Audrey Nolte Painter

AudreyStories

Arts EN ↓ 78 episodes

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Cuba, Serbia, South Africa, Bosnia, Mexico, Peru, China, India, Burma and more. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 41 countries. Some of the stor...

Author

Audrey Nolte Painter

Category

Arts

Podcast website

www.audreynolte.com

Latest episode

Dec 16, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kanada Immigrasie 29. Ek trek terug SA toe! Nee, moenie! 95% van terug-trekkers trek weer uit SA. 02.01.2020

Send a text Immigrasie is swaar. Baie immigrante besluit om terug te gaan SA toe. MOENIE. 95% van "terug-trekkers" trek weer terug Kanada/Australië ens. toe. Soms trek mense terug omdat hulle ouers soveel druk op hulle plaas. Ouers sê: "Ons kan nie sonder jou lewe nie. Jy het ons enigste kleinkinders uit die land geneem. Ons is oud, ons verlang te veel ...". Nee. Dis verkeerd....

Kanada Immigrasie 28. VERNIET geld in Kanada. Canada Pension Plan, Old Age Pension, EI, geld per kind. 01.01.2020

Send a text Kanada gee op 65 vir almal "old-age-pension" (tot $660 p/m) en dan ook Canada Pension van tot $1000 per maand. As jou werk jou afdank, of jy te siek word om te werk, skop jou EI in. Dis 'n versekering wat almal wat werk betaal per maand, sodat jy nie geldloos sal sukkel terwyl jy nie werk nie. Kanada betaal jou ook vir elke kind. Die maksimum is $533 per kind p/m vir kin...

Kanada Immigrasie 27. Verniet geld per kind. Tot $533 per kind per maand (onder 6). Tot $450 van 6-17. 31.12.2019

Send a text Verniet geld vir kinders klink te goed om waar te wees. Maar, dis een van die wonderlike voordele van Kanada. Die geld se naam is "Child and Family Benefits". Dit word bereken volgens jou inkomste en werk op 'n glyskaal. Wat is die voorwaardes hiervan? Jy moet "Permanent Resident" status hê, jy moet in Kanada woon, en jou kind of kinders moet by jou woon. Daarn...

Kanada Immigrasie 26. Kanada vs Suid-Afrika. Goud, krag, lewensverwagting, inkomste, water. Hoe vergelyk die 2 lande? 31.12.2019

Send a text Ek maak 'n raai-raai speletjie van Statistiek -- oor Kanada en Suid-Afrika -- eerder as om dit soos 'n lesing vol nuttelose nommers te laat klink. Natuurlik moet mens nogal sug oor alle statistiek, want dis mos net 'n "so-so nommer" -- wat baie faktore buite rekening laat. Maar, ek dink as mens dit oorweeg om Kanada toe te trek, daar wel baie waarde sit in hier...

Kanada Immigrasie 25. Aanpassing. Help! Ek wil huis toe gaan! 28.12.2019

Send a text Aanpassing in enige nuwe land begin maklik en as 'n groot avontuur. Die hele konsep van immigrasie is 'te groot' en die brein dink aan trek as 'n heerlike vakansie. Dan -- skielik -- asof 'n kristalglas in 'n duisend stukkies breek, tref die werklikheid jou op 'n Gewone Woensdag. Skielik sit jy in Piet Verdriet straat en jy roep: "Ek wil huis toe...

Kanada Immigrasie 24. LAERSKOOL Deel 2. Liberale Land: Hoe lyk 'n gewone dag in 'n laerskool? 13.11.2019

Send a text LAERSKOOL (Deel 2). Wat is anders hier? Waaraan moe ouers aandag gee. Doen meer gewone wiskunde met jou kind. Onderrig in Laerskole in Kanada is goed, maar heel heel anders. Waaraan moet jy dink? Gevare? Support the show

Kanada Immigrasie 23. LAERSKOOL (Deel 1) Opset en algemene inligting. 12.11.2019

Send a text Laerskole (1). Algemene wenke. Wat is jou rol? Daar is bv. 'n Gr 2/3 "split" waar graad 2's en 3's 'n juffrou deel. Dit was vir my sleg, maar dis 'n gewoonte in Kanada. Daar is baie laerskole, elkeen met MIN kinders in. Die wet sê daar moet 'n laerskool naby genoeg wees dat kinders kan stap. Support the show

Kanada Immigrasie 20. KLEIN DORPIES. Deel 1. Moenie na 'n piepklein plekkie toe trek nie. 10.11.2019

Send a text Episode 20. Klein dorpies - Deel 1. Moenie in 'n piepklein dorpie in Kanada kom werk en woon nie. Dis te swaar. Heel noord in Kanada is nag. Wat dink ek is verkeerd aan 'n klein plekkie in Kanada? Hoekom is klein dorpies hier so moeilik vir Suid-Afrikaners? En dit gaan oor baie meer as die koue. Support the show

Kanada Immigrasie 21.KLEIN DORPIES. Deel 2. Wat's fout daar? 10.11.2019

Send a text Episode 21. KLEIN DORPIES -- Deel 2. Ek wens ek kon net mooi goed oor Kanada skryf. As ek dadelik uit SA hier naby Vancouver kom woon het, sou ek nie hierdie dele oor klein dorpies geskryf het nie. Maar my "tyd in koue klein-dorp-Kanada dwing my om vandag braaf genoeg te wees en jou te waarsku. Dis te swaar. Probeer ander werk kry -- of maak nou al plan om na 4 jaar weg te trek da...

Kanada Immigrasie 19. SNEEU. Mooi? Nee. Aaklig. Goor. 'n Pyn 10.11.2019

Send a text Sneeu is net mooi op bergpieke, Kerskaartjies, foto's en op 'n ski-hill as jy self ski. Die waarheid oor sneeu, vir mense uit warm lande. Sneeu word vuil van die sand en klip wat die sneeuploeg strooi oor strate. Selfs die Kanadese haat sneeu, omdat mooi sneeu gou-gou harde ys word en dan oral vassit vir maande en maande. Dis werk. Klein dorpies word afgesny van die wêreld. B...

Kanada Immigrasie 17. SWOT: Universiteits-kursus uit SA. Athabasca University in Kanada. 08.11.2019

Send a text Episode 17. SWOT terwyl jy wag by 'n aanlyn-universiteit in Kanada. ATHABASCA University. Ek het al 7 kursusse by hulle gedoen. Goeie nuus: Jy moet net 16 wees, kort nie eers Graad 12 nie. Dis net DUUR want jy is 'n Buitelandse Student. Maar, die duur kursus gaan jou baie help. Jy kry vir 1 vak 3 krediete. Jy het 6 maande om dit voltooi. As jy sien die vak is te swaar, dan ST...

Kanada Immigrasie 18. CRAIGS-LIST Vancouver. Jou handboek oor werk/geleenthede/verniet goed. 08.11.2019

Send a text Eopisode 18. CraigsList Vancouver (dis nou jou HANDBOEK oor Kanada) gee vir jou die wonderlikste info oor 'alles Kanada". Dis waar mense WERK adverteer (maklike en vreemde werke). Alle soorte. Jy gaan leer wat in aanvraag is, en hoeveel hulle jou sou betaal. Doen die "search" oor die hele Lower Mainland gedeelte, want jy kan dan kyk wat alles in al 7 stede hier gebe...

Kanada Immigrasie 16. PRIVAATHEID. Wette in Kanada. (Privaatheidswette is 'n pyn hier.) 07.11.2019

Send a text Privaatheidswette is 'n pyn hier -- maar 'n harde werkliheid. In Kanada is elke mens 'n individu. Getroud? Maak nie saak nie. As die selfoon-rekening op jou man se naam is, mag jy niks vrae vra nie. Wat om van die begin af te doen om dit makliker te maak. Daar is maniere. Maar die wette in Kanada is "written in stone". Vas. Support the show

Kanada Immigrasie 13. Bring saam: Selfone. Medisyne. Kredietkaart. 07.11.2019

Send a text SELFOON. MEDISYNE. KREDIETKAAT? Bring saam. Selfone: Bring almal se selfone saam, "unlock" hulle en sorg dat jy hier 'n nuwe Sim-kaart kan insit. Gebruik dit die eerste paar dae net vir Internet-konneksies, sodat jy kan WhatsApp en Facebook. Gratis. Koop dan 'n pay-as-you-go kaart voor jy 'n 2-jaar kontrak teken. Medisyne: Ek maak voorstelle van wat ek dink sal...

Kanada Immigrasie 14. PROKUREUR in Kanada. Kry een. 07.11.2019

Send a text Episode 14. Ek dink dis deesdae 'n goeie plan om 'n prokureur te kry. Hulle is heel gereeld goedkoper as "agentsakppe". Derduisende mense doen aansoek om Kanada toe te trek: uit honderde lande. Daar is nou 36 maniere om te kwalifiseer vir immigrasie. Party is net geldig op die platteland. Ander net in sekere provinsies. Jy kort 'n kenner op die gebied van immig...

Kanada Immigrasie 15. DIE POLISIE. Wie doen wat? Bel 911? 07.11.2019

Send a text DIE POLISIE se rol in Kanada. Wanneer bel jy 911? Werk dit goed? Kanada is so ordelik omdat die polisie so effektief is. Wie doen wat? Iemand het jou gekroek met immigrasie terwyl jy nog in SA is. Wat nou? Support the show

Kanada Immigrasie 12. Nuwe Kultuur. Thanksgiving-kalkoene. Pajama-dag in Skole. Halloween se verniet swiets 02.11.2019

Send a text Nuwe Kanadese kultuur/tradisies het sy pret en sy uitdagings. Aan die begin het ek vir als "nee" geroep, bloot omdat dit volksvreemd is. Ek het die 1e jaar nie Thanksgiving (in Oktober) gehou met 'n Kalkoen-ete nie -- omdat ek nie geweet het waarvoor Kanadese "thanks" nie, en ook omdat ek nog nooit kalkoen gaar gemaak het nie (ai). Die dorp se mense het toe my...

Kanada Immigrasie 10. Klere in KOUE Kanada. Wat koop jy eerste? 31.10.2019

Send a text Episode 10. Jy staan en sweet in SA met sandale, 'n kort broek en t-shirt. Jy trek Desember Kanada toe. Jy en die kinders kort warm klere! Jy moet dit in Kanada koop -- want dit sal goedkoper wees en beter kwaliteit. Mens kort nie juis warm WATERDIGTE klere in SA  nie. So, wat koop jy eerste en waarna moet jy kyk? SKOENE. Goeie skoene en hulle kan baie baie lelik wees. Jy gaan vir...

Kanada Immigrasie 11. HUIS KOOP. Of huis huur in Kanada. Waaraan om te dink. 31.10.2019

Send a text Episode 11. Jy wil huis koop. Waarna moet jy kyk? Die huis moet SUID kyk. So kry jy in die wintermaande son wat in jou huis inskyn en die huis warm maak. Dit spaar verhittings-koste en dis vrolik en lig. Dan moet jy kyk hoe die huis verhit word, of die dak nie dalk lek nie. Kort jy houtvloere? Matte? Hoe word die huis verhit. En hoekom is Oos nie Oos in Kanada nie? Die son skuif? Hoe?...

Kanada Immigrasie 9. Koebaai my kind. Koebaai Mamma en Pappa. 25.10.2019

Send a text Ek wil eintlik glad nie hieroor praat nie. Maar KOEBAAI word 'n massiewe Olifant in die kamer en hy sit en loer as julle braaivleis hou. Die Olifant dra 'n wit en rooi Kanada vlag. Iewers, weet almal, gaan die dag kom waar mens moet sê: "Koebaai." Ek het paar keer 'n traantjie gaan stort toe ek hierdie stuk moes skryf. Koebaai is "the saddest song." S...

Kanada Immigrasie 8. MEDIES is verniet in Kanada. Dokters, hospitaal, operasies, bloedtoetse,MRI 22.10.2019

Send a text Goeie nuus. MEDIES is verniet in Kanada: Dokters (huisdokter en spesialiste), hospitaal verblyf, operasies, bloedtoetse,MRI ens. Wat is nie gedek nie? Medisyne. Dit klink te goed om waar te wees. Maar dit is so. Dis een van Kanada se heel beste voordele. Jy kry 'n nieroorplanting en dit kos jou nie 'n sent nie. Dis wonderlik. Mens sien jou huisdokter gou-gou en jy kan na die...

Kanada Immigrasie 7. Daar's 'n maklike manier om vinnig te immigreer! Voor Kersfees is jy hier! 21.10.2019

Send a text Ek het wonderlike nuus -- Daar's 'n maklike manier om vinnig te immigreer! Voor Kersfees is jy hier! EK JOK. Dis Willie-die-Wolf wat sulke snert vertel en hy is 'n immigrasie skelm wat koelbloedig vir jou gaan jok en jou geld gaan steel. Jy gaan slimmer wees as Willie-die-Wolf en jy gaan ook nie vir "Wimpie-weet-als" luister nie. Jannie en Sannie te TV breek. H...

Kanada Immigrasie 6. Aardse goed op 'n skip? Wat vat ek? Wat los ek? En die hond? 19.10.2019

Send a text Wat pak jy in? Hoe besluit jy wat moet saamtrek en wat verkoop moet word? Jy staan en staar na jou aardese goetertjies. Jy pil 'n traan. Jy moet van die los en van dit saamvat. Jy wil ALLES vat. Almal vra oor 'n krat op 'n skip. Ek sê: "Ja, beslis. Al is dit net 'n kleintjie." So -- die groot vraag. Wat moet saamkom? Die krag in Kanada is 220 V -- moet al...

Kanada Immigrasie 4. SKOLE. Deel 1. Jou kinders in Kanadese skole. 08.10.2019

Send a text SKOOL. (Deel 1) -- Goeie nuus: skool is verniet tot in Graad 12. Maar alles is anders. Ek is al 20 jaar lank 'n onderwyser in die Kanadese skoolsisteem. Ek het eers in 'n klein dorpie gewerk by laerskole en hoërskole. Op die oomblik werk ek in Surrey School District in die Lower Mainland, aan die weskus van Kanada. Ek is 'n "teacher-on-call" omdat ek van hierdi...

Kanada Immigrasie 5. SKOLE. Deel 2. TIENERS in Kanadese skole. Aanpassing en wenke. 08.10.2019

Send a text SKOOL. (Deel 2) -- Spesiaal vir TIENERS. Dis 'n swaar ouderdom vir kinders om weg te trek uit SA. Hulle verloor al hulle vriende. Alles is hier anders. Ek verduidelik die hoërskool opset in Kanada om jou tieners te help. Ek is al 20 jaar lank 'n onderwyser in die Kanadese skoolsisteem. Ek het eers in 'n klein dorpie gewerk by laerskole en hoërskole. Op die oomblik werk e...

Listen to the AudreyStories podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.