Neville Neveling
Die Groot Herstel
Die Internasionale Pandemie verander die hele wereld in rekord tyd. Die mensdom is verskrik en leef in vrees en bewing. Nou meer as ooit soek die mensdom na antwoorde. 'n Honderd en Sestig Miljoen hits op google as jy die woordtjie "Prophecy" insleutel. Is daar antwoorde in die Bybel? Wat hou die toekoms in? Saam met Lr Neville Neveling gaan ons op 'n reis na antwoorde in die Groot Herstel, die Toekoms Geopenbaar.
Author
Neville Neveling
Category
Podcast website
Latest episode
May 29, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Jesus Ons Koning Regeer 29.05.2026 55:11
Ons gaan maaltyd hou met die beste en wonderlikste mense van al die eeue. Dink daaroor! God se geloofshelde waarvan ons gelees het, almal daar. Jy werk dalk in jou tuin en iemand stap verby – kan dit wees …. Adam is dit jy? “Ja, dis ek. Jy het mooi mielies in jou tuin.” Wil jy graag daarvan hê Adam? Adam kom nader en julle gesels en deel die vreugdes wat Jesus moontlik gemaak het. En dan eendag on...
Jesus Nooi Jou om Hom te Volg 22.05.2026 41:21
Wou jy ooit oor begin in die lewe? Die Bybel vertel ons hoe ‘n nuwe begin gemaak kan word. In hierdie studie kyk ons na die nuwe lewe – ‘n vars nuwe begin wat beskikbaar is deur Jesus. Jesus se Doop Jesus het van Galilea af na die Jordaan rivier gegaan om deur Johannes gedoop te word. Maar Johannes het gehuiwer, wetend dat hy onwaardig is. Jesus antwoord hom: “Laat dit nou toe, want só pas dit ons...
Jesus se Bruid Gereed 15.05.2026 54:24
In Openbaring praat God van ‘n draak wat oorlog voer teen die nakomelinge omdat hulle hulself met God verbind het. Ons weet God is die oorwinnaar in die stryd teen die draak. Die vraag is dan hoe herken ons die nakomelinge wat aan God verbind is? Openbaring vertel ons van die oorblyfsel volk wat die gebooie sal bewaar en die getuienis van Jesus hou. Wat beteken dit om die gebooie van God te bewaar...
Jesus se Laaste Oproep 08.05.2026 1:03:34
Openbaring illustreer twee verskillende vroue om twee verskillende godsdienstige stelsels te beskryf – een wat Jesus volg en een wat van Jesus geskei is. In Openbaring 12, is daar ‘n treffende simbool van ‘n vrou in wit geklee. In profesie simboliseer ‘n rein vrou die bruid van Christus of die ware kerk (sien Jeremia 6:2 and Effesiërs 5). God vergelyk Sy kerk met ‘n pragtige, rein vrou wat getrou...
Jesus Waarborg Jou Veiligheid 01.05.2026 1:08:54
Wat is die misterieuse Merkteken van die Dier? Wie is die dier van Openbaring? Is dit simbolies? En wat beteken die 666 regtig? Die goeie nuus is dat Bybel profesie duidelike antwoorde bied op die belangrike vrae. Jy sal baie noukeurig wil oplet wanneer ons in die aanbieding kyk na die Merkteken van die Dier. In Openbaring 13, skryf Johannes dat daar twee groepe mense op aarde lewe wanneer Jesus w...
Jesus se Spesiale Tyd vir Jou 24.04.2026 58:22
Openbaring 20 vertel ons dat die regverdiges na die wederkoms vir 1000 jaar saam met Christus sal leef en regeer. Tydens die 1000 jaar – die millenium – sal die boeke geopen word. Die regverdiges sal na elke persoon se rekord kyk en weet dat die liefde en geregtigheid van God altyd die maatstaf was wat gebruik is om die onregverdiges se lot te bepaal. Ons sal selfs die rekord van die duiwel en sy...
Jesus Ons Koning Kom 17.04.2026 59:28
Voel dit ook vir jou soms of die hele wêreld net buite beheer is? Het jy al ooit gedink dit moet die einde van die wêreld wees? Die goeie nuus is dat te midde van al die chaos jy seker kan wees dat God ‘n persoonlike reddingsplan vir jou het. Die plan is die wederkoms van Christus! Hoekom moet ons weet hoe die wederkoms van Jesus sal plaasvind? Nagenoeg 2000 jaar gelede is die mense van Jerusalem...
Jesus die Bron van die Lewe 10.04.2026 1:05:34
Het jy al die verlies van ‘n geliefde ervaar? Het jy al ooit die vraag gevra – wat gebeur as ek doodgaan? Ons hoor dikwels stories van mense van doodservaringe gehad het; hulle sien skerp lig, visioene van die hemel en ondervind selfs buite liggaamlike ervaringe. Daar is so baie kontroversie betreffende die onderwerp. Mense – Christene en nie-Christene - glo verskeie moontlikhede. Sommige glo na j...
Jesus Wil Jou Bewaar 27.03.2026 57:34
In Eksodus 20:8-11, stel die Bybel dit duidelik dat “die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.” Hoekom rus en aanbid soveel mense dan op verskillende dae van die week? Wanner is dit dan Sabbat? Saterdag of Sondag? Is dit moontlik dat die Christelike kerk menslike tradisiegaan toelaat om God se woord te oorskadu? En maak dit werklik saak watter dag die ware aanbiddingsdag is en watter dag...
Jesus se seël 20.03.2026 1:08:38
Het jy al ooit gewonder hoekom mense ‘n seël op ‘n brief of dokument sal plaas? Wat beteken dit? ‘n Seël bevat die naam, titel en gebied van die eienaar van die seël en dra die gesag en eienaarskap van die eienaar oor aan die ontvanger van die boodskap. In antieke tye, was was seëls dikwels op kontrakte en verdrae gebruik as identifiserende merke van gesag en outoriteit. Het jy geweet God gebruik...
Jesus gee om 06.03.2026 1:03:46
Wil jy graag vrygeskeld word van dit wat jy verkeerd gedoen het? Soek jy na vrede in plaas van angstigheid en vrees? Jy is nie alleen nie. In die aflewering kyk ons na wat God oor die einde van tyd sê. Jy sal jou vrese kan afskud en nuwe hoop vind want Jesus Gee vir jou Om! God stuur dikwels boodskappe voor rampe op ons afkom. Geinspireer deur God het Noag die boodskap verkondig dat daar ‘n wêreld...
Jesus jou Beskermer 27.02.2026 40:22
Dit was daar op die Olyfberg waar Jesus aan Sy dissipels vertel het van die tekens waarna hulle net voor Sy wederkoms moet oplet. Die Bybel profesie wat Jesus vir hulle gegee het verskaf aan ons ‘n duidelike roetekaart sodat ons kan weet of Christus se koms naby is. In die natuurlike wêreld sal daar ‘n toename in rampe en siektes wees. “En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en...
Jesus is in Beheer 20.02.2026 44:21
Het die onstuimige gebeure van hierdie wêreld jou al ooit laat wonder of daar enigsins ‘n toekoms vir jou of jou kinders en kleinkinders is? Gelukkig het God dit goed gedink dat ons nie in het om in die donker rond te tas nie. In een van die merkwaardigste profesieë in die Bybel vertel God ons van die totstandkoming en val van magtige wêreldryke. Hierdie profesie is reeds sowat 2500 jaar gelede ge...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.