Klank Kompas
Ek en God
Ontdek 'n transformerende reis van selfontdekking en geestelike groei terwyl jy God beter leer ken. Elke episode bied inspirerende gesprekke, praktiese wenke en persoonlike getuienisse om jou geloofsreis te verdiep.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Die meisie met 'n geheim 18.12.2025 7:10
In hierdie vertelling hoor ons van die eerste Kersfees soos beleef deur Maria - nie as ’n veraf Bybelverhaal nie, maar deur ’n jong meisie se herinnering aan stofpaaie en ’n ja-woord wat alles verander het. Sy vertel van vrees en vertroue, van ’n lang reis na Bethlehem, van ’n stal waarin die hemel aarde toe gekom het, en van ’n Kind wat klein genoeg was om vasgehou te word - maar groot genoeg om...
Stille Nag - Lied van vrede 18.12.2025 8:32
In hierdie vertelling neem ons jou terug na ’n sneeubedekte dorpie in Oostenryk, waar ’n priester en ’n skrynwerker met net ’n gedig en ’n kitaar ’n lied skep wat die wêreld sou verander. Die verhaal beweeg verder na die loopgrawe van 1914, waar dieselfde lied - oor niemandsland gesing - ’n oorlog vir ’n paar heilige oomblikke laat ophou het. Skrywer: Nadia Muller Voorleser en musiek: DJ Muller
Ep. 16 - The Long Haul of Faith: Dr. Rowan Williams on Vocation and Prayer 30.10.2024 34:25
In this special episode, I sat down with about 9 other people, including Dr. Rowan Williams after a full day of exploring “Faith Formation within the Church for the Life of the World” at the Andrew Murray Centre. Following the main event, Marnus Havenga and Dr. Williams engaged in a very interesting conversation on vocation, calling, and the lifelong journey of faith. Reflecting on the Eucharist a...
Ep. 15 - Die onmoontlike "geluk" - Prof Anton van Niekerk 09.10.2024 34:22
“Goue tafels, goue stoele en goue vloere kan seker soms geluk beteken, maar nie ’n goue dogtertjie nie.” Só reflekteer prof. Anton van Niekerk oor koning Midas se obsessie met geluk en goud, tot op die dag dat Marygold, sy dogtertjie, ook in goud verander. Prof. Anton het tydens die ringsitting van die Ring van die Paarl op 9 Oktober 2024 gepraat oor die ware betekenis van geluk. “Dit was een van...
Ep. 14 - Ouerskap: Lééf in besig wees 11.06.2024 21:51
Ouers is superhelde. Hulle kan nie net "multiTASK" nie, maar is sommer ook iets in die lyn van "multiBEINGS". In die loop van 'n dag moet ouers polisiekonstabel, dokter, prokureur, regter, pastoor, finansiële adviseur en onderwyser wees. Realiteit: ouers het konstant 'n hoed op en is iets vir iemand. So min het hul geleentheid om sommer net hulself te wees. Hierdie konstante inspanning is uitputte...
Ep. 13 - Om gelowig kwaad te wees 11.03.2024 24:36
Twee vroue vertel oor hul ervarings van kwaad wees - één oor ’n ontvoering, en die ander een oor ’n gewapende roof. Esté Gross is ’n rubriekskrywer, sangeres en omroeper by PretoriaFM en bied die middag nuus- en aktualiteitsprogram IMPAK aan. Mariëtte Theart is mede-eienaar van MaWees - 'n platform met praktiese produkte en hulpbronne spesifiek vir ma’s. Ons praat oor KWAAD WEES en hoe dit in ons...
Ep. 12 - Jesus met vel aan ("Ministry of Presence") 26.02.2024 24:55
In hierdie episode praat DJ Muller met twee passievolle kenners oor "Ministry of Presence". Ons kyk na die waarde daarvan om by iemand teenwoordig te wees met jou lyf en hoe dit elke mens se roeping is om dit te doen. Ronell Bezuidenhout is 'n predikant met 'n passie vir teologie en die vroegste eeue se kerkgeskiedenis. Haar beroepspaadjie het haar van Port Elizabeth tot Groot Brak-rivier gelei, w...
Ep. 11 - From Stats to Stories: Revolutionizing Nonprofit Communication (Rain Bennett) 13.02.2024 31:29
South Africa is one of the countries with the most NPO’s, against the backdrop of terrible social-economic decay… For very long the only way NPO’s approached raising awareness for the organisation, and getting funding, was through trying to impress with statistics, milestones and presentations. Today, we're diving into the heart of storytelling and its transformative impact on the world of nonprof...
Ep. 10 - Renosters en Rituele: Hoe ver is ons van uitsterwing? (dr. Braam Hanekom) 06.02.2024 22:23
Renosters is vir seker aan die uitsterf, en almal is daarvan bewus. Maar is daar dalk nóg iets wat aan die uitsterf is waarvan ons te min kennis neem? In hierdie episode ondersoek ons die rol van rituele en simbole in die samelewing met dr. Braam Hanekom. Ons kyk na die invloed van simbole en rituele in die antieke tyd en vra of moderne samelewings dalk hiervan weg beweeg het. Braam deel sy perspe...
Ep. 9 - Om te sterf voor jou dood (dr. Johan Pienaar) 23.01.2024 23:08
Sommige mense gaan dood voor hul sterfdatum… ’n Mens se pad kruis gereeld met iemand wat nog lewe, maar tog in hul binneste eintlik al begin sterf het... iemand wat hul lus vir die lewe heeltemal verloor het. Dit is iemand wat maar net in die lewe dryf, soos ’n houtstomp in ’n rivier. Hoekom is dit so, en hoe moet ons waak daarteen om hierdie punt te bereik? Om ons hiermee te help, gesels ons met...
Ep. 8 - Brugleraars - "'n Watse ding?" 02.01.2024 23:12
Ons hoor gereeld dat daar verwys word na dominees, predikant of leraars, maar "brugleraars" is 'n konsep wat selfde in gesprekke opkom. Brugleraars speel 'n besondere rol in gemeentes en het al in diens van God, tot baie gemeentes se redding gekom. Ds. André Agenbag is betrokke by Gemeentebegeleiding op Stellenbosch, en hy vertel ons meer oor wat 'n brugleraar is, wat hulle doen en hoekom dit bela...
Ep. 7 - Openbaring: Moet ek feesvier of naels kou? 19.12.2023 23:37
Ons gesels in hierdie episode met Ds. Ben Blom van Gansbaai. Hy was amper sy hele bediening in Belfast 'n predikant, en het 'n besondere kennis en passie vir die boek Openbaring. Hy help ons bietjie om te dink oor die vraag of die inhoud van Openbaring ons moet laat feesvier, en of dit ons eerder moet laat naels kou.
Ep. 6 - Kersboodskap: Josef, Maria en Jesus vertel... (LUISTERDRAMA) 12.12.2023 10:12
Josef, Maria en Jesus vertel van hul ervaringe rondom Sy geboorte. Die lastige Romeine en hul ontydige sensus, het Josef warm onder die kraag. Maria is moeg, maar pak met moed die reis Betlehem toe aan, met Josef aan haar sy. Jesus vertel van die geskenk wat Hom die meeste opgewonde maak... Opgevoer deur: DJ Muller - Josef Wilmi Wheeler - Maria Lylah Muller (8) - Jesus Vervaardiging en musiek: DJ...
Ep. 5 - Bediening en Uitbranding 12.12.2023 40:20
Ons gesels met ds. Melanie Thirion, dr. Siegfried Louw en dr. George Roux. Ds. Melanie maak haar hart oop oor haar ervaring met uitbranding in die bediening en dr. Siegfried help ons hierna kyk deur die bril van spiritualiteit. Dr. George Roux is 'n sielkundige met, onder andere, 'n passie vir pastorale sorg en terapie. Hy reflekteer in hierdie episode op die dieper dinamika van uitbranding en sel...
Ep. 4 - 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders 05.12.2023 42:30
In hierdie episode gesels Ronelda Visser met Merrishia Singh Naicker, Bianca Truter Botha & Eugene Malan oor geslagsgebaseerde geweld. Ons gesels oor die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders. Merrishia is 'n verhoudingsterapeut, VGK predikant en koördineerder van die Faith Action Collective. Bianca en Eugene is albei betrokke by Kaapkerk se Taakspan vir Gendergeregtigheid. Ha...
Ep. 3 - Alzheimers en Demensie: Hoe help ek my familielid? (Madelein Duvenhage) 28.11.2023 19:25
Indien jy iemand in jou familie het wat aan Alzheimers of Dementia ly, is hierdie episode net vir jou. Ons gesels ons met Madelein Duvenhage van ADASA oor hoe mens iemand moet hanteer wat aan hierdie siektes ly. Ons vra onder andere of mens 'n Dementie/Alzheimer-lyer se verwronge realiteit moet aanspreek/reghelp, en of ons eerder moet saamspeel. Ons kyk ook na die rol wat geloof speel vir persone...
Ep. 2 - Psalms: 'n Immergroen Reisgenoot (Dr. Nico Viljoen) 21.11.2023 16:10
Ons gesels met Dr. Nico Viljoen van Wellington. Hy is ’n leraar by Wellington Moederkerk. Sy liefde vir die Psalms is merkwaardig, en in ons gesprek met hom, kyk ons na hoekom Psalms gesien kan word as ’n Immergroen Reisgenoot, en hoe die Psalms ons kan help om die mistiekheid van God te beleef. Hy verwys onder andere na: Leesrooster: https://lectionary.library.vanderbilt.edu BibleHub: https://bib...
Ep. 1 - Kaapkerk Podcast Inleiding 15.11.2023 15:54
Die Kommunikasie Span van Kaapkerk, Ronelda, Wilmi en DJ, vertel in die breë oor Kaapkerk en die rol van die Kommunikasie Span binne die sinode. Hierdie episode is 'n "pilot" vir die Kaapkerk Podcast. Ons sien uit na nog hope podcasts wat stories vertel, inligting bied en inspireer. Deel gerus jou kommentaar/stories met ons by inhoud@kaapkerk.co.za
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.