RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Rust-en-Vrede Galery se Portrait Awards 20.05.2025 11:30
Dis weer tyd vir die Rust-en-Vrede Galery se Portrait Awards. Die kurator, Donavan Mynhardt, en een van die beoordelaars, dr. Dineke Orton, vertel meer.
Aïda by Kunstekaap 20.05.2025 14:14
Kaapstad Opera voer van 23 tot 31 Mei 2025 Verdi se gewilde opera, AÏDA, by Kunstekaap se operahuis op. Terrance April het 'n repetisie bygewoon, en met die regisseur, Magdalene Minnaar, gesels. Magdalene is ook die artistieke direkteur van Kaapstad Opera.
Pottebakker oor glasuur 20.05.2025 10:59
Pottebakker Konstanze Harms verduidelik wat sout- en kristalglassuur is, en hoe dit verskil van ander glassuur.
Ope-uitnodiging uitstalling in Graaff-Reinet 20.05.2025 11:15
Die kurator van die Rupertmuseums, Eliz-Marie Schoonbee, vertel van hulle ope-uitnodiging uitstalling in Graaff-Reinet.
Driesusters 13.05.2025 31:29
Pottebakker Konstanze Harms, goudsmit Maja Beyers en skilder Cornelia Holm is in hulle tagtigs. Hulle vertel van hulle uitstalling, Driesusters.
Kroon van Wonders 13.05.2025 6:04
Die komponis en dirigent van die Vox Kamerkoor, Franco Prinsloo, gesels oor Kroon van Wonders, die laaste deel van ‘n oratorium oor die lewe van Jesus Christus.
Nadine in Swingin’ Las Vegas 13.05.2025 7:40
Sangeres Nadine is te sien in Swingin’ Las Vegas. Terrance April het by haar gaan kuier.
Antoinette du Plessis - Random Variables 06.05.2025 9:58
Christelle Webb-Joubert kuier by keramiekkunstenaar Antoinette du Plessis. Sy gesels oor haar uitstalling, Random Variables.
Nóg ‘n universiteitsorkes van die VSA in SA 06.05.2025 5:16
Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor nóg ‘n universiteitsorkes van die VSA wat Suid-Afrika besoek.
Malo and the Moon Maiden 06.05.2025 10:19
Regisseur Janice Honeyman vertel van die produksie, Malo and the Moon Maiden. Sirkuselemente en teater vertel ‘n pragtige liefdesverhaal.
Atterbury Klassiek 2025 06.05.2025 14:33
Pianis en samesteller van Atterbury Klassiek dr. Charl du Plessis vertel van die konserte wat te sien is by vanjaar se fees.
DIE UITWEG debuteer by Suidoosterfees 29.04.2025 5:52
Regisseur Sjaka S. Septembir en akteur Carlo Daniëls vertel van DIE UITWEG, wat debuteer by 2025 se Suidoosterfees.
Charl-Johan Lingenfelder oor JOSEPH AND THE AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT 29.04.2025 16:04
Christelle Webb-Joubert gesels met Charl-Johan Lingenfelder, die musiekregisseur van JOSEPH AND THE AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT, wat te sien is in die Kaap en Johannesburg.
SA Strykerskonferensie 2025 29.04.2025 13:15
‘n Konferensie vir strykers word van 1 tot 4 Mei 2025 by die Odeion Skool vir Musiek in Bloemfontein aangebied. Christelle Webb-Joubert gesels met die stigter, Mariechen Meyer, en tjellis Anmari van der Westhuizen.
A DOLL’S HOUSE PART 2 29.04.2025 10:20
A DOLL’S HOUSE PART 2 is te sien in die Kaap en dan in Johannnesburg. Zane Meas vertel vir Christelle Webb-Joubert meer van die toneelstuk.
Elzabe Zietsman by die Suidoosterfees 22.04.2025 15:33
Die aktrise, sangeres en nou ook regisseur Elzabe Zietsman vertel waarby sy alles betrokke is by 2025 se Suidoosterfees in Kaapstad.
Hortjies dig Peter Blum produksie 22.04.2025 8:23
Peter Blum is een van ons minder bekende digters wat tog 'n belangrike bydrae gelewer het, veral in die aanloop tot die Sestigers. Die produksie, HORTJIES DIG, deur Francois Toerien kyk na van sy werk. Terrance April gesels met Francois.
Unveiled-ontBLOOT deur Beyond the frames 22.04.2025 14:54
Beyond the frames, bied ‘n groot inklusiewe uitstalling aan met die titel, Unveiled/ontBLOOT. Christelle Webb-Joubert gesels met Monique Heystek en Susa van Dyk oor die eerste.
Gamka Klassiek 22.04.2025 10:03
Die feesdirekteur, Elna van der Merwe vertel vir Christelle Webb-Joubert van Gamka Klassiek wat plaasvind in Prince Albert.
Die Blou Donki Kunsgalery en Clarence Kunstefees 15.04.2025 4:48
Gerrit Viljoen is die eienaar van die Blou Donki Kunsgalery op Clarens. Hy vertel van die galery en die Clarens Kunstefees, wat plaasvind van 1 tot 4 Mei 2025.
Classics for All 2025 15.04.2025 9:53
Die Classics for All-fees in Greyton en Genadendal word vanjaar vir die 21e keer aangebied. Christelle Webb-Joubert gesels met die feesdirekteur, Coenie Visser.
Breyten se Verwelkingslied by Suidoosterfees 15.04.2025 10:09
Die laaste toneelstuk wat Breyten Breytenbach geskryf het, Verwelkingslied, is te sien by vanjaar se Suidoosterfees. Die regisseur Mari Borstlap vertel meer.
S. Bach se Johannes Passie op Goeie Vrydag 15.04.2025 8:47
S. Bach se Johannes Passie word op Goeie Vrydag in Johannesburg uitgevoer. Terrance April gesels met die dirigent Richard Cock.
NWU-Puk Koor vier 70 jaar 15.04.2025 7:38
Die NWU-Puk Koor vier hulle 70e bestaansjaar. Die dirigent, Kobus Venter, vertel van hulle samekoms in November 2025, waar daar nie net gekuier sal word nie, maar ook gesing sal word.
Diary of a Wimpy Kid – The Musical eerste keer in SA 08.04.2025 6:32
Diary of a Wimpy Kid – The Musical word vir die heel eerste keer in Suid-Afrika opgevoer. Daphne Kuhn, medevervaardiger, vertel meer.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds