Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 Gesprekke
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Categorie
Website van de podcast
Nieuwste aflevering
30 sep. 2026
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Wêreld Ietermagô-dag: Hoop vir die Mees Gesmokkelde Soogdier 18.02.2026 6:18
Wêreld Ietermagô-dag word jaarliks op die derde Saterdag van Februarie gevier om bewustheid te verhoog oor ietermagôs en die ernstige bedreigings wat hulle in die gesig staar – veral stropery en die onwettige wildhandel. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdiere ter wêreld weens die hoë aanvraag na hul skubbe in tradisionele medisyne en hul vleis as ’n lekkerny.
Maak Spore met Stefan Steyn: Die krag van musiek en mentorskap 17.02.2026 6:51
Elmero Strauss gesles met musikant en kitaar-onderwyser Stefan Steyn – ’n naam wat sterk resoneer in Namibië se musiekkringe. Vir baie is hy een van die land se voorste kitaarspelers, maar sy grootste bydrae lê in die spore wat hy in ander se lewens laat deur sy passie vir musiek en sy toewyding aan mentorskap.
Diere vergiftig: Wat nou? Praktiese raad vir troeteldier-eienaars 17.02.2026 4:48
Dr. Theuns Laubscher gesels met Marcel Theron oor wat om te doen wanneer ’n dier moontlik vergiftig is. Hulle bespreek die algemene oorsake van vergiftiging, waarskuwingstekens waarna eienaars moet oplet, en watter onmiddellike stappe geneem moet word om ’n dier se lewe te red. Hierdie gesprek bied noodsaaklike inligting vir elke troeteldier-eienaar in Namibië wat voorbereid wil wees vir ’n noodge...
Vanaf Karasburg tot by die F1-wêreldverhoog – Heinrich Stasiuk se Ongelooflike Reis 13.02.2026 5:28
Van ’n klein dorpie in Suid-Namibië tot die glans van die internasionale Formule 1-verhoog! In hierdie inspirerende episode gesels ons met Heinrich Stasiuk oor sy 10-jaar ooreenkoms met Formula 1 om kos te voorsien by die Heineken F1 Grand Prix in Nevada. Hy berei disse voor vir wêreldsterre soos Lewis Hamilton, Shaquille O’Neal, Jay-Z en Beyoncé – maar sy storie begin nederig in Karasburg. Jean-L...
Irma Rescue: Natuurlike Ondersteuning vir Stres, "Burnout" en Meer 11.02.2026 9:24
Jean-Louis Knouwds gesels met Anette Rheeder oor die gewilde Irma Rescue-reeks en hoe hierdie natuurlike produkte ondersteuning kan bied tydens uitdagende tye. Hulle deel waardevolle insigte oor persoonlike ervarings én terugvoer ná die gebruik van Irma Rescue Burnout en Irma Rescue Stress, asook hoe die volledige reeks kan help met emosionele welstand. Die Irma Rescue-reeks bestaan uit 6 produkte...
Elmero Strauss gesels met Hosea Bonzali, ’n talentvolle sanger en kitaarspeler! 10.02.2026 5:59
Elmero Strauss gesels met Hosea Bonzali, ’n talentvolle sanger en kitaarspeler, én die dryfkrag agter ’n musiekskool met meer as ’n honderd studente. Sy passie vir musiek strek verder as die verhoog en leef voort in die lewens wat hy daagliks help vorm deur onderrig en inspirasie.
Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor fisioterapie in katte, honde en perde! 10.02.2026 4:36
Vandag in Diere Maniere gesels Marcel Theron met Dr. Theuns Laubscher oor fisioterapie in katte, honde en perde!
Elmero Strauss gesels met Alicia Dobson 06.02.2026 4:13
Vandag maak ons kennis met Alicia Dobson - sangeres en kreatiewe gees wat haarself uitdruk deur musiek, skilder en teken. In haar onderhoud gesels sy oor haar debuutvrystelling, “Blank” Skakel tot haar lied: https://youtu.be/jU-Hf4ISGqk?si=EpAyeqlHXePHLrO2
Elmero Strauss gesels met Suann van Heerden oor Hiking for Hope 05.02.2026 6:56
Hiking for Hope - ’n doelgedrewe staproete waar elke tree hoop bring vir kwesbare kinders. Meer as net ’n staptog: dit is ’n reis van veerkragtigheid, spanwerk en omgee, waar personeel en tieners saam stap om bewusmaking te skep en ’n werklike verskil te maak.
Jean-Louis Knouwds gesels met Dawie Roodt oor kripto-geldeenhede 💰 05.02.2026 3:52
Bitcoin en ander kripto’s het die afgelope week skerp gedaal – maar wat beteken dit regtig vir beleggers? Is kripto nog ’n geloofwaardige langtermyn-belegging, of bly dit ’n hoë-risiko spekulasie?
Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy oor Die Voortrekkers 04.02.2026 9:54
Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy oor Die Voortrekkers. ’n Jeugbeweging wat kinders toerus met kultuur, avontuur en natuur. Van leierskap en diensbaarheid tot ligdraers vir 2026 - ’n gesprek oor hoop, karakter en die toekoms van Namibië se jeug.
Irma’s Rescue: Wanneer die Druk te Veel Raak 04.02.2026 12:34
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die realiteite van emosionele druk - wanneer jou hart gebreek is, angs jou oorweldig, of stresvlakke deur die dak skiet en dit voel asof die druk nooit gaan eindig nie. In hierdie insiggewende gesprek fokus hulle op Irma’s Rescue, met spesiale aandag aan Heartbreak Rescue, die nommer-een verkoper onder die ses produkte. Estie verduidelik hoe die produk wer...
Elmero Strauss gesels met Juffrou Sonja du Plessis, graad R juffrou by Pikkie Paradys, 03.02.2026 7:26
Elmero Strauss gesels met Juffrou Sonja du Plessis, graad R juffrou by Pikkie Paradys, oor die belangrikheid daarvan om kinders vroegtydig gereed te maak vir skool - emosioneel, sosiaal en akademies.
Bek- en Klouseer: Wat Boere Moet Weet 03.02.2026 8:38
JP Nel gesels met dr. Theuns Laubscher oor bek- en klouseer en die impak daarvan op vee. Hulle bespreek wat die siekte is, hoe dit versprei, watter tekens om voor uit te kyk, en wat boere kan doen om hul vee te beskerm. ’n Insiggewende gesprek vir enigeen in die landboubedryf.
Menoforce vir Warmgloede en Nagsweet: ’n Gesprek met Estie Schreiber 28.01.2026 12:30
Estie Schreiber gesels oor A.Vogel Menoforce-tablette en hoe dit kan help om warmgloede en nagsweet tydens menopouse te verlig. Sy deel haar ervaring en verduidelik hoe hierdie natuurlike produk werk, hoekom dit effektief is, en hoe maklik dit is om te gebruik. Menoforce is sonder voorskrif beskikbaar by apteke landswyd, met slegs een tablet per dag wat nodig is. Vir meer inligting kan jy www.avog...
Rosatom se syfers is nie korrek nie - Sauma 22.01.2026 7:10
MSN berig dat Rosatom beplan om tot US$500 miljoen (ongeveer N$9,4 miljard) te belê in 'n langtermyn-uraanprojek in Namibië, wat gemik is op 'n jaarlikse produksie van 3 000 ton uraan en 'n mynleeftyd van meer as 25 jaar, terwyl Rusland en Namibië gesprekke oor samewerking in uraanontwikkeling en die vreedsame gebruik van kernenergie bevorder. Headspring Investments poog al jare om in-situ herwinn...
Gesonde Niere: Estie Schreiber oor A.Vogel Nephrosolid 21.01.2026 11:28
Hierdie week gesels Estie Schreiber oor die gesondheid van jou niere en hoe jy dit kan ondersteun met A.Vogel Nephrosolid. Beskikbaar by apteke regoor Namibië. Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur ‘n e-pos na info@sanatural.co.za
Jean-Louis Knouwds gesels met Venessa Schoeman, oor wat regtig volhoubaar is wanneer dit by gewigsverlies kom. 20.01.2026 7:39
Jean-Louis Knouwds gesels met Venessa Schoeman, Redakteur by Voelgoed Media en ook ’n gekwalifiseerde dieetkundige van RSA, oor wat regtig volhoubaar is wanneer dit by gewigsverlies kom. Navorsing wys: Mense wat gewigsverlies-inspuitings gebruik en dan ophou, tel tot vier keer vinniger gewig op as dié wat dit met dieet en oefening verloor het. Is hierdie middels ’n langtermyn-oplossing – of net ’n...
Jean-Louis Knouwds gesels met Colby Bauermeister oor ’n besondere geleentheid wat veel meer is as net ’n oefensessie. 19.01.2026 4:20
WOD for the Voiceless bring die gemeenskap bymekaar om nie net fisies hul grense te toets nie, maar ook om ’n stem te gee aan dié wat nie altyd gehoor word nie. Die inisiatief gebruik fiksheid as ’n platform om bewusmaking te skep en fondse in te samel vir die DBV.
Anette Rheeder gesels oor hidrasie, minerale & gesondheid! 16.01.2026 11:34
Ons begin die jaar met ’n insiggewende gesprek saam met Anette Rheeder oor die belangrikheid van die regte kombinasie van water en minerale vir goeie gesondheid. Sy gesels oor A.Vogel Multiforce Alkaliese poeier en hoe dit jou liggaam daagliks kan ondersteun om gebalanseerd en energiek te bly. In Namibië is A.Vogel Multiforce Alkaliese poeier beskikbaar in oorspronklike, suurlemoen of mango geure...
Dr. Sanet Steenkamp, Onderwysminister, bring duidelikheid oor die staatskole se stelsel 15.01.2026 10:55
Dr. Sanet Steenkamp, Onderwysminister, gesels met Jean-Louis Knouwds om duidelikheid te bring oor die staatskole se stelsel – veral vir Graad 11-leerders en hul ouers.
Elmero Strauss gesels met Anthony Boucher 03.12.2025 7:00
Elmero Strauss gesels met Anthony Boucher, hoof van die kuber misdaad eenheid in SA 🇿🇦 onder leiding van Mike Bolhuis, oor hoe jy jou self moet beveilig en jou elektroniese toestelle moet gebruik in publieke plekke.
Ontdek A.Vogel Molkosan: Die Perfekte Gesondheidsmaat tydens die Fees Seisoen 03.12.2025 8:51
Anette Rheeder en Jean-Louis Knouwds gesels oor A.Vogel Molkosan en waarom hierdie unieke produk uitstaande is gedurende die fees seisoen. A.Vogel Molkosan is slegs beskikbaar in vloeistofvorm – kies tussen 200ml of 500ml bottels, oorspronklik of bessie gegeur. Vind A.Vogel Molkosan by jou naaste apteek en stuur enige gesondheidsnavrae na info@sanatural.co.za Maak jou fees seisoen gesond en vol en...
Jean-Louis Knouwds gesels met Estie Schreiber oor emosionele gesondheid 26.11.2025 11:09
Jean-Louis Knouwds sit saam met Estie Schreiber om die belangrikheid van emosionele gesondheid te verken. Wanneer ons emosioneel uit balans is, beïnvloed dit ons fisiese welsyn - die twee loop hand aan hand. Estie verduidelik hoe Irma’s, met ses unieke produkte, mense help om deur die slaggate, druk, seer en hartseer van die lewe te werk en emosionele veerkragtigheid op te bou. Luister hoe sy uite...
Gesondheidsgesprek: Jou Lever in Fokus 19.11.2025 11:20
Jean-Louis Knouwds gesels met Estie Schreiber oor jou lewer en hoe jy dit gesond kan hou. Die gesprek fokus op A Vogel Boldocynara en sy voordele. Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur ‘n e-pos aan info@sanatural.co.za
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds