RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
RSG Landbou 14 Mei 2026 14.05.2026 25:09
As jy kan sing en werksaam is in die kern- en steenvrugte-, wyn-, tafeldruif- en sitrusbedrywe, kan jy nou inskryf vir die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie. Dit is meer as net ‘n sangkompetisie – dit is ‘n projek wat ook die individu se selfvertroue en selfbeeld verbeter. Die Lewendehawe Registrerende Federasie se Veeskool wat vanjaar weer in Oktober gehou word, fokus op die potensiaal van d...
RSG Landbou 13 Mei 2026 13.05.2026 22:09
Landbouers in die Noord-Kaap is verheug oor die reën wat dié provinsie ontvang het, maar lusernprodusente voel nie noodwendig dieselfde daaroor nie. En, hoe lyk die paaie? As jy in landbou-opleiding belangstel, moenie ons gesprek met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer misloop nie. Hy gesels oor hul Junie-inname, die plaas in Cullinan waar praktiese opleiding gedoen word en die aanl...
RSG Landbou 12 Mei 2026 12.05.2026 23:35
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwelkom China se besluit om ’n tydelike nultarief-vergunning vir kwalifiserende wyne uit Suid-Afrika te maak. Het jy geweet dat hierdie tarief tot nou toe teen ‘n stewige 14 persent gehef was? Christo Conradie van South Africa Wine verduidelik watter voordele die nultarief vir die wynbedryf en produsente op die plaas inhou. Die reëling geld net vir...
RSG Landbou 11 Mei 2026 11.05.2026 25:13
Het jy geweet Olivedale het in 2002 die eerste organiese wyn in Suid-Afrika geproduseer? Luister na die storie oor die ontstaan van dié plaas by Buffeljagsrivier naby Swellendam. Ons gesels met die mede-eienaar, Carl van Wijk, en wynmaker, Riaan Liebenberg.
RSG Landbou 9 Mei 2026 09.05.2026 14:00
Die Straat van Hormoes is 'n smal seestraat wat die Persiese Golf met die Golf van Oman verbind. Dit is 55 km wyd. Gegewens oor die sluiting daarvan dra by tot ‘n toename in brandstofkoste. Louw Pienaar, ‘n senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor die geopolitiek, wat Suid-Afrikaanse produsente vandag beïnvloed.
RSG Landbou 8 Mei 2026 08.05.2026 21:02
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria werp lig oor die voorspelling van ‘n komende El Niño-seisoen, ook in terme van somergewasse. Pieter Gouws, ’n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se department van voedselwetenskap, vertel van nuwe loopbaangeleenthede in dié veld. Angus McIntosh van die plaas, Spier buite Stellenbosch in die Wes-Kaap, het ‘n video...
RSG Landbou 7 Mei 2026 07.05.2026 24:10
Die onthoring van kalwers is ‘n algemene bestuurspraktyk in die vleisbeesbedryf. Waarom word dit gedoen, en is dit werklik nodig? Dr. Rulien Erasmus van die Landbounavorsingsraad beantwoord ‘n paar vrae hieroor. Voorvalle van veediefstal neem toe in die Potchefstroom-distrik, en beeste se hakskene word soms deur veediewe afgekap. Dit is nie 'n onbekende diefstaltegniek nie, maar dit bly ‘n grusame...
RSG Landbou 6 Mei 2026 06.05.2026 23:26
Het jy geweet dat katbos, wat groot probleme in die landbou veroorsaak, verwant is aan die aspersie? Alhoewel dit ‘n inheemse spesie is, is dit problematies, en veral opvallend in die Noord-Vrystaat. Onkruidwetenskaplike, prof Charlie Reinhardt, praat oor die oormatige verdigting van dié struik, en gee raad oor die beheer daarvan. Volgens dr. Pieter Theron, ‘n kleinveenavorser van die Wes-Kaapse D...
RSG Landbou 5 Mei 2026 05.05.2026 24:08
Vir ‘n beesboer om winsgewend te wees, moet hy homself, sy veld, beeste en besigheid verstaan. Ons het by die afgelope jaarkongres van die Rooivleisprodusente-organisasie Noordwes met Ockie Olivier hieroor gesels. Rooivleisbedryfsdienste se naspeurbaarheidsplatform het ‘n paar nuwe funksies bygekry, wat dit vir die produsent meer prakties en bruikbaar maak. Dr. Phillip Oosthuizen verduidelik wat d...
RSG Landbou 4 Mei 2026 04.05.2026 24:22
Het jy geweet dat wanneer verbruikers onder druk is as gevolg van hoër voedselpryse, daar nié ‘n daling in die vraag na voedsel is nie, maar eerder ‘n verandering in aankoopgedrag? Dít kan vir die landbou nuwe geleenthede skep. Deidré Viljoen van Rocklyn Boerdery in die Steynsburg-distrik wil ‘n verskil maak deur haar ervarings as plaasvrou en ma met ander te deel.
RSG Landbou 2 Mei 2026 02.05.2026 10:39
Dr. Willem Botha, die uitgetrede hoof en uitvoerende redakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, praat oor idiome met ‘n landbouherkoms, soos IN DIE WIELE GERY WORD en WYSHEID IN DIE KAN. Ons leer ook meer van die Afrikaanse digter en skrywer. Boerneef. Daneel Rossouw, die hoof van verkope in landbou by Nedbank, vertel van opwindende nuwe loopbaangeleenthede in die landbou.
RSG Landbou 1 Mei 2026 01.05.2026 21:10
Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialiswetenskaplike in klimaatsverandering by die departement van landbou in die Wes-Kaap, was onlangs by ‘n konferensie oor besproeiing in Australië. Professor Johann Strauss is sinoniem met bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy werk op uiteenlopende stelselproewe, waar verskillende gewasrotasies getoets word. Wêreld Sauvignon Blanc-dag word op 1 Mei gevier. Elund...
RSG Landbou 30 April 2026 30.04.2026 20:58
Het jy geweet die DNS van ‘n wingerdstok kan gewysig word? Clara Holm van Stellenbosch Universiteit vertel van ‘n studie waarin ‘n wingerdstok-geen “afgeskakel” is. Dit hou verband met hoe plante op siektes reageer. Ons hoor by Zoetis van ‘n tieklysie wat nodig is om ‘n voerkraal te begin. Ons kry die weeklikse vleispryse by Chris Derksen, en die jongste weerinligting by Johan van den Berg.
RSG Landbou 29 April 2026 29.04.2026 25:02
Slaggate op paaie is vir baie van ons niks nuuts nie, en met die nat weer raak dit net erger. Naudé Pienaar van Agri Noordwes vertel wat gedoen word om dié krisis in Noordwes aan te spreek. Ons praat met dr. Peter Evans, ’n veearts van die Rooivleisbedryfdienste oor die ministeriële taakspan vir staatsbeheerde siektes en oor bek-en-klouseer-entstof en -aanmelding.
RSG Landbou 28 April 2026 28.04.2026 24:14
Die Graanhanteringsorganisasie van Suid-Afrika fokus deurlopend op ’n doeltreffende voorsieningsketting om verbruikers te beskerm. Johan van Rensburg gesels oor hulle 41ste simposium wat in Mosselbaai gehou is. Dr. Colin Ohloff van Melk SA vertel van pogings om die melkbedryf wêreldwyd meer volhoubaar te maak. Het jy geweet ’n veiling kan op WhatsApp aangebied word? Ons hoor meer oor Qualitrio Bon...
RSG Landbou 27 April 2026 27.04.2026 23:44
Weet jy watter belangrike rol Suid-Afrikaanse sybokhaarprodusente in die Europese modebedryf speel? Jonker Venter van OVK vertel van ‘n bokhaarbaal wat onlangs ‘n seisoen- en wêreldrekordprys op ‘n openbare plaaslike veiling behaal het, en nou bestem is vir Italië. Bek-en-klouseer-uitbrekings en die verspreiding van enstowwe bly ‘n kopseer vir produsente in Noordwes.
RSG Landbou 25 April 2026 25.04.2026 13:59
Ons kyk na voedselveiligheid in ‘n tyd van verhoogde brandstofpryse en stygende lewenskoste. Pieter Gouws, ‘n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se Department Voedselwetenskap en direkteur van die Sentrum vir Voedselveiligheid, praat ook sake wat verband hou met vervaldatums op kosverpakking.
RSG Landbou 24 April 2026 24.04.2026 23:34
Veekundige van Kaapstad, dr. Chris de Brouwer, praat oor die onderhoudsbehoefte van vleisbeesrasse, en sy liefde vir veral Nguni’s. Die saadhandelsmerk, Croplan®, wat wêreldwyd met hoëprestasie-genetika en uitgebreide proefdata geassosieer word, is eersdaags plaaslik beskikbaar. Die eerste kultivar in die reeks is ’n witmielie wat oor die afgelope paar jaar op proefpersele en produsente se plase g...
RSG Landbou 23 April 2026 23.04.2026 20:56
Het jy geweet daar is protokolle in plek om te verseker dat die groentesaad wat produsente bereik, veilig en siektevry is? David Malan van Klein Karoo Saad praat oor die produksie van groentesaad in Suid-Afrika vir teelmaatskappye regoor die wêreld. Hy vertel ook van die fitosanitêre maatreëls waaraan voldoen moet word met die verspreiding van die saad. Chris Derksen het die jongste vleispryse wat...
RSG Landbou 22 April 2026 22.04.2026 23:08
Het jy geweet die aromatiese struik, boegoe, met sy fyn blaartjies en kenmerkende geur, hou ‘n skatkis vol voordele in? Ons praat met dr. Gerhard Niemand van Puris Natural Aroma Chemicals in die Paarl oor die eienskappe wat dié plant so uniek maak. Wat is die toekoms van gewassaad? Prof. Driekie Fourie van Noordwes-Universteit verduidelik hoe nuwe generasie saadbehandelings help om gewassaad betro...
RSG Landbou 21 April 2026 21.04.2026 21:48
Het jy al rondlopervee, veral beeste, in dorpe en selfs stedelike gebiede gesien wei? Grondregkenner Hans-Jurie Moolman verduidelik hoekom hierdie diere eintlik geskut moet word, totdat hulle eienaars opgespoor word. Hy gesels ook oor die wetlike vereistes vir funksionerende veeskutte en skutmeesters in dorpe en stede. Shaun Welmans van Agri SkillsTransfer praat oor loopbaanmoontlikhede en kwalifi...
RSG Landbou 20 April 2026 20.04.2026 22:02
Het jy geweet dat sowat 70% tot 75% van die land se rooivleis afkomstig is van speenkalwers wat in voerkrale afgerond word? Dr. WA Lombard van die Departement van Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat en redakteur van Veeplaas, praat oor die rol van speenkalwers in die rooivleiswaardeketting, en hoe speenkalfpryse bepaal word. Slakke is nie net ‘n probleem in jou tuin nie. In die...
RSG Landbou 18 April 2026 18.04.2026 12:44
“O, die donkie is ‘n wonderlike ding,” sing Chris Blignaut in sy bekende liedjie van 1969. In wese is die donkie ook ‘n dier met ‘n wil van sy eie. Shannon Robertson is assistentlewendehawe-bestuurder by die Boschendal-wynlandgoed. Sy vertel van die suksesvolle reddingspoging om nie net die donkies, maar al die ander diere op die plaas, na veiligheid te bring tydens die brande in Franschhoek, wat...
RSG Landbou 17 April 2026 17.04.2026 21:38
Senior multimediajoernalis by Landbouweekblad en landbou.com, Alani Janeke, verduidelik waarom die oprigting van weerstasies op plase in Suider-Afrika belangrik is. Nie net word mikroklimate ontleed nie, maar boere span dit ook in vir veiligheid. Slakke veroorsaak op die oomblik ernstige probleme vir boere. Navoringstegnikus by die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, Piet Lombard, verduidelik...
RSG Landbou 16 April 2026 16.04.2026 25:17
Agri Noord-Kaap het met ‘n hulplessenaar ontwikkel met die doel om ‘n databasis op te bou. Eben Anthonissen, voorsitter van omgewingsake by dié organisasie, gee meer besonderhede. André Bloem, ‘n arbeidspesialis, vertel van ‘n belangrike onlangse hofuitspraak oor billike en regverdige diensbeëindiging. Ons hoor ook van ‘n internasionale onkruiddoderweerstandspesialis se besoek aan Suid-Afrika. Chr...
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds