RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 14 22.01.2026 12:54
Laurinda nooi vir Janine om by haar te kom tee drink. Piet daag by die huis op met ‘n bos lelies. Laurinda kry dadelik snuf in die neus. Piet speel dom oor die geheime stemboodskap, en noem dat dit vir Cor of Rian bedoel was. Hy beskuldig Anika dat sy rooihakskene het, en dat sy ‘n romantiese verhouding met een van die twee broers wil aanknoop.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 13 21.01.2026 15:00
Dit is Arend Fillis, die nuwe motorwerktuigkundige van Fortuna Trans, se eerste dag. Maureen hou dadelik van hierdie onskuldige jong seun met sy mooi maniere. Shorty hou niks van die gedagte dat hy ‘n stertjie gaan kry om op te pas nie. Sommer gou stel hy belaglike eise en opdragte aan Arend, wat Arend maar gedweë moet uitvoer. Shorty kry die gevoel dat Stefan hom dophou, maar hy sien sommer gou A...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 12 20.01.2026 13:54
Anika en Piet het ‘n geheime ontmoeting waar hulle ontbyt geniet by hulle gunsteling koffiewinkel. Rian sien hulle toevallig raak, en die paartjie moet vinnig kleitrap en die ontmoeting afmaak as ’n sake-ete. Rian vind uit dat Norman saam Mosambiek toe gaan, en hy sien rooi. Cor het weer sy eie kop gevolg.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 11 19.01.2026 13:06
Cor wys vir Norman hoe lyk die trokke en die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Hy verduidelik wat die kameras alles kan doen, en manipuleer die situasie met Norman se voorliefde en passie vir rekenaarspeletjies en elektronika tot sy voordeel. Shorty keur dit glad nie goed nie. Cor vra vir Stefan of Norman kan saamkom Mosambiek toe, en gebruik hul wankelrige verhouding as troefkaart. Sal Stefan...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 10 16.01.2026 14:11
Cor en Shorty probeer ‘n stokkie voor die nuwe paneelkameras se beeldmateriaal steek. Cor kry, met die hulp van ‘n jong IT-student, ‘n spesiale program wat ‘n gedokterde filter oor die beelmateriaal kan plaas. Cor oortuig vir Norman om van syfers en boekhou te vergeet, en liewer te fokus op die nuwe paneelkameras van Fortuna Trans. Norman is dadelik geïnteresseerd. Miskien is Fortuna Trans nie so...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 9 15.01.2026 15:00
Sandra, die personeelhoof van Fortuna Trans, word dringend ingeroep om aan die drywers ‘n inligtingsessie aan te bied oor paneelkameras. Shorty is nie ten gunste van hierdie instelling nie. Hy voel die drywers word dopgehou omdat hulle nie vertrou word nie. Sandra verseker hom dat dit slegs vir hulle eie veiligheid is. Stefan deel die nuus met Shorty van ‘n nuwe aanstelling, wat Shorty warm onder...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 8 14.01.2026 13:29
Die drie broers ontmoet vir ‘n vergadering om die installering van die nuwe paneelkameras te bespreek. Gemoedere vat vlam, en Rian probeer vredemaker speel. Cor en Shorty ontmoet in die werkswinkel om die paneelkameras uit te toets. Sommer gou sien hulle dat hierdie hoogs gevorderde tegnologie is, en dat hulle vinnig ‘n plan sal moet beraam om hulle smokkelary en misdrywe te pleeg. Het Cor dalk re...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 7 13.01.2026 13:30
Piet en Laurinda du Preez geniet ‘n heerlike verrassingsontbyt, wat Laurinda vir hulle voorberei het. Laurinda noem aan Piet dat daar ‘n vreemde betaling uit haar bankrekening plaasgevind het - ‘n peperduur rekening vir ‘n hotelkamer. Piet trap klei, en skuif die blaam op ‘n CA van die Kaap. Dan kry Laurinda ‘n baie interessante stemboodskap, wat nie vir haar bedoel was nie...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 6 12.01.2026 13:00
Anika sien toevallig vir Cor in The Drunken Sailor-kuierkroeg. Sy is woedend, en voel misbruik en seergemaak dat Cor net verdwyn het sonder om haar te laat weet waar hy is. Stefan haal vir Norman oor die kole oor sy swak punte vir rekeningkunde. Norman voel sy pa is onbetrokke, en plaas onnodige druk op hom. Janine probeer vredemaker speel, maar is onsuksesvol.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 5 09.01.2026 13:22
Cor is tuis. Stefan wil hom ‘n paar warm klappe gee, maar Piet tree tussenbeide. Hy beskou Stefan se gedrag as kinderagtig en onvanpas. Cor beplan ‘n gesellige braai saam met sy ouers, waar hy hulle wil bederf met springbokfilet ná sy jagekskursie. Cor ontmoet vir Shorty in ‘n kroeg om sake te bespreek. Iemand sien per ongeluk vir Cor raak...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 4 08.01.2026 14:16
Stefan lê klem daarop dat die maatskappy moet belê in elektroniese hulpmiddels soos paneelkameras vir elke trok. Shorty word geroep om na die nuwe paneelkameras te kyk, en hy is in die wolke want diot sal sy werk makliker maak. Shorty kry ‘n interessante oproep van ‘n spesiale vriend wat hy al jare lank ken. Dan is daar ‘n klop aan die deur...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 3 07.01.2026 14:40
Shorty Swanepoel is behoorlik in die warm water. Rian du Preez ontbied hom om vir hom al die inklok- en uitkloktye van elke drywer, asook die dieselstrokies van die Mosambiekse aflewering, te bring. Cor is terug, en hy en Rian bespreek die gemors waarin Shorty hulle gedompel het. Cor ontvang ‘n oproep van ‘n vreemde nommer. Dit verander hulle planne drasties.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 2 06.01.2026 14:55
Piet du Preez belê ‘n noodvergadering, maar nie om te gesels oor Cor se verdwyning nie. Dit gaan oor ‘n verdagte Fortuna Trans-trok wat verlate staan op die Mosambiekse grens. ‘n Stewige boete moet betaal word. Rian kry ‘n interessante oproep. Cor is dalk veel nader as wat almal dink.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 1 05.01.2026 14:12
Daar is ‘n ligte atmosfeer in die kantore van Fortuna Trans. Dit is net nog ‘n doodgewone oggend by die Du Preez-familie se onderneming, tot Anika ‘n oproep ontvang. Piet du Preez, die sakemagnaat en eienaar van Fortuna Trans, se jongste seun word vermis. Weet Anika meer as wat sy voorgee? Waar is Cor du Preez?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 29 (slot) 02.01.2026 14:58
Lena kry nie klaar gehuil nie. Emma hou nie op om haar te verras nie. Die kersversierings word weer geskuif. Lena en Emma maak boeke op. Die pakkamer kry ‘n nuwe naam.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 28 01.01.2026 14:36
Ben nooi Hannes vir koffie en skok hom. Rudolf is erg ontsteld. Hy soek raad by Oupa Krismis. Dis weer tyd vir groet en afskeid. Die kersversierings en huismense is ewe hartseer.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 27 31.12.2025 14:28
Lena bespreek haar ontsteltenis met Hannes, wat nie raad het nie. Oupa Krismis soek naarstigtelik na ‘n oplossing vir die kersversierings se jongste krisisse. Hy is verstom om te sien wie staan nader om te help. Hy beleef ‘n aand wat hy nooit sal vergeet nie.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 26 30.12.2025 13:58
Daar is ‘n geskarrel in die sitkamer want ‘n Kersboom word versier, en alles moontlik word gedoen om te verseker dit loop nie op ‘n deurmekaarspul uit nie. Luma neem ‘n groot besluit. Hoe goed daar ook al beplan is, eindig die dag op ‘n droewige noot.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 25 29.12.2025 15:02
‘n Hartseer Lena soek raad by Gloria. Gloria klop dadelik by Oupa Krismis aan vir bystand. Waaroor gaan al die drama? Worsie kom uiteindelik terug van sy naweekuitstappie vanaf Daisy. Die kersversierings hou asem op. Waarmee is Lena so bedrywig?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 24 26.12.2025 14:58
Hannes en Emma begin met Hannes se stapoefeninge. Gloria maak seker die kersversierings weet dis Welwillendheidsdag en almal weet wat dit beteken. Laataand begelei ‘n ontstelde Rudolf vir Gloria tuin toe. Wat het hy op sy hart?
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 23 24.12.2025 15:04
Dis Oukersaand. Ben sit half verlore in die tuin. Lena druk hom in ’n hoek, en die twee praat hulle harte leeg. Luma en Lux besluit dis tyd om Blink uit sy wroeging te help. Almal se harte moet vol van die Kersfeesgees wees. Ben het ‘n groot versoek vir Oukersaand. Daar is ‘n klop aan die deur, en pandemonium breek los in die huis.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 22 23.12.2025 15:06
Rudolf ontpop in ‘n storieverteller. Oupa Krismis en Rudolf maak vrede. Emma bly tog te geheimsinnig, en Ben kan dit nie meer hou nie. Emma het nóg ’n verrassing, en dit neem die wind heeltemal uit Ben se seile.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 21 22.12.2025 15:00
Lena en Hannes hou voor hulle garage stil, en is heeltemal verstom. Hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Die Kersboom is uiteindelik versier, en dit het Lena in trane. Wie hang waar? Blink is nie op ‘n goeie plek nie. Hoekom nie? Tinsel en Worsie spring aanmekaar.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 20 19.12.2025 15:04
Emma is nog lank nie klaar om Lena en Hannes te verras nie. Emma en Ben word onverwags na die parkie naby hulle huis genooi, en hulle beleef ‘n onvergeetlike dag. ‘n Vreemde vrou klop aan Lena-hulle se voordeur.
KERSVERSIERINGS VAN HOOP deur Joe Kleinhans – Episode 19 18.12.2025 14:37
Die kersversierings is afgehaal omdat daar net eenvoudig nie tyd is om die Kersboom te versier nie. Dis asof daar aanmekaar verskonings is dat dit nie gebeur nie. Wanneer die nuwe Hollandsprekende kersversierings boonop voorkeurbehandeling kry, is die gevestigde kersversierings in sak en as.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds