde, ons vervulling en ons tevredenheid, in sukses, in erkenning en in gemak lê. En jy kan maar vir jouself probeer oortuig dat jy gelukkig sal wees, wanneer jy suksesvol en belangrik is; maar dit werk nie so nie. William Randol...
Deelname Nie Prestasie Nie 15.05.2026 2:46
Send us Fan Mail Filippense 1:4-6 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Ek dink dikwels dat dit baie makliker is om...
Om Paniekerig te raak of te Bid 14.05.2026 3:13
Send us Fan Mail Jeremia 32:17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. Die lewe is 'n legkaart waarin dit alte dikwels onmoontlik lyk om al die stukke in te pas. Jy het planne gehad. Dit was goeie planne. Ja, baie goeie planne. Toe … loop dinge skeef! Dinge neem onverklaarbaar 'n duister wending. Jy was seker ook al in so ‘n s...
Aanbidding is Meer As ‘n Lied 13.05.2026 2:46
Send us Fan Mail Jesaja 29:13,14 So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My. Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af. En hulle aanbidding bestaan uit niks meer nie as menslike opdragte en tradisies. Daarom gaan Ek wonders doen onder hierdie mense. Ek wys hulle hoe dwaas menslike wysheid is en hoe die briljantste mense niks begryp nie.” (NLV) Het jy al ooi...
Vind Jou Plekkie in die Son 12.05.2026 2:58
Send us Fan Mail Matteus 4:2-4 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Van kleins af probeer ons elkeen ons ple...
Elke Knie Sal Buig 11.05.2026 2:43
Send us Fan Mail Filippense 2:8-11 En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! Daarom het God Hom ook tot die hoogste posisie verhoog en aan Hom die Naam gegee wat belangriker is as elke ander naam. Só sal by die noem van Jesus se heerlike Naam elke knie in die hemel en op die aarde en onder die aarde buig, e...
Liefde Ten Spyte Van 10.05.2026 3:16
Send us Fan Mail Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. George Clark, was 'n 19de-eeuse gewoontemisdadiger en baas van een van Londen se gewelddadigste straatbendes. Verhard deur armoede en misdaad, het hy jare in en uit die tronk deurgebring. Tydens een van die kere in die tronk, het ‘n kapelaan vir Clark 'n B...
Omring Deur Hoenders 09.05.2026 2:42
Send us Fan Mail Galasiërs 6:2-3 Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. Party mense kan so ongelooflik frustrerend wees, nè? Hoekom kan hulle nie my standpunt insien nie? Hoekom verstaan hulle dit nie? Wat is fout met hulle? Ek wil jou sê dat as jy só aanhou, jy 'n bitter en verwronge...
Moenie Populêre Leuens Glo Nie 08.05.2026 2:53
Send us Fan Mail Johannes 8:31-32 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” As daar een ding is wat die geskiedenis ons geleer het, is dit dat, net omdat iets deur die meerderheid mense aanvaar word, dit nie beteken dat dit waar of reg is nie. Al glo die massa &apo...
Bitter of Beter 07.05.2026 3:22
Send us Fan Mail 2 Timoteus 1:7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Dit voel so vreeslik onregverdig wanneer slegte dinge onverwags met jou gebeur, nè? Iets gebeur met jou, iets wat regtig seermaak, en jy dink by jouself: Wat is besig om te gebeur... Hoekom gebeur dit met my ? Het daardie laaste keer wat iets slegs...
Mei Nuusbrief 1 06.05.2026 3:51
Send us Fan Mail Goeiemôre aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Mei. Sit jou pantoffels diep onder jou bed, sodat wanneer jy opstaan, jy op jou knieë moet gaan om hulle te kry – en terwyl jy daar is, sê dankie". Denzel Washington. Dit is altyd so lekker om met jou te gesels. Dankie dat jy deel van ons VARS -gemeenskap is. Jou ondersteuning...
Jou Volgende Skuif is Belangriker 06.05.2026 2:53
Send us Fan Mail Jesaja 1:18 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. Skuldgevoelens oor dinge in ons verlede het 'n geneigdheid om ons perspektief op die toekoms te belemmer. Baie lewens is al deur ongehanteerde skuldgevoelens verwoes. Klink dit beken...
Bly Liewer Stil 05.05.2026 3:02
Send us Fan Mail Spreuke 15:4 Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. As ons maar net die gemene dinge wat ons oor die jare gesê het, kon terugtrek en dit kon vervang met woorde van vriendelikheid en begrip... Dink daaroor na. Hoe anders sou sommige van jou verhoudings, selfs jou lewe, gewees het as jy nie party van daardie dinge gesê het nie? Ons het dit almal gedoen. Ons i...
Die Waarde van Jou Siel 04.05.2026 2:51
Send us Fan Mail Johannes 10:10-11 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Het jy al ooit minderwaardig gevoel wanneer jy rondkyk na die uitstaande prestasies wat ander mense bereik het en dit vergelyk met jou eie ellendige, niksseggende bestaan? Miskien is di...
God is Aan Jou Kant 03.05.2026 2:58
Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 3:2-3 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die Bose bewaar. Die wêreld is deesdae skerp verdeeld tussen outoritêre regimes aan die een kant, en sogenaamde liberale demokrasieë aan die ander kant. Tog is daar 'n groterwordende grys area in die middel,...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.