RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
RSG Kuns 24.07.2018 6:18
Die akteur, Armand Aucamp, keer ná vyf jaar terug na die verhoog. Johan van Lill het met hom gesels.
RSG Kuns 17.07.2018 14:20
Christelle Webb-Joubert besoek 'n paar kunsgalerye in Hermanus.
RSG Kuns 17.07.2018 6:34
Die Brooklynteater bied eersdaags die opera Norma aan. Sopraan Ilze Coetzee en regisseur Tinus Spies vertel meer.
RSG Kuns 17.07.2018 17:31
Kunstenaars Margot Rudolph en Eunice Botes vertel van die uitstalling, Three Ceramic Palettes.
RSG Kuns 17.07.2018 8:56
Christelle Webb-Joubert gesels met die akteurs en skrywer van die toneelstuk, 3 Susters.
RSG Kuns 26.06.2018 7:48
Woza Albert was vir die eerste keer in 1981 te sien. Hierdie protesteater en voorgeskrewe werk vir leerders is vanjaar te sien by Innibos.
RSG Kuns 26.06.2018 14:51
Die akteurs van Marthinus Basson se nuwe produksie, Kleedkamer Blues, gesels oor die uitdagings van die bedryf.
RSG Kuns 26.06.2018 7:19
Uit die bloute van 1996 is ook vir Innibos afgestof met nuwe toonsettings van Eugene Marais se werk.
RSG Kuns 26.06.2018 6:29
Johan Myburg gesels oor die visuele kuns by vanjaar se Innibosfees.
RSG Kuns 19.06.2018 8:52
Christelle Webb-Joubert gesels met Sorina Erasmus, Cobus Venter en Barry van Rensburg oor hulle toneelstuk, Antie Pohl.
RSG Kuns 19.06.2018 7:22
Die Tondi-uitstalling en -kompetisie vind elke jaar plaas by FynArts in Hermanus. Christelle Webb-Joubert het na die kunswerke op wynvate gaan kyk.
RSG Kuns 19.06.2018 12:25
Die dirigent, Christo Burger, gesels oor die Wêreld Koorspele, wat vir die eerste keer op in Afrika aangebied word. Dit vind van 4 - 14 Julie in Pretoria plaas.
RSG Kuns 19.06.2018 14:00
Johan van Lill was by die Jeugdagvieringe by Kunstekaap. Hy vertel wat alles daar gebeur het.
RSG Kuns 19.06.2018 1:19
Terrance April vertel van die musiekspel Sarafina, wat weer in Johannesburg op die planke is.
RSG Kuns 12.06.2018 20:14
Die kunstenaar Jaco Sieberhagen stap saam met ons deur Sculpture on the cliffs by Gearing Point in Hermanus.
RSG Kuns 12.06.2018 5:17
Willem Vogel van Brooklyn teater vertel van hulle unieke Mahler konsert.
RSG Kuns 12.06.2018 3:50
A thread runs through it is 'n uitstalling waar 'n skilder en tekstielkunstenaar saamgewerk het. Del Botha vertel meer.
RSG Kuns 12.06.2018 3:34
Liz Coates gesels oor die keramiek uitstalling, Beyond fire.
RSG Kuns 12.06.2018 3:16
Christelle Webb-Joubert was by die openingsnaweek van die FynArts fees in Hermanus. Sy gesels met Colleen Naude oor die res van die fees en wat alles nog voorlê.
RSG Kuns 12.06.2018 5:17
Willem Vogel van Brooklyn teater vertel van hulle unieke Mahler konsert.
RSG Kuns 12.06.2018 6:49
Die bas-bariton Christiaan Snyman vertel van sy vadersdagkonsert saam met die Pretoria simfonie orkes.
RSG Kuns 05.06.2018 5:46
Pieter van Zyl gesels oor die Athol Fugard stuk, The woman with a baby on her back, waarin hy eersdaags te sien is.
RSG Kuns 05.06.2018 8:19
Johan van Lill gesels met Johan Baird oor die produksie #Justmen.
RSG Kuns 05.06.2018 10:55
Christelle Webb-Joubert leer ken die kunstenaar Marina Blight. Haar uitstalling, A pocketful of inspiration, is tans te sien by die Zandvliet Wynlandgoed. Op Robertson in die Wes-Kaap.
RSG Kuns 05.06.2018 5:58
Marelise Hatting is 'n singende apteker. Christelle Webb-Joubert het by haar gaan kuier.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds