RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Arts

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

2 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 9 21.05.2025

Ben stel 'n ultimatum aan Sasha. Elsa is ontsteld ná haar toevallige ontmoeting met Ansie. Sy sien vir die eerste keer weer haar seun, en sy neem 'n belangrike besluit.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 8 20.05.2025

Magriet en Lynette onderhandel met David. Ben is jaloers op David, maar Magriet verseker hom dis onnodig. Ben en Sasha woon 'n werkspartytjie by, met dit verreikende gevolge.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 7 19.05.2025

Sasha sorg dat sy onmisbaar is in Magriet se afwesigheid. David gooi sy flikkers by Magriet. Lynette terg Magriet oor David.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 6 16.05.2025

Lynette en Magriet besef Petro sal nooit verander nie, maar Petro se gedrag frustreer Magriet tog. Petro neem haar kans waar, en betower die hotelgaste.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 5 15.05.2025

Elsa is onsteld omdat Ansie Ben besoek het. Willem is ongeduldig teenoor Ansie. Willem besoek die klub en soek toenadering by Elsa, maar sy staan vas.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 4 14.05.2025

Magriet kry 'n onverwagse besoeker. Willem en Ansie sit vas. Sy is bang sy gaan haar kind verloor, en neem sake in eie hande.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 3 13.05.2025

Ben soek toenadering by Sam. Hy oortuig Magriet om saam met hom na die klub toe te gaan om te luister hoe Elsa saksofoon speel. Hulle ontmoet Dustin en Magriet is nie beïndruk nie.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 2 12.05.2025

Ben is bekommerd oor Elsa. Elsa konfronteer Willem, en waarsku hom om weg te bly van haar en haar gesin af. Lynette stel 'n ultimatum aan Petro.

BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 1 09.05.2025

Magriet wil nie betrokke raak by Lynette en Petro se argumente nie. Ben soek vergeefs toenadering by sy vrou. Elsa is kwaad wanneer Sam haar vertel van Willem.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 23 (slot) 08.05.2025

Hoor wat van Afrikaans sal word in die sesde millennium, en of Didius en Bonita toe darem hulle verskille kon bylê. En hoe sal Loeloeraai die res van sy sending in die Suidelike Galaktikas benader?

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 22 07.05.2025

Didius kom uit ’n gebou gehardloop en roep wild om hulp. Loeloeraai beveel aan dat Cleož hom op ’n veilige plek uitvra terwyl hy en Watwo onder elektromagnetiese verhulling gaan kyk of hulle die oorsaak van Didius se hulpgeroep kan opspoor. Cleož besluit die veiligste plek om Didius uit te vra, is in die Kronogmoš. Dit het egter katastrofiese gevolge!

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 21 06.05.2025

Cleož transfigureer van haar normale voorkoms na dié van ’n tipiese student van 1997, met byna katastrofiese gevolge wanneer sy met Didius Deelman begin gesels. Professor Provo van Thijn, wat Didius se meisie by hom afgerokkel het, raak dinge teenoor haar kwyt wat byna Didius se lewe kos.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 20 05.05.2025

Loeloeraai neem ’n foto van Neelsie, Vroutjie, Engela en Oom Stoffel. Kort daarna heers daar egter groot verwarring, en Vroutjie verdink Neelsie dat hy by die aanstellerige Miesies Wenderbaail vlerkgesleep het. Watwo en Cleož het baie interessante nuus om met Loeloeraai te deel, maar hy het sélf ’n bietjie verrassende nuus vir Watwo.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 19 02.05.2025

Neelsie verduidelik aan Loeloeraai waarom hy glo dat Afrikaans sal wegkwyn sonder die handhawing van die taal op onderwysvlak. Loeloeraai het slegte nuus vir Kerneels en sy huismense.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 18 01.05.2025

Neelsie vertel Loeloeraai van die twee belangrike periodes van oorsprong van Afrikaans. Wanneer hy sy twyfel oor die voortbestaan van Afrikaans oor vyftig of meer jaar uitspreek, betig Loeloeraai hom onmiddellik en sê hy dat hy glo in die oorlewing van die taal. Loeloeraai is verstom oor die geskiedenis van taalgenootskappe en taalunies, en verwonder hom aan die uiteenlopende denkrigtings va...

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 17 30.04.2025

Neelsie se antwoord op die vraag of daar enigiemand in die land selfs besig is met genetiese navorsing, bevestig Loeloeraai se vermoedens. Loeloeraai se belangstelling in Afrikaans word geprikkel wanneer Neelsie vertel van sy pogings om die taal te bevorder en van die uiteenlopende standpunte oor die ontstaan van Afrikaans.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 16 29.04.2025

Engela en Loeloeraai het ’n reuse verrassing vir Kerneels en Vroutjie, maar Stoffel is nog meer agterdogtig as ooit tevore. Neelsie skraap die moed bymekaar om Loeloeraai te vra wat die doel van sy besoek is en of hy alleen is. Die beperkte inligting wat hy van Loeloeraai kry, is nietemin vir hom onrusbarend.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 15 28.04.2025

Loeloeraai erken teenoor Watwo wat sy ware opdrag vir die sending was. Oom Stoffel kom vroeg daardie volgende oggend by die kombuis ingehardloop met skokkende nuus oor Loeloeraai.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 14 25.04.2025

Nadat Loeloeraai teruggekeer het na die eiervormige tuig in die agterplaas vir die nag, kan niemand in die huis tot rus kom nie. Engela verwoord Neelsie en Oom Stoffel se grootste kommer: “ Ek wonder net wat het hy hier by ons kom maak ?” Cleož maak die waarheid aan Watwo bekend oor die dood van sy vader, lank gelede.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 13 24.04.2025

Loeloeraai verstom almal met sy intelligensie, behalwe Oom Stoffel wat die vrede nie wil vertrou nie. Nie net is hy intelligent en vir Vroutjie en veral vir Engela baie aantreklik nie, hy verstom almal ook met asemrowende tegnologie.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 12 23.04.2025

Oom Stoffel reken met só baie goud in die agterplaas, is Kerneels se geldprobleme vir goed verby! Die ou korrelkop wil sommer hê Herrie moet die goue eier kom omrol, maar Vroutjie vrees steeds vir ’n moontlike ontploffing. Oom Stoffel bedink ’n slim plan om te bewys dat dit nie ’n stuk wapentuig uit die vorige oorlog was nie.

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 11 22.04.2025

Loeloeraai oortuig Watwo en Cleož dat hy alleen die chronotuig sal verlaat, sonder ’n wapen om homself mee te verdedig en sonder ’n linguistofoon waarmee hulle mekaar sal kan verstaan. Vroutjie is bekommerd dat die eiervormige tuig in hulle agterplaas ’n oorblyfsel uit die laaste oorlog kan wees en Engela is bang die persoon aan die binnekant gaan versmoor omdat daar geen venster...

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 10 21.04.2025

Terwyl Vroutjie en Neelsie die Aandster sit en bewonder, sien sy skielik ’n baie vreemde vliegtuig naderkom. Die skynbaar onmoontlike gebeur. Die eiervormige tuig land reg langs die eikeboom in Neelsie-hulle se agterplaas! Neelsie stel ondersoek in, maar hy sien niks wat lyk na ’n deur óf ’n venster of selfs ’n voeg nie. Vroutjie sê sý dink dis Neelsie se mense van Venus wat sy naasteliefde van na...

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 9 17.04.2025

Loeloeraai en sy medetydreisigers besluit eenparig dat daar geen kulturele gesprekvoering met enigiemand in 1697 gevoer kan word nie, en besoek die Aarde in 1923. Hulle wend hulle dié keer tot ’n area oos van waar hulle voorheen was. Terwyl Neelsie en Vroutjie die Aandster sit en bewonder, sê Neelsie hy wonder of daar mense op Venus woon. Vroutjie wonder: “Ás daar mense op Venus sou wees, hoe sou...

SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 8 16.04.2025

Cleož vertel verder waarom Loeloeraai se voorgeslagte van honderde duisende jare gelede nie van Venus na die Aarde kon vlug nie, en vra Loeloeraai of sy hom maar Loe kan noem, afgelei van Loeloeraai, soos Watwo se noemnaam afgelei is van Watwobiuš. Loeloeraai verras sy medetydreisigers met sy tegniese kennis.

Luister naar de podcast Middagvervolgverhaal in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds