RSG

RSG Kuns

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Arts

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

6 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Waterverfklas 11.08.2020

Meinhard Peters gee vir Johan van Lill en Lizelle de Bruin 'n waterverfklas.

10karakters/10characters 11.08.2020

Fotograaf Nardus Engelbrecht vertel van sy aanlynuitstalling, 10karakters/10characters.

Anna Richter-Visser - Deel 1 04.08.2020

Luister na die eerste deel uit 'n argiefonderhoud met aktrise Anna Richter-Visser. Sy vertel van die tyd toe sy klas gegee het vir teologiestudente.

Afrikaanse Kontemporêre Drama-argief 04.08.2020

Deon Opperman vertel van die Afrikaanse Kontemporêre Drama-argief.

Aleta Michaletos 04.08.2020

Leer ken die kunstenaar Aleta Michaletos.

Kinderteater beplan buitelugteater 28.07.2020

Cindy Gordon van die National Children's Theatre in Johannesburg vertel van hulle plan om 'n buitelugteater te bou.

Siegfried Mynhardt 28.07.2020

Luister na 'n argiefonderhoud uit 1990 met die akteur, Siegfried Mynhardt. Willie Lottering het met hom gesels in die program, Dagjoernaal.

Leer aanlyn om te teken 28.07.2020

Kan jy aanlyn leer teken? Johan van Lill en Lizelle de Bruin neem deel aan een van Hester van Rensburg se kunsklasse op Whatsapp, en vind uit of enigiemand kan leer teken. Hou 'n pen en papier byderhand en teken saam.

Elize Cawood (28 Junie 1952 – 18 Julie 2020) 21.07.2020

Aktrise Elize Cawood sterf op die ouderdom van 68 aan longkanker. Christelle Webb-Joubert saai 'n onderhoud uit 2015 uit met haar en haar man Wilson Dunster. Hulle gesels oor hoe hulle ontmoet het, hulle kinders en die bedryf.

Lochner de Kock 21.07.2020

Lochner de Kock word vanjaar 70. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy grootwordjare, loopbaan en passie.

Babs Laker 21.07.2020

Die legendariese Babs Laker gesels in 'n onderhoud uit 1970 oor die bedryf in daardie jare.

Gert van den Bergh 14.07.2020

Luister na 'n onderhoud uit 1965 met die legendariese akteur, Gert van den Bergh.

Koop kuns aanlyn 14.07.2020

Christelle Webb-Joubert wil by Johan Myburg weet waarna jy moet kyk as jy kuns aanlyn aankoop.

KKNK-aanlynuitstalling - Deel 2 14.07.2020

Dineke van der Walt, die KKNK se visuele kunskurator, vertel hoe die virtuele uitstallings werk.

KKNK-aanlynuitstalling - Deel 1 14.07.2020

Hugo Theart vertel van die KKNK se visuele uitstallings wat nou aanlyn beskikbaar is.

RSG Kuns 7 Julie 2020 07.07.2020

Christelle Webb-Joubert gesels met perkussiespeler Magda de Vries. Sy spesialiseer in die marimba. Vader Frans Claerhout het op 4 Julie 2006 gesterf. Luister na 'n argiefhoorbeeld uit 1993, saamgestel deur Diena Smit.

Michael Albertyn Senior 30.06.2020

Christelle Webb-Joubert gesels met twee lede van die Albertyn-familie. Michael Albertyn Senior gesels oor die familie en sy eie loopbaan.

Sandra Prinsloo 30.06.2020

Sandra Prinsloo gesels oor die inperking en hoe dit haar lewe geraak het, haar loopbaanhoogtepunte en oudword.

Michael Albertyn Junior 30.06.2020

Christelle Webb-Joubert gesels met twee lede van die Albertyn-familie. Michael Albertyn Junior vertel van sy pa se invloed op hom, en hoe hy byna nie in sy pa se voetspore gevolg het nie.

Teaterbystandsfonds 23.06.2020

Gert van Niekerk vertel hoe dit met die Teaterbystandsfonds gaan. Hy praat ook oor die toneelstuk, Leengoed, wat debuteer by Innibos Digitaal.

Truida Louw 23.06.2020

Luister na 'n argiefonderhoud uit 1974 met Truida Louw.

Margot Luyt 23.06.2020

Lizelle de Bruin gesels met Margot Luyt oor haar loopbaan, die hoogtepunte en haar aftrede.

Kunswerke in stukke 23.06.2020

Kunstenaar Jonèl Scholtz vertel van 'n idee waar 'n skildery in stukke verdeel word, en dan oor die wêreld heen verkoop word.

Pierneef 16.06.2020

Luister na 'n argiefonderhoud met Pierneef. Anna Neethlingh-Pohl en Jan Schutte het by hom gaan kuier.

Kirvan Fortuin 16.06.2020

Kirvan Fortuin, 'n jong danser en choreograaf, is die naweek oorlede. Hy het in Macassar op die Kaapse Vlakte grootgeword, en het sy passie as 'n beroep gekies. Hierdie passie het hom gelei na verhoë dwarsoor die wêreld. Luister na 'n dokumentêr deur Johan van Lill wat in 2017 uitgesaai is.

Luister naar de podcast RSG Kuns in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds