RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
RSG Landbou: Kunsmisvervaardiging; Valutabeheer en -bestuur 12.06.2026 22:23
12 Junie 2026: Louis Strydom van Omnia Nutriologie SA praat oor die voorsieningsketting van rou en verwerkte produkte in die vervaardiging van kunsmis, en verduidelik die uitdagings wat op die oomblik in dié verband bestaan. Torsten van Oort, ‘n internasionale digitale bemarkingsbestuurder by ‘n firma wat spesialiseer in oorgrensbetalings, praat oor valutabeheer en -bestuur.
RSG Landbou: Plantstres; Ankole-beeste 11.06.2026 25:10
11 Junie 2026: Stres by plante is ‘n aspek wat dikwels deur landbouers onderskat word. Ons gesels met Kenny Beeton van Nutrico oor faktore wat tot plantstres kan lei, en hy vertel van seewierekstrakte wat as ‘n moontlike oplossing kan dien. Ons praat ook oor die Ankole-beesras in Suid-Afrika. Het jy geweet daar is tans sowat 2 000 geregistreerde volbloeddiere in die land? Sareta Schütte gesels hie...
RSG Landbou: Die verbouing van pruimedante in SA 10.06.2026 22:45
10 Junie 2026: Die Internasionale Pruimedantevereniging se jaarkongres is in April in Italië gehou. Alhoewel Suid-Afrika slegs tussen 150 en 200 hektaar aanplant teenoor China se 62 000 hektaar, is ons vrugte van hoogstaande gehalte. Jacques Jordaan van die Inmaakvrugte-produsentevereniging het die geleentheid bygewoon. Gevalle van bek-en-klouseer neem toe in die Noord-Kaap. Deon Kriel van Noord-K...
RSG Landbou: Weskus-blomme van waarde vir veeprodusente 09.06.2026 23:19
9 Junie 2026: Christoph Thomet, ‘n wynbemarker van Switserland, vertel van die wyne wat hulle produseer, en deel sy indrukke oor Suid-Afrikaanse wyne en wyntoerisme. Yolandi Botha van Vinpro praat oor haar rol as ekonoom by dié produsente-organisasie. Heinrich Victor is terug met die jongste wolpryse. Het jy geweet die blomme op die Weskus wat jaarliks duisende toeriste trek, is ook vir veeproduse...
RSG Landbou: Wynbottels is ligter? 08.06.2026 25:12
8 Junie 2026: Het jy geweet die glasbottel wat deesdae vir wyn gebruik word, weeg minder as ‘n paar jaar gelede? Dis deel van die plaaslike wynbedryf se pogings om sy impak op die omgewing te verminder. Die derde wynberaad is onlangs in Stellenbosch gehou, en Rico Basson van South Africa Wine het daar met ons oor die stand van die bedryf gesels. Die stof het nog steeds nie gaan lê oor die onlangse...
RSG Landbou: Christi van den Heever en jeugskoue; Hommeltuie as vervoermiddel 06.06.2026 12:16
6 Junie 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Hy tree gereeld op as beoordelaar by jeugskoue. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou ijn die Wes-Kaap verduidelik hoe hommeltuie as vervoermiddel ingespan word.
RSG Landbou: Rubberbome in Brasilië; Rooibos in die wêreld 05.06.2026 20:41
5 Junie 2026: Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialis wetenskaplike in klimaatsverandering, praat oor landbou-aktiwiteite wat met rubberbome in Brasilië verband hou. Joe Swart, ‘n direkteur by die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, verduidelik hoe rooibos aan internasionale markte voorgestel word. Wessel du Toit, professor in Wynkunde by die Departement Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellen...
RSG Landbou: Wildboerdery in Suid-Afrika 04.06.2026 22:23
4 Junie 2026: Het jy geweet wildboerdery in Suid-Afrika beslaan meer as 20 miljoen hektaar, en dié plase dra drie keer meer wild as nasionale- en ander wildparke in die land? Die Wildbedryf SA-stigting help wildboere in nood, ontwikkel die jeug, bied vaardigheidsontwikkeling en nog baie meer. Ons gesels met Sareta Schütte oor die werksaamhede van dié stigting. Die winter is hier - Johan van den Be...
RSG Landbou: Wêreldmelkdag fokus op suiwel se rol in beengesondheid 03.06.2026 22:41
3 Junie 2026: Wêreldmelkdag is op 1 Junie gevier. In Suid-Afrika was die fokus op suiwel se rol in beengesondheid. Rooivleisbedryfsdienste het kopers by die afgelope BTB Simmentaler-stoetuitverkoping bygestaan met die verkryging van ‘n internasionale liggingsnommer om toegang te verkry tot SA Stamboek se digitale naspeurbaarheidstelsel, IDtrax. Wat is die waarde daarvan? Ons vind ook uit watter ge...
RSG Landbou: Nuwe naspeurbaarheid-rekordhoudingstelsel by veiling gebruik 02.06.2026 25:15
2 Junie 2026: Het jy geweet dat SA Stamboek se naspeurbaarheid-rekordhoudingstelsel, IDtrax, onlangs vir die eerste keer met groot sukses by ‘n veiling gebruik is? Dit is ‘n mylpaal vir die stoetveebedryf. Fritz Bezuidenhout verduidelik hoe dit werk. Alheit du Toit van Feedtek praat oor voedingstekorte by wildspesies. Deesdae beperk die omheining van kommersiële eenhede die vermoë van wilde diere...
RSG Landbou: Implikasies van Hooggeregshof-uitspraak oor bek-en-klouseer-entstowwe 01.06.2026 24:07
1 Junie 2026: Die Hooggeregshof in Pretoria het op 25 Mei ‘n bevel uitgereik dat bek-en-klouseer-entstowwe privaat verkry en toegedien mag word. Die hofsaak is ‘n oorwinning vir Sakeliga, SAAI en Vrystaat Landbou, maar die uitspraak het bepaalde implikasies wat nie in ag geneem is nie. Kobus Bester van die Suider-Afrikaanse Stoettelersfederasie verduidelik. Weet jy wat die rol van ‘n plaagbeheerop...
RSG Landbou: 'Tegnologie moet mense se lewe verbeter' 30.05.2026 13:03
30 Mei 2026: Arie van Ravenswaay van die Wes-Kaapse Departement van Landbou leef aan die voorpunt van tegnologie. Hy glo vas dat die wil om ‘n waardevolle bydrae te maak tot die lewe van mense, sentraal moet staan in enige vorm van kreatiwiteit.
RSG Landbou: Vleisbeesproduksie; pasgemaakte energie-infrastruktuurstelsels 29.05.2026 22:54
29 Mei 2026: Daar is 45 beesrasse in Suid-Afrika. Ons praat met veekundige dr. Chris de Brouwer oor vleisbeesproduksie, meting, rekordhouding en vleisbeesraamgroottes. Bertus Geldenhuys , ‘n ingenieur en kenner op die gebied van energie-infrastruktuur, praat oor betroubare pasgemaakte stelsels op plase.
RSG Landbou: Die waarde van herlewing- en bewaringslandbou by Nampo bespreek 28.05.2026 25:32
28 Mei 2026: Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean MacPherson, het by Nampo die Adopt a Municipality-inisiatief bekendgestel. Die waarde van herlewing- en bewaringslandbou het ook by Nampo ter sprake gekom. Alhoewel Suid-Afrika onder die top tien lande is wat herlewingslandbou as praktyk toepas, moet produsente besef dat ‘n kopskuif nodig is. Dié praktyke verlaag insetkoste, en v...
RSG Landbou: Projek oor klimaatslim-beesvleisproduksie in SA 27.05.2026 25:01
27 Mei 2026: Wetenskaplikes van die Universiteit van Pretoria en Texas A&M Universiteit in die Verenigde State, het geld gekry vir ’n projek wat fokus op klimaatslim-beesvleisproduksie in Suid-Afrika, en die bestuur daarvan deur kunsmatige intelligensie. Die toestand van plattelandse paaie, toegang tot silo’s, munisipale vermoëns en gemeenskapsbetrokkenheid is by vanjaar se Nampo bespreek. Naudé P...
RSG Landbou: Het jy geweet dat een skaap verskillende soorte wol in sy vag het? 26.05.2026 25:16
26 Mei 2026: Het jy geweet dat een skaap verskillende soorte wol in sy vag het? Daar is rugwol, kortwol, langer wol en penswol, en van elke tipe word iets anders gemaak. Cor Uys is die fasiliteerder van vanjaar se skeerdemonstrasies by die Karoo Winterwolfees wat van 3 tot 4 Julie by Middelburg in die Oos-Kaap gehou word. Hy praat oor die waarde van die geleentheid vir die wolbedryf. Carmé Muller...
RSG Landbou: Nasionale Wolkwekersvereniging vier eeufees 25.05.2026 25:04
25 Mei 2026: Die Nasionale Wolkwekersvereniging vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar! Die amptelike handelsmerk van dié vereniging is ‘n springbokkop. Annelize Smit van Niekerk vertel hoe daar in 1931 op dié kenteken besluit is. Die Springbokkop-wolklasserkwalifikasie is die hoogste kwalifikasie wat ‘n wolklasser kan bereik. Ons kyk na die pluimveegroep, Astral, se jongste finansiële resultate, die...
RSG Landbou: Eerste pionier Catharina Ras 23.05.2026 14:41
23 Mei 2026: Catharina Ras word gereken as een van Suid-Afrika se eerste landboupioniers. In 1662 het sy in die Kaap aangeland. Sy was 21 jaar oud, en vermom as ‘n man. Haar lewensverhaal het vele uitdagings en avonture ingesluit. Elunda Basson, die keldermeester by Steenberg Wynlandgoed, vertel Catharina se storie
RSG Landbou: Rooibos kry tariefvrye toegang in China; Raad vir boere met bek-en-klouseer 22.05.2026 22:56
22 Mei 2026: Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad verwelkom die aankondiging van tariefvrye toegang vir rooibos-uitvoere na China, en beskryf dit as 'n beduidende geleentheid om die bedryf se globale voetspoor uit te brei. As die wêreld se grootste teeverbruikende mark, bied China sterk groeipotensiaal vir rooibos, veral namate verbruikers toenemend na premium, kafeïenvrye en gesondheidsgerigte drankie...
RSG Landbou: Daar is koejawelboorde wat tot ‘n honderd jaar oud is, en steeds vrugte dra! 21.05.2026 23:43
Die Koejawelprodusentevereniging van Suid-Afrika verwag ‘n oes van sowat 21 000 ton. Die reën wat die Wes-Kaap onlangs ontvang het, kan moontlik ‘n positiewe impak op die finale oessyfers hê. Het jy geweet daar is koejawelboorde wat 80 tot ‘n honderd jaar oud is, en steeds vrugte dra? Ons gesels met Jacques Jordaan oor hierdie interessante bedryf. Johan van den Berg is terug met ons weeklikse weer...
RSG Landbou: Wildbedryf SA hof toe oor beperking op aanhou van sekere spesies 20.05.2026 20:05
20 Mei 2026: Het jy geweet dat wildeienaars van die Springbokvlakte tot onlangs toe nog verbied was om springbokke aan te hou? Wildbedryf Suid-Afrika het die hof namens sy lede en die breër bedryf genader, nadat die Gautengse regering begin het om voorwaardes op te lê om die aanhou van sekere spesies te verbied. Waarna kyk finansiers wanneer ‘n kredietaansoek oorweeg word? Dawie Maree van FNB het...
RSG Landbou 19 Mei 2026 19.05.2026 24:18
Daar is al hoe minder boerderye wat deesdae as ‘n eenmansaak bedryf word. Soos ‘n boerderybesigheid verander en groter word, is dit goed om maatskappystrukture te vestig. Ons hoor wat Hennie de Swardt van FNB hieroor gesê het by die Oranjeriviervoere-boeredag op Prieska. Veeveilings waar diere fisies by veilingskrale teenwoordig is, vind stadig maar seker weer plaas in gebiede waar bek-en-klouseer...
RSG Landbou 18 Mei 2026 18.05.2026 24:38
In hierdie week se landbounuus praat ons oor Suid-Afrika se 2026 wyndruif-oes, plaaslike verkope van landboumasjinerie, die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf se 2025/26-seisoen en Agri Wes-Kaap se kandidate vir sy 2026 Jongboer van die Jaar-kompetisie. Verder gesels ons met Francois Knowles, die registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, APAC, oor dié organisasie se protokolle vir lewendehawe...
RSG Landbou 16 Mei 2026 16.05.2026 12:24
Ons stel ondersoek in na nuwe kultivarontwikkeling. En, die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 hou bepaalde voordele vir Suid-Afrikaanse boere in.
RSG Landbou 15 Mei 2026 15.05.2026 24:22
Die evolusie van biodiversiteitswetenskap in ‘n Afrika-konteks, is ‘n onderwerp waaroor professor Guy Midgley graag gesels. Hy is direkteur van die skool vir klimaatsudies aan die Universiteit Stellenbosch. Om meer te produseer met minder risiko, is die doel van ‘n weerstasie-ontplooiing. ‘n Lid van die uitvoerende adviesraad van ‘n projek wat dit ten doel het, dr. Ilse Trautmann, verduidelik. Wil...
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds