Olielamp Potgooi
Die Olielamp Potgooi
Die Olielamp Potgooi is 'n potgooi om die woord van God te verprei en mense meer te leer oor wie God is en Sy liefde vir ons.
Author
Olielamp Potgooi
Category
Podcast website
Latest episode
May 2, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
EP21 - “Hulle sal maar grootword…” – Die Versuim van Christelike Ouerskap 02.05.2026 40:41
Met Mr. Herman van der Linden In ’n tyd waar seksuele losbandigheid, drankmisbruik en rebellie onder jongmense normaal geword het, is die stem van ouers dikwels sag of afwesig. Hierdie episode neem ’n eerlike blik op ’n uiters belangrike onderwerp: die verantwoordelikheid van Christelike ouers om hulle kinders in die vrese van die Here groot te maak. Ons ondersoek die verskoning: “Ek was ook jonk,...
EP20 - Die roeping van die vrou in die kerk 04.04.2026 23:30
Met Annemarie Van Rensburg Abstrak: Wat is die plek en roeping van die vrou in die kerk van Christus? In hierdie episode gesels ons oor Bybelse riglyne, kerkgemeenskap wees, en die belangrike - maar dikwels ongesiene - rol wat vroue in die gemeente speel. Ons ondersoek ook hoe verskillende tradisies hierdie rol benader, en hoe vroue hul gawes tot diens van die liggaam van Christus kan aanwend.
EP19 - GKSA Sinode 2026 en Vroue in die Amp: Besluit, Reaksies en Gevolge 07.03.2026 37:30
Met: Ds. Erik van Alten Die GKSA se Algemene Sinode (5 –10 Januarie 2026) het ’n duidelike besluit geneem oor gemeentes wat vroue in die besondere dienste (ouderling en predikant) toelaat. Die Sinode stel dat die nie-onderhouding van sinodebesluite oor VIDA (vrou in die amp) neerkom op self-losmaking van die kerkverband , omdat kerklike binding (KO art. 31) daarmee in gedrang kom. Gemeentes wat v...
EP18 - VGKSA & GKSA 07.02.2026 34:44
Met: Ds. Erik van Alten In hierdie gesprek gesels ons met ds. Erik van Alten oor die samewerking tussen die Vrye Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (VGKSA) en die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA). Ons delf in die geskiedenis van die samesprekings, die verskille wat deur die jare op die tafel was, en hoe plaaslike gemeentes by die proses betrokke is. Ons vra ook: waar lê die uitdagings,...
EP17 - Die Huwelik 06.12.2025 32:16
Ds. Marnix Boersema Die huwelik is meer as net ’n romantiese verbintenis – dit is ’n Godgegewe verbond wat Christus en die kerk weerspieël. In hierdie episode kyk ons na die doel, uitdagings en vreugdes van Bybelse huwelike.
EP16: Die Lig van Waarheid – Christelike Onderwys en Geloofsvorming 02.11.2025 28:10
Met Mev. Saskia Meijer Skole vorm wêreldbeskouings. Christelike onderwys wil méér as net akademie aanbied – dit wil harte vorm. In hierdie episode bespreek ons die doel, uitdagings en roeping van Christelike onderwys in ’n pluralistiese samelewing.
EP15: Lig in ’n Verwarde Wêreld – Die Christelike Antwoord op Transgender Ideologie 04.10.2025 30:59
Met:Prof. Henk Stoker In ’n wêreld waar geslag nie meer as biologies vasgestel beskou word nie, word Christene toenemend gekonfronteer met vrae oor identiteit, waarheid en liefde. Hierdie episode van Die Olielamp ondersoek die opkoms van transgender-ideologieë en hoe Christene daarop moet reageer – nie net met Bybelse waarheid nie, maar ook met deernis. Ons gesels oor hoe die Skrif oor geslag praa...
EP14: Die Kerkgeskiedenis van die Vrye Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika 06.09.2025 24:48
Met: Erik van Alten Hoe het die Vrye Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika ontstaan en oor die jare ontwikkel? Ds. Erik van Alten vertel die geskiedenis van die VGKSA: van sy stigting tot sy groei binne die Suid-Afrikaanse konteks. Ons kyk na die kerk se oorspronklike visie, uitdagings oor die dekades, en hoe sy teologiese standpunte aangepas en gevestig is.
EP13: Die Reformasie – Deel 2 (1500–1700 n.C.) 02.08.2025 12:32
Met Karina Ijlst In die tweede deel van ons gesprek oor die Reformasie fokus ons op die verspreiding van die beweging deur Europa, die rol van konings en politieke magte, en kerklike teenreaksies. Karina Ijlst help ons verstaan hoe die Hervorming verskillende lande beïnvloed het en hoe die Rooms-Katolieke Kerk teruggeveg het met die Teen-Reformasie. Ons kyk ook na watter diepgaande gevolge hierdie...
EP12: Die Reformasie – Deel 1 (1500–1700 n.C.) 05.07.2025 11:44
Met Karina Ijlst In hierdie eerste deel van ons gesprek oor die Reformasie delf ons saam met Karina Ijlst in die beginjare van een van die mees invloedryke bewegings in die geskiedenis van die kerk. Ons kyk na die oorsake van die Reformasie, die dapper optrede van Martin Luther, en hoe figure soos Calvyn en Zwingli ’n nuwe teologiese rigting gegee het aan ’n kerk in nood. Ons ondersoek hoe leerste...
EP11: Die Kerk van 1000-1500 nC 07.06.2025 14:12
Uitdagings en veranderinge is kenmerke van dié tyd vir die kerk. Karina Ijlst verduidelik hoe die skeuring tussen die Oosterse en Westerse kerk ontstaan het, watter invloed die kruistogte gehad het, en hoe die pousdom Europa se politiek beïnvloed het. Ons kyk ook na hoe die Renaissance die Christelike denke geraak het en hoe hierdie tydperk die weg gebaan het vir die Protestantse Hervorming.
EP10: Meneer en Mevrou Dominee 03.05.2025 19:53
In hierdie hartlike en eerlike episode van Die Olielamp gesels ons met Ds. Johan Bruintjes oor die unieke dinamiek van ‘n dominee en sy gade in ‘n gemeentelike lewe. Ons kry ’n kykie agter die skerms van die pastorie en ontdek hoe “meneer en mevrou dominee” saam dien, ondersteun, lei en soms eenvoudig net luister. Ons gesels oor die belang van ’n vaste herder in die gemeente, die rol van die domin...
EP09 - Die Vrou se taak in die Huwelik 05.04.2025 18:35
In hierdie episode van Die Olielamp gesels ons met Alike Bijker oor die Bybelse rol van die vrou in die huwelik. In ’n wêreld waar huweliksverhoudings dikwels deur sekulêre idees beïnvloed word, keer ons terug na die Skrif om te verstaan wat God se bedoeling vir die vrou se roeping as vrou en helper is. Ons ondersoek hoe vroue met liefde en respek hul mans kan ondersteun, en hoe onderdanigheid – s...
EP08: Die Kerk van 500-1000 n.C 01.03.2025 8:50
Hoe het die kerk na die val van die Romeinse Ryk oorleef en uitgebrei? Ds. Pieter Boon help ons om hierdie tydperk beter te verstaan. Ons bespreek die monastieke bewegings, die invloed van Islam, en hoe sendingwerk die Christendom in Europa gevestig het. Daarna kyk ons ook na belangrike teologiese ontwikkelinge van hierdie eeu
EP07 - Die Kerk van 30-500 n.C. 01.02.2025 13:20
In hierdie episode van Die Olielamp gesels ons met Ds. Pieter Boon oor die eerste vyf eeue van die Christelike kerk. Ons ondersoek hoe die vroeë gelowiges Romeinse vervolging oorleef het, die invloed van Konstantyn se bekering, en die rol van kerkleiers soos Augustinus. Verder kyk ons na die groot leerstellige kwessies wat die kerk se teologiese rigting gevorm het.
EP06 - Die man se taak in die kerk 04.01.2025 20:25
In hierdie episode van Die Olielamp fokus ons op die belangrike rol wat mans in die kerk speel. Ons bespreek hoe die Bybel mans rig om dienende leiers in die gemeente te wees, en hoe hulle hul unieke gawes kan gebruik om God se koninkryk te bou. Ons kyk na praktiese maniere waarop mans hul gesin en kerkverantwoordelikhede kan balanseer, en die impak wat geestelike leierskap op die breër geloofsgem...
EP05 - Die Man se taak in die Huwelik 07.12.2024 20:43
In hierdie episode van Die Olielamp ondersoek ons die Bybelse riglyne vir die rol van die man in die huwelik. Ons bespreek hoe die Skrif ons leer om as man ’n leiersposisie in te neem wat nie oorheers nie, maar gekenmerk word deur diensbaarheid en liefde. Ons praat met Coen Fourie oor hierdie belangrike onderwerp en vra hoe mans prakties hul Godgegewe rol kan uitleef. Ons sluit af met ’n kykie na...
EP04 - Straat Evangelisasie 02.11.2024 18:30
In vandag se episode gesels ons met Oom Jaco de Beer, ’n toegewyde straat evangelis wat sy hart en passie vir die verspreiding van die Evangelie met ons deel. Ons ondersoek hoekom straat evangelisasie so belangrik is in vandag se tyd, hoe om dit met selfvertroue en deernis aan te pak, en luister na waardevolle wenke van iemand wat eerstehandse ervaring het. Skakels vir die Evangeliesasie Videos:...
EP03 - Gebed 05.10.2024 19:59
In hierdie episode gesels ons met Ds. Jonker Venter oor die tema van gebed. Ons bespreek verskeie vrae soos hoekom ons bid, hoe om te bid, en meer. Hierdie episode kan ons help om ons persoonlike verhouding met God te verdiep deur te leer bid soos Jesus ons self geleer het.
EP02 - Christelike Leierskap 07.09.2024 16:00
In hierdie episode van Die Olielamp Potgooi bespreek ek, Cornèl Meyer, saam met ons spesiale gas, Ds. Erik van Alten, die kern van Christelike leierskap. Ons delf diep in wat dit beteken om ’n leier te wees wat gegrond is in Christelike waardes en hoe ons hierdie beginsels in ons alledaagse lewens en gemeenskappe kan toepas. Sluit by ons aan in hierdie gesprek en ontdek hoe ware leierskap dienend...
EP01 - Wie is die Olielamp Potgooi 03.08.2024 8:31
Welkom by die Olielamp se potgooi kanaal! Ons nooi julle hartlik uit om saam met ons oor die geloof te praat en leer. Skakel elke Saterdag in om nie 'n epesode te mis nie. Indien jy enige vrae of onderwerp voorstelle het of self graag saam met ons praat op die podgooi, stuur gerus 'n epos na: olielamp.podcast@gmail.com
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.