RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Vers en klank 31 Januarie 2023 31.01.2023 22:40
Skakel in vir ’n tweede skoot groot skrik, wanneer ons na nóg van Dean Balie se voorlesings van gedigte oor spoke en ander grieselrige gedaantes luister. Laasweek het ons die grootmense banggepraat; vanaand is dit die kinders se beurt.
Vers en klank 24 Januarie 2023 24.01.2023 21:01
Dean Balie lees ons lekker bang! Die program is propvol gedigte oor spoke, dierasies en dinge wat jou in die donker bekruip. Skakel in… ás jy dapper voel!
Vers en klank 10 Januarie 2023 10.01.2023 17:59
Ons gesels oor Eugene Marais se lewe, luister na Wessel Pretorius se voorlesings van sy gedigte, en ook na ’n paar toonsettings van sy werk.
Vers en klank 3 Januarie 2023 03.01.2023 16:51
Sophia van Taak en die voorleser, Marion Holm, blaai deur ’n paar bundels om te sien wat ons digters oor die ou- én nuwejaar te skryf gehad het.
Vers en klank 27 Desember 2022 27.12.2022 17:09
Ons rek daardie lekker somer-see-gevoel vir oulaas uit. Luiter na gedigte oor strandsambrele, sandkastele, branders duik én mense kyk, soos voorgelees deur Susanne Beyers.
Vers en klank 25 Desember 2022 25.12.2022 27:54
Christelle Webb Joubert lees ‘n paar ouer digters se gedigte voor oor Kersfees in hierdie spesiale Kersdagaanbieding van Vers en Klank. Die samesteller is Ina Strydom.
Vers en klank 20 Desember 2022 20.12.2022 16:40
Die feestyd is vir baie mense eerder ’n voostyd, veral in die dolle week voor Kersfees. Hoor wat ons digters hieroor te sê het! Die voorleser is Wessel Pretorius.
Vers en klank 13 Desember 2022 13.12.2022 17:14
Ons digters is gewoonlik baie ernstig, maar hulle kan beslis ook ’n bietjie bolla losmaak! Ons lag 'n slag net lekker vir gedigte wat snaakse stories vertel, of komiese toneeltjies skets. Die voorleser is Marion Holm.
Vers en klank 6 Desember 2022 06.12.2022 24:58
Luister na gedigte oor ontmoetings. Sommige daarvan is ’n blye weersien met ’n ou vriend, ander ’n gemaklike oomblik in die geselskap van iemand met wie jy toevallig paaie kruis. En dan is daar ook daardie bisarre interaksies met vreemdelinge, wat ’n mens laat wonder: hoe het ek hier beland? Die voorleser is Johann Nel.
Vers en klank 29 November 2022 29.11.2022 25:08
Karli Heine lees gedigte oor dié dinge wat ons gewoonlik miskyk en mis-ruik omdat ons nie aldag oplet nie.
Vers en klank 22 November 2022 22.11.2022 25:43
Antjie Krog gesels oor ouer word, wat haar steeds aanspoor om te skryf, én oor ’n splinternuwe digbundel uit haar pen genaamd, Plunder. Sy lees ook van haar eie werke voor.
Vers en klank 15 November 2022 15.11.2022 24:39
Antjie Krog was die afgelope jaar baie bedrywig. Daar’s ’n pragtige nuwe kinderverseboek uit haar pen genaamd Vetplantfeetjies, en sy was ook die samesteller van ’n bundel getiteld Mixtape van die Liefde - ’n bloemlesing van Afrikaanse liefdesgedigte.
Vers en klank 8 November 2022 08.11.2022 25:52
In die derde en laaste aflewering in ons reeks oor troeteldiere, is daar gedigte uit doeriejare van CJ Langenhoven, pragtige verse oor katte deur hulle grootste aanhanger, Lina Spies, ’n gevatte vertaling van ’n Duitse gedig oor ’n worshond. Die voorleser is Johann Nel.
Vers en klank 1 November 2022 01.11.2022 25:49
Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor troeteldiere. Daar is gedigte deur Jeanne Goosen, Stephan Bouwer, Marlise Joubert en Daniel Hugo. Die voorleser is Susanne Beyers.
Vers en klank 25 Oktober 2022 25.10.2022 24:36
Die volgende paar weke se programme handel oor troeteldiere, daardie getroue, viervoetige vriende met wie ons ons lewe deel. In die eerste aflewering luister ons na Albert Maritz se voorlesing van gedigte oor katte. Die digters aan die woord is onder meer Barend Toerien, Lina Spies, Daniel Hugo, Stephan Bouwer en Peter Blum.
Vers en klank 18 Oktober 2022 18.10.2022 26:46
Het jy geweet dat sowat vyfmiljoen Suid-Afrikaners niks het om vandag te eet nie. Wêreldwyd gaan slaap bykans 830 miljoen mense elke aand sonder ’n krieseltjie kos in die maag. Luister na Albert Maritz se sielvolle voorlesings van gedigte oor dié deel van die samelewing wat ons so maklik miskyk – die boemelaars en bergies, die haweloses en dié wat honger ly. Dít ter herdenking van Wêreld-voedselda...
Vers en klank 11 Oktober 2022 11.10.2022 23:19
Vers en Klank is steeds die ene bloeisels en nuwe lewe, met die tweede aflewering in ’n reeks oor die lente. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer C. Louis Leipoldt, Ina Rousseau, Elisabeth Eybers en Barend Toerien. Die voorleser is Karli Heine.
Vers en klank 4 Oktober 2022 04.10.2022 23:18
Die dae is nou so aangenaam. Oral bot bloeisels, jasmyn tuimel oor tuinmure en ’n mens kan sommer ruik dit is weer lente! Ons luister na gedigte oor dié lieflike tyd van die jaar. Die voorleser is Karli Heine.
Vers en klank 27 September 2022 27.09.2022 28:13
Sophia van Taak gesels met digter Ashwin Arendse. Sy inspirerende debuutbundel, Swatland, het in 2021 by Kwela Boeke verskyn. Ashwin is ’n digter wat nie doekies omdraai nie. Sy verse is eerlik, ontnugterend en iets verfrissend in Afrikaans. Jy kan ook uitsien na Afrikaanse kletsrymtreffers deur kunstenaars soos Hemelbesem, Die Twaalf (van Kariega in die Oos-Kaap) en ’n nuwe stem, Roda Tabakan, ui...
Vers en klank 20 September 2022 20.09.2022 23:17
Suid-Afrika se pragtige natuurskoon is een van ons grootste skatte, en dit is daar vir almal om te geniet – maar vir hoeveel generasies nog? Hoor wat die digters te sê het oor besoedeling en omgewingsbewaring. Ronel Geldenhuys lees die gedigte voor.
Vers en klank 13 September 2022 13.09.2022 25:06
Ons vier in September Suid-Afrika se ryk en diverse kulture onder die vaandel van ons erfenis. Afgesien van ons ryk kulture en tale, is Suid-Afrikaners se heel grootste erfenis die land se natuurskoon. Maar ons pas nie dié erfenis so mooi op nie. Wat sal oorbly vir die volgende geslag? Luister na gedigte oor besoedeling en natuurbewaring, en waar die mens in dié prentjie inpas. Die voorleser is Ro...
Vers en klank 6 September 2022 06.09.2022 23:39
Die vorige twee weke het ons geluister na gedigte oor hoe die skemerte daal en dit nag word. En nou… wel, nou kom die son op! Ja, jy kan inskakel vir gedigte oor die dagbreek deur Ina Rousseau, Daniel Hugo, De Waal Venter en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Daneel van der Walt.
Vers en klank 30 Augustus 2022 30.08.2022 24:47
In die tweede van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die nag, en daardie dinge wat in die klein uurtjies gebeur. Die voorleser is Johann Nel.
Vers en klank 23 Augustus 2022 23.08.2022 22:51
In hierdie eerste van drie programme oor die Skemeraand, die Nag en die Dagbreek luister ons na gedigte oor die skemer, die sogenaamde “goue uur”, wanneer die voëls terugkeer na die bome waarin hulle slaap, die skaduwees lank uitrek, en uiteindelik met die donkerte saamsmelt. En die mense moeg by die huis kom. Die voorleser is Johann Nel.
Vers en klank 16 Augustus 2022 16.08.2022 25:08
Hierdie tyd van die jaar vier die mense van Japan die Fees van Obon, waartydens hulle hulle voorsate herdenk. Ons hou ’n Obon-fees in die kleine, met gedigte oor die voorvaders en voormoeders.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds