Audrey Nolte Painter

AudreyStories

Arts EN ↓ 78 episodes

Audrey tells "Bedtime Stories for Adults" in English: set in intriguing countries/places. Parts of the stories are true, the rest is imagination - as all good stories should be. All the stories contain fascinating historical facts about lesser known areas of Guatemala, Cuba, Serbia, South Africa, Bosnia, Mexico, Peru, China, India, Burma and more. These stories make good "Bedtime stories for Adults" who struggle to fall sleep, and are humorous - for easy listening while driving to work. Audrey is a South African Canadian storyteller and writer who has traveled to 41 countries. Some of the stor...

Author

Audrey Nolte Painter

Category

Arts

Podcast website

www.audreynolte.com

Latest episode

Dec 16, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Bosnië 1. Sarajewo. Somer-Sonstilstand-Dag 2010. "Sy naam is ZLATCO." 31.01.2025

Send a text Episode 1. Ek het op Somersonstilstand dag, 21 Junie 2010, in Sarajewo aangekom met 'n vliegtuig. Ek was alleen op reis in Oos-Europa. Na Serwië en Hongarye, is ek Bosnië toe. Ek stap agter ʼn streep dorpsmense aan wat kortpad vat deur ʼn veldjie om by die trem se opklimplek te kom. Daar is modderpoele en ʼn smal kronkelpad deur dik gras. Ek sleep ʼn tas en dra ʼn swaar rugsak en ons l...

Sirië 1. Ek werk in Sirië en leer Arabies-sprekende tieners Engels praat. 25.01.2025

Send a text Ek hou skool vir vlugtelinge uit Sirië. Ek was gister weer in Sirië -- ek ry sommer soontoe met my kar. Ek hoef nie soontoe te vlieg nie, want Sirië het Kanada toe gekom, en ek moet die tieners iets leer. Iemand vra die week hoekom ek sulke "weird" Arabiese Facebook vriende het. Hulle is tieners uit vlugtelings-kampe van oor die hele wêreld. Ek is hulle "oog" Weste...

KORTVERHAAL 1: Katerina se Simfonie. Verhaal uit Mexico. 19.01.2025

Send a text Romatiese Kortverhaal uit Mexico. Ek het die storie geskryf in 'n klein bergdorpie: San Sebastian del Oeste. (Gepubliseer in SARIE in Suid-Afrika) "Die naam van die Mexikaanse dorpie hoog in die berge is vir haar mooi, toe gaan bly Katerina daar. Natuurlik nie so lank soos sy beplan het nie – baie, baie langer. In San Sebastian del Oeste, in die Jalisco-provinsie, moet Kateri...

Burma 3. Hello is Ming_ga_la_bah. Ek dra my nou Longyi Burma-rompie. O,wee. 12.01.2025

Send a text Ek leer gou groet in Burma. Dis 'n komplekse proses. Ek sê "Ming Ga La Bah" - blitsvinnig. Dan sit ek my hande op my maag en buig, terwyl ek glimlag EN, gelukkig en tevrede met my omstandighede lyk. Als werk redelik, tot ek 'n Longyi rompie koop en in hom probeer loop. Ek val die hele tyd oor my voete. Almal in Burma dra hierdie rompies, mans en vrouens en kinders....

Peru 1. Ek eet troeteldiere. 06.01.2025

Send a text Ek sit en staar na die troeteldier op my bord. In Peru eet mense al vir altyd "guinea-pigs". Marmotte. Toe kom die Spanjaarde, vat van die oulike diertjies terug Spanje toe, en toe eers word hulle troeteldiere. Ek was hoog in die Andes gebergtes by 'n Inca dorpie, en die mense het vir ons kos gemaak. Marmotte is 'n lekkerny. Ek wou dit nie eet nie -- soos ek destyds...

China 5. Ek pieps in China en mense sien my! Hulle waai ... 29.12.2024

Send a text Ek het nie geweet iemand kan my sien nie. Vir 2 weke lank! O wee. Ek giggel nou oor hierdie verskriklike storie, maar ek kry soooo skaam. Daar was by die skool so dun riviertjie in die toilet en ai? Woordloos. Hierdie was beslis een van my AAKLIGSTE oomblikke van rondreis in vreemde lande. Support the show

Burma 2. Duisende tempels op die vlaktes van Bagan 22.12.2024

Send a text Daar is amper 4000 tempels op die vlaktes van Bagan, in Burma. Ek staan hoog op een van hulle en kyk na hierdie stukture. Dit voel vir my asof iemand hierdie wonderlike plek wegsteek. Almal op aarde behoort dit te kan sien. Dis manjifiek! Wie het hierdie temples gebou? Hoekom? Hulle is meer as 'n 1000 jaar oud. Daar was op 'n stadium 10 000 tempels, 3000 kloosters en duisende...

Kuba 1. Ek vier Fidel Castro se 90e verjaardag-fees in Kuba, op die platteland. 16.12.2024

Send a text Op 13e Augustus 2016, vier ek Fidel Castro se 90e verjaardag op die platteland in Kuba. Daar's 'n groot tent, braaivleis en 'n skare mense. Die dorpie: Manaca Iznaga. Dis 'n suikerriet gebied met 1 pad in, 1 uit. Die meeste mense ry met donkiekarre. In Kuba stap mens 50 jaar terug in tyd. Alles lyk en is outyds. Elke huisie is 'n ander kleur -- die plek is &apo...

Burma 1. Die vrou uit Burma laat my tiekiedraai dans op die skool se lessenaar. 08.12.2024

Send a text Ek was in Burma. Dis die wonderlikste plek - 'n toeris se droom. Maar, dis 'n komplekse land. Hier in Kanada, gee ek Engels vir vlugtelinge uit Burma. O, wee. Wat 'n onmoontlike taak. Ek staan naderhand op 'n tafel en skoolhou. As iemand iets reg kan uitspreek, dan doen ek wat wat hulle vra. Dadelik. Dit word 'n wonderlike les. Iemand sê dans ... toe tiekiedraa...

China 4. Tiananmen Plein se Voetsek aand. Effektiewe Kommunisme - 'n lessie vir my. 01.12.2024

Send a text Ek het my heel misgis met China. Ek verbeel my dat ek "spesiaal" is omdat ek daar werk. O, wee, O, nee. Ek gaan kuier op my heel 1e Vrydagaand op Tiananmen Plein. Te lekker. Ek maak my reg vir 'n laaaaang aand se speel. O, nee. Iemand sê "gee pad" ... Nou! Support the show

China 3. My 30 Taxi padkaarte en wat agterop geskryf was. 24.11.2024

Send a text Ek werk in China. Nie een taxi wil my oplaai nie. Ek LOOP van plek na plek in bloedige hitte en kom nie veel verder as 3 blokke van die skool af nie. Toe maak ek 'n plan. Ek vra al die Gr 12 studente in my klas om vir my padkaarte te teken na plekke toe. Soos met alle goeie planne, werk dit so-so. En toe goed. Maar agter op elke kaartjie het die kinders 'n BOODSKAP aan die ta...

China 2. Die Polisie sluit my toe in China 14.11.2024

Send a text Ek het gaan werk as onderwyser in China sonder 'n werkspermit. Skuldig. Dit was vir 'n somer-kamp en die organiseerders het ons verseker ons "toeriste" visa sou goed genoeg wees. O, wee. Nee! Die Chinese Polisie vind uit en sluit ons sowaar toe.  Support the show

China 1. Ek slaap in n vreemde man se bed 08.11.2024

Send a text Afrikaanse storie oor my eerste nag in Beijing, China. Ek het daar gaan werk as 'n onderwyser en was so opgewonde om te kon gaan. Maar, toe ek 12 uur die nag ALLEEN op die lughawe aankom en daar is niemand om my te kom haal nie? Toe panic ek. Ek beland in 'n vreemde man se slaapkamer. Hy kyk vir sy bed, ek kyk vir die bed... Support the show

Mexico 1. Bergdorpie waar stories begin: "Katerina se Simfonie" se oorsprong in San Sebastian del Oeste, Mexico 29.10.2024

Send a text "Katerina se Simfonie". Ek was op my eie in Mexico en wou gaan kyk hoe 'n baie klein dorpie hoog hoog in die berge lyk -- een van daai plekke waar toeriste nie kom nie. Dis 'n silwermyn dorpie en die hotel se skoonmaker het my soontoe geneem en daar gelos. Ek het dadelik 'n brakkie gekry wat my die dorp gewys het, en ek het hom Hond genoem. Ek en Hond is heel e...

Guatemala 1. Mary Poppins bly in Guatemala. Ek het haar gesien. 26.10.2024

Send a text Mary Poppins bly in Guatemala en sy dra baldadige oranje kouse. Soggens sit sy op die geel kerk se trappe en voer die duiwe. Saans, sing sy by die fontein. Voor die kerk, maak sy die mooiste foto, want sy dra 'n indigo kleur hemp en die duiwe raam haar. In die nag, sing sy liefdesliedjies. Guatemala is 'n komplekse land met vulkane, aardbewings, onbegaanbare paaie, dwelm hand...

FIKSIE 3. "Teresa se Oranje Emmertjie". Kortverhaal uit Guatemala. 21.10.2024

Send a text Kortverhaal. Vrolike storie oor 'n oranje emmer en 'n besonderse vrou. Daar is die mooiste geel kerk in 'n klein dorpie in Guatemala. Op die trappe sit 'n bedelaar. Ek was een van die fotograwe wat vir Teresa afgeneem het. (Of het ek?) Goeie stories is "effens waar" en "effens verbeelding" van skrywers.........Teresa het 'n oranje emmerjie g...

"Carmen Lombardi." Italy 10.10.2024

Send a text Bedtime Stories for Adults: set in Italy. Carmen was born invisible. She was child number 5 of 9 children of the famous Lombardi family in Italy. The Lombardi family was genetically superior. Lucky children born into this bloodline, soon showed traits and talents of Michelangelo, Leonardo da Vinci, Galileo, Marco Polo, or Dante. Since the 1500's, every generation brought at least...

Kanada Immigrasie 37. Pasop! 1e wêreld slaggate waarvan jy nie weet nie. 02.02.2020

Send a text Suid-Afrikaners weet so baie goed glad nie. Ek wens iemand het my die "onsigbare" goed geleer van Kanada. Dis so 'n ontsettende vreemde kultuur Support the show

Kanada Immigrasie 36. Testament: Kanadese een. Lewensversekering. Video-kameras wat jou dophou.. 26.01.2020

Send a text Maak dadelik 'n wettige testament by 'n prokureur in Kanada, sodat die staat nie besluit wat van jou Kanadese kinders moet word nie. Koop hier lewensversekering. Dadelik. Daar is ORAL video kameras wat jou afneem. Mooi loop in die openbaar. Geen kind onder 12 mag ooit alleen wees nie. Moenie jou kinders in die kar los nie. Kanada het my gesigsprofiel, 'n skandering van m...

Kanada Immigrasie 35. Kanada, Australië of Nieu-Seeland? Hoe kies jy 'n nuwe land? 17.01.2020

Send a text Kanada, Australië of Nieu-Seeland is 3 goeie opsies vir Suid-Afrikaners wat wil immigreer. Jy worstel met die vraag, "Wat as ek verkeerd kies? Watter land is die REGTE een?" En, as jy op die oomblik in een van die 3 lande woon, het jy dalk besluit om weer 'n keer te trek. Nie terug SA toe nie, maar uit Kanada dalk Australië toe. Dis normaal om met die idee te speel dat j...

Kanada Immigrasie 34. Jy KAN NIE trek nie. Te oud/geen geld/geen moed/nie genoeg punte vir Kanada nie. 16.01.2020

Send a text Jy KAN NIE trek nie of wil nie. Te oud/geen geld nie/nie moed nie/nie kwalifikasies vir ander lande se werke nie. Dan bly jy in SA. Gedurende my maandlange kuier het ek so baie mense gesien wat floreer in die land. Wat doen mense in SA om gelukkig daar te wees? Wat se planne kan jy maak as jy in sak en as sit omdat jou kinders of vriende nou trek? Watter gewoontes het sielsgelukkinge m...

Kanada Immigrasie 33. Wat's fout in SA? Deel 2. Ek kyk met die oë van 'n toeris. 15.01.2020

Send a text Deel 2: "Wat's fout in SA? My opinie na 'n maand se kuier tot mid-Desember 2019. Ek was geskok oor die agteruitgang in die land. Dalk omdat ek 4 jaar laas daar gekuier het. Ek het gewoond geraak aan die lewenskwaliteit in Kanada met dae vol vrede en veiligheid. Hier is 1e wêreld luukses -- goeie paaie, streng wette, skoon stede, goeie lugkwaliteit, skoon water, goeie sko...

Kanada Immigrasie 32. Wat's fout in SA? Deel 1. My opinie oor die probleme in die land. 15.01.2020

Send a text Ek was tot middel Desember 2019 in SA vir 'n kuier met familie en vriende -- vir 'n maand. Ek was 4 jaar laas in die land. Die keer het so baie goed my gepla. Ek is reeds 21 jaar weg uit SA en is nou 'n "toeris" en nie meer 'n "inwoner" nie. Verder, het ek ook 'n 'sissie' geword, want die gevaar en toestande in die land het my gesk...

Kanada Immigrasie 30. Winter+Veilig of Son+SA se dinge? 15.01.2020

Send a text "Winter in Kanada" maak mense uit SA bang: want Son en SA het sinoniem geword. "Ek sal nooit in die sneeu kan aard nie!" roep Suid-Afrikaners uit. Ek antwoord hierop, "Ek sal nooit weer in onveilig kan aard nie." Mense is bang om hulle land te verlaat. "Winter/sneeu" word net 'n verskoning om nie te trek nie. Enige verandering is swaar. Die...

Kanada Immigrasie 31. Rassiste moet eerder nie immigreer nie. 15.01.2020

Send a text Suid-Afrika op 'n vreemde manier vreeslik geisoleer. Ek dink lande met probleme word so. Dis 'n land met rasse onmin, wat diep gewortel is in vrees. Rassisme is 'n swaar onderwerp, maar ek dink jy moet introspeksie hou voordat jy trek Kanada toe. Jy is in SA deel van jou kultuur en dalk jou Afrikaanse bende. Kanada 'n land met immigrante uit 100e lande wat anders di...

Listen to the AudreyStories podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.