Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.kosmos.com.na

Auteur

Kosmos 94.1

Categorie

Arts

Website van de podcast

www.kosmos.com.na

Nieuwste aflevering

30 sep. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Die 33ste kykNET Buite Ekspo: Alles wat jy moet weet 16.07.2026

Jean-Louis gesels met Marius Opperman van Trio Events oor die 33ste kykNET Buite Ekspo wat van 24 tot 26 Julie by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela-Bela plaasvind. Hulle bespreek wat besoekers vanjaar kan verwag, van die nuutste kampeer- en 4x4-uitstallings tot gesinsvermaak, kos, akkommodasie en kaartjies. Ontdek waarom die kykNET Buite Ekspo al 16 jaar lank een van Suid-Afrika se gewildste...

Natuurlike Verligting vir Gewrigspyn | Jean-Louis gesels met Anette Rheeder 16.07.2026

Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor hoe die natuur kan help om pyn, inflammasie en styfheid van die gewrigte te verlig. Ontdek meer oor THRESHHold Real MSM en waarom al hoe meer mense hierdie natuurlike ondersteuning vir gewrigsgesondheid kies. THRESHHold Real MSM tablette is sonder voorskrif beskikbaar by jou naaste apteek. Vir navrae: info@sanatural.co.za Besoek: www.livingnaturally.co.za

Sokkerkoors: Isack Hamata ontleed die Wêreldbeker 15.07.2026

Jean-Louis gesels met Isack Hamata, een van Namibië se bekendste sokkeradministrateurs en sportontleders. Met sy agtergrond as sportjoernalis en sy uitgebreide kennis van plaaslike én internasionale sokker, deel Isack sy insigte oor die FIFA Sokkerwêreldbeker, die grootste stories van die toernooi en wat ondersteuners nog kan verwag. Hulle bespreek ook die ontwikkeling van sokker in Namibië en waa...

Schwané Schumacher: Van Kollig tot Moederskap 14.07.2026

Elmero Strauss gesels met Schwané Schumacher oor haar merkwaardige reis. Van haar dae in die dans- en modelbedryf tot haar sukses as digitale inhoudskepper en entrepreneur, deel sy hoe haar lewe deur die jare ontwikkel het. Die gesprek raak ook aan haar nuutste en mees betekenisvolle rol – dié van ma – en hoe hierdie nuwe hoofstuk haar perspektief op lewe en sukses verander het.

Hoe KI Ons Wêreld Verander | Jean-Louis gesels met Albert Bredenhann 14.07.2026

Jean-Louis gesels met Albert Bredenhann, fotograaf, skrywer, KI-kenner en stigter van Pixel Pro Media, oor die vinnige ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en die impak daarvan op ons daaglikse lewe. Van kreatiewe inhoud en digitale media tot die manier waarop besighede werk en groei – ontdek hoe KI nuwe geleenthede skep en wat die toekoms vir ons inhou. Luister na 'n insiggewende gesprek oor...

Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 13 Julie 2026 14.07.2026

Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.

Walking for the Silent: Die Pad, Die Uitdagings en Die Impak 13.07.2026

Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer nadat hy en François Dames hul Walking for the Silent-tog van Windhoek na Swakopmund suksesvol voltooi het. Ná ses dae en honderde kilometers deel Rias die onvergeetlike oomblikke, die uitdagings onderweg en hoe hierdie besondere inisiatief reeds 'n betekenisvolle verskil maak. Luister na 'n inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, doelgerigtheid en di...

Jean-Louis gesels met Norton Luis oor die Sokkerwêreldbeker 13.07.2026

Jean-Louis gesels met Norton Luis, mede-eienaar van Julinho Athletic FC, oor die Sokkerwêreldbeker en die impak daarvan op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Hulle bespreek hoe internasionale toernooie jong spelers inspireer, die groei van Namibiese sokker, en waarom 'n sterk ontwikkelingsmodel die sleutel is tot die land se toekomstige sukses op die wêreldverhoog.

Sokkerwêreldbeker: Jean-Louis gesels met Manuel Coelho 10.07.2026

Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola en Duitsland deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, sy...

Sokkerwêreldbeker: Die Moderne Spel van Binne Af 09.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Christopher Freygang oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die moderne spel so uitdagend maak. As voormalige Namibiese jeuginternasionaal en aktiewe ligaspeler deel Christopher sy unieke perspektief oor die spel, die fisiese eise wat vandag aan spelers gestel word en wat ondersteuners tydens die wêreld se grootste sokkertoernooi kan verwag. Moontlik gemaak deur Debon...

Peter Bridgeford oor "Conservation & Tourism: The Early Days" 09.07.2026

Elmero Strauss gesels met Peter Bridgeford oor sy nuwe boek, Conservation & Tourism: The Early Days. As 'n ervare skrywer op die gebied van bewaring en toerisme deel hy die inspirasie agter die boek, die geskiedenis van hierdie belangrike bedrywe en waarom die lesse uit die verlede steeds vandag relevant is. Luister na 'n insiggewende gesprek oor bewaring, toerisme en die nalatenskap wat dit vir t...

Gerhard Steyn vertel die storie agter sy nuwe enkelsnit “Vra Net Vir Jou” 08.07.2026

Gerhard Steyn is terug met nuwe musiek! In hierdie gesprek gesels hy oor sy jongste enkelsnit “Vra Net Vir Jou”, ’n opregte liefdesliedjie wat geïnspireer is deur sy eie liefdesverhaal met sy vrou.

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor A. Vogel Echinaforce 08.07.2026

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor A. Vogel Echinaforce en waarom dit belangrik is om vroeg op te tree wanneer die eerste tekens van 'n verkoue of griep opduik.

Sokkerkoors: Micky Kaapama ontleed die Wêreldbeker 08.07.2026

Jean-Louis gesels met Micky Kaapama, 'n Namibiese sportkommentator, uitsaaier en sokkerontleder, oor die jongste verwikkelinge by die Sokkerwêreldbeker. Met haar kundige ontleding en passie vir die spel deel sy waardevolle insigte oor die wedstryde, spelers en die stories wat die toernooi vorm. Sokkerkoors is moontlik gemaak deur Debonairs Pizza.

Maak Spore: Leon van Wyk se merkwaardige lewensreis 07.07.2026

Elmero Strauss gesels met Leon van Wyk, 'n vlieënier met 'n besondere lewensverhaal. Van sy ervarings in die lugruim bo Namibië tot die uitdagings en oorwinnings wat hom gevorm het, deel Leon sy verhaal van deursettingsvermoë, lewenservaring en die spore wat 'n mens langs die pad maak.

Wêreldbeker-praatjies: Portugal se uittrede en wat nou? 07.07.2026

Jean-Louis gesels oor die FIFA Sokkerwêreldbeker en Portugal se uittrede saam met Peter Haufiku, Senior Sportbeampte by UNAM en voormalige FIFA-gelisensieerde sokkeragent.

Vicky Ludick oor Known – A Journey of Being Fully Known by God 07.07.2026

Elmero Strauss gesels met Vicky Ludick oor die bekendstelling van haar nuwe boek, Known – A Journey of Being Fully Known by God. Sy deel die storie agter die boek en neem luisteraars saam op 'n persoonlike geloofsreis wat fokus op identiteit, hoop en die diep waarheid dat elke mens ten volle deur God geken en liefgehê word.

Sokker koors: Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker 06.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met die Namibiese sokkerspeler Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker se ronde van 16, waar groot oorwinnings, skokuitslae en uitstaande individuele vertonings die gesprek oorheers, insluitend Marokko se sterk vorm, Frankryk en Engeland se oorwinnings, Brasilië se uitskakeling deur Noorweë en Haaland se opkoms, asook Afrikaanse hoop met Marokko en Egipte en die groot weds...

Jean-Louis Gesels met Brian Munango oor die Sokkerwêreldbeker 03.07.2026

Jean-Louis gesels saam met Brian Munango oor die jongste wedstryde by die Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed Spanje se oorheersende oorwinning oor Oostenryk, Portugal teen Kroasië en Switserland se vertoning teen Algerië.

Elmero Strauss gesels met Riaan Smit oor die Johnny Cash Tribute Show by WHS 02.07.2026

Elmero Strauss gesels met Riaan Smit oor die opkomende Johnny Cash Tribute Show wat hierdie Saterdag by WHS plaasvind. Die gesprek fokus op die tydlose musiek van die legendariese Johnny Cash en wat gehore by die vertoning kan verwag.

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho: Die Sokkerwêreldbeker 02.07.2026

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho oor die Sokkerwêreldbeker, internasionale wedstryde en wat dit vat om op die grootste verhoog te presteer. Hulle bespreek spanprestasie, sleutelmomente in groot wedstryde en die debat oor Messi en Ronaldo, terwyl Henrique sy eie sportdrome en toekomsvisie deel.

Cassia Sharpley: Mej Supranasionaal Namibië 2026 op pad na Pole 02.07.2026

Jean-Louis gesels met Cassia Sharpley, Mej Supranasionaal Namibië 2026, voordat sy in Julie na Pole vertrek om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Sy deel wat hierdie geleentheid vir haar beteken, hoe sy vir die kompetisie voorberei en watter doelwitte sy vir haarself en Namibië het.

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus oor die Sokkerwêreldbeker 01.07.2026

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus, Namibiese sokkerjoernalis, ontleder en stigter van Footy Namibia, een van die land se voorste sokkermediaplatforms. Hulle bespreek die Sokkerwêreldbeker, die gunstelinge om die toernooi te wen, die grootste praatpunte en wat ondersteuners kan verwag. Met Silas se insiggewende ontleding en uitgebreide kennis van die spel bied hierdie gesprek 'n interessante bli...

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis oor Hierdie Oomblik 01.07.2026

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis Knouwds oor haar splinternuwe album, Hierdie Oomblik, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Sy deel die inspirasie en stories agter die liedjies, vertel meer oor haar nuwe fokuslied, "Bly In Jou Baan", en gee luisteraars 'n voorsmakie van wat hulle in die toekoms van haar kan verwag.

Emosionele Gesondheid: Die Sleutel tot 'n Gesonde Lewe | Jean-Louis Knouwds & Estie Schreiber 01.07.2026

Jean-Louis Knouwds gesels met Estie Schreiber oor die belangrike verband tussen emosionele en fisiese gesondheid. Emosionele stres en druk is vandag een van die grootste redes waarom mense mediese hulp soek. Maar hoe kan die natuur jou help om beter daarmee saam te leef? Ontdek hoe die Irma's Rescue Reeks natuurlike ondersteuning bied om emosionele balans en innerlike rustigheid te bevorder. Vir m...

Luister naar de podcast Kosmos 94.1 Gesprekke in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds