RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Breyten se BOKLIED by Woordfees 07.10.2025 27:56
Breyten Breytenbach se BOKLIED het jare gelede groot opspraak verwek. Dit is vanjaar weer te sien by die Woordfees. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur, Marthinus Basson, wat destyds ook die regisseur was.
JOSHLIN: MEER AS ‘N NAAM by Woordfees 07.10.2025 13:30
Christelle Webb-Joubert gesels met Herschelle Benjamin, skrywer van die toneelstuk, JOSHLIN: MEER AS ‘N NAAM, wat te sien is by die Woordfees.
RSG se tweede Radioteaterseisoen van 2025 skop af 30.09.2025 8:25
Die tweede RSG Radiodrama-seisoen van 2025 begin 2 Oktober 2025. Estel de Beer, senior vervaardiger en regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde, gesels oor die seisoen se hoogtepunte.
Je-ani se VIER SEISOENE KIND by Aardklop 30.09.2025 9:34
Je-ani Swiegelaar vertel van haar eenvrouvertoning, Vier seisoene kind, wat by Aardklop debuteer.
Minè Kleynhans solo-uitstalling by Pretoria Kunsmuseum 30.09.2025 10:10
Christelle Webb-Joubert besoek die Pretoria Kunsmuseum. Sy stap saam met kunstenaar Minè Kleynhans deur haar solo-uitstalling. Sy is 2024 se wenner van die Sasol Nuwe Handtekeninge Kunskompetisie.
Joburg Ballet se lenteseisoen van dans 30.09.2025 12:55
Terrance April besoek Joburg Ballet. Danè Hurst, artistieke direkteur, en die bestuurshoof, Elroy Fillis-Bell, vertel van hulle lenteseisoen van dans.
Portrait Awards 2025 23.09.2025 17:35
Die wenners van die tweejaarlikse Portrait Awards is op 29 Augustus aangekondig. Christelle Webb-Joubert gesels met die wenner, Malik Mani, en met dr. Dineke Orton, een van die beoordelaars.
Sasol Nuwe Handtekeninge 2025 23.09.2025 26:50
Christelle Webb-Joubert het die toekenningsgeleentheid van die jaarlikse Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie by die Pretoria Kunsmuseum bygewoon, waar sy met die onderskeie wenners gesels het.
Figure of 8 Dance Theatre by twee feeste 16.09.2025 8:55
Marie Vogts van Figure of 8 Dance Theatre vertel van al die produksies waarby hulle betrokke is by vanjaar se Aardklop-kunstefees en die Woordfees. Een van die produksies is WINGS OF LIGHT: DANCE OF AN ANGEL, met musiek gekomponeer deur Mauritz Lotz.
Pierneefskraal 16.09.2025 17:39
Christelle Webb-Joubert maak ‘n draai by Pierneefskraal in Pretoria. Mede-eienaar Chris de Beer gesels oor die plek waar Pierneef eens gewoon en werk het.
Lize Beekman is finalis in International Wildlife Artist of the Year-kompetisie 16.09.2025 11:26
Sanger en kunstenaar Lize Beekman vertel hoe sy per ongeluk ingeskryf het vir die International Wildlife Artist of the Year-kompetisie. Sy is gekies as een van die finaliste. Sy gesels ook oor Melkbos Ateljee 2025.
Boesman en Lena by twee feeste 16.09.2025 7:50
Terrance April gesels met regisseur Christo Davids oor Athol Fugard se bekende, Boesman en Lena. Dit is te sien by vanjaar se Aardklop-kunstefees en die Woordfees in Stellenbosch.
Visuele kuns by Aardklop 2025 09.09.2025 12:13
Die kurator vir visuele kuns by Aardklop 2025, MC Roodt, gesels oor vanjaar se tema, feeskunstenaar en uitstallings.
Belofte Van Vere bring hulde aan Breyten 09.09.2025 7:38
By Aardklop 2025 word daar hulde gebring aan die ontslape Breyten Breytenbach. Artistieke regisseur Anna Davel vertel van die produksie, BELOFTE VAN VERE.
Mzansi Chamber Music Collective se konserte 09.09.2025 9:10
Terrance April gesels met Francois Combrinck oor Mzansi Chamber Music Collective se opkomende konserte.
A Girl Called Owl 09.09.2025 13:06
Larissa Crafford-Lazarus is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise wat tans in Londen woon. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert van die eenvroustuk, A GIRL CALLED OWL, waarin sy binnekort te sien is in Suid-afrika.
WAAR TEKSTURE PRAAT by La Motte Ateljee 02.09.2025 8:07
Nina Kruger, kurator by La Motte Ateljee, vertel van die uitstalling, WAAR TEKSTURE PRAAT, en verduidelik wat hulle ateljee anders maak as ander galerye.
RUTH: THE MUSICAL 02.09.2025 9:56
Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer en vervaardiger, Polyda van Niekerk, oor ‘n nuwe musiekspel, RUTH: THE MUSICAL.
DIE TOWERFLUIT vir leerders 02.09.2025 8:00
Mozart se DIE TOWERFLUIT word aangebied vir laer- en hoërskoolleerders. Regisseur Elizma Badenhorst vertel meer.
PROOI/PREY se tema ontstel 02.09.2025 12:44
PROOI/PREY is ’n ontstellende toneelstuk oor mensehandel. Christelle Webb-Joubert gesels met die vervaardigers, Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden.
Konsertreeks in die Endlersaal 02.09.2025 8:45
Die meeste plaaslike universiteite se musiekdepartemente het toegang tot 'n uitstekende lokaal waar hulle musiek voor 'n gehoor uitgevoer kan word. Dit is ook die geval met die Universiteit Stellenbosch. Terrance April gesels met Vicky Davis, artistieke direkteur van die Endlersaal. oor al hulle bedrywighede.
TOOR/BOS, visuele kuns en skynrealiteit 26.08.2025 12:54
Die uitstalling, TOOR/BOS, bring visuele kuns en skynrealiteit bymekaar, en neem die kyker op ‘n wonderlike reis. Kurator dr. Dineke Orton verduidelik hoe dit werk.
MOFFIE op die verhoog 26.08.2025 8:18
Akteur David Viviers gesels oor die toneelstuk, Moffie, wat ‘n draai in Londen gemaak het, en nou in Suid-Afrika te sien is.
Kaapstad se Filharmonies Lenteseisoen 2025 26.08.2025 12:36
Terrance April gesels met Louis Heyneman, bestuurshoof van die Kaapstad se Filharmoniese Orkes, oor hulle lenteseisoen.
One and the many-uitstalling - Deel 2 26.08.2025 15:14
Christelle Webb-Joubert stap verder saam met kurator Storm Janse van Rensburg deur die uitstalling, One and the many, by Javett-UP.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds