RSG

Kortom

’n Program waarin kortverhale voorgelees word

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Arts

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

29 sep. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Kortom 28 Oktober 2025 28.10.2025

L.A. Grobler vertel jou meer van ‘n spookagtige ervaring by ‘n ou murasie in sy kortverhaal, NAG BY DIE OU MURASIE. Die nuuskierige voorleser is J.J. Roberts.

Kortom 21 Oktober 2025 21.10.2025

Frieda van den Heever lees die tweede deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE KYK, waarin ‘n jong vrou vernietig word deur dorpsdwase se liegstories.

Kortom 14 Oktober 2025 14.10.2025

C. Louis Leipoldt vertel in sy kortverhaal, DIE TRANSPORTRYER SE STORIE, van ‘n transportryer se vreemde ontmoeting met twee Boerekinders tydens een van sy togte. Die verbaasde voorleser is Sean Brebnor.

Kortom 7 Oktober 2025 07.10.2025

Frieda van den Heever lees die eerste deel van Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, DIE KYK, waarin ‘n jong vrou vernietig word deur dorpsdwase se liegstories.

Kortom 30 September 2025 30.09.2025

Woon saam met Willem D. Kotze in sy kortverhaal, BRUILOF VIR OOM WESSEL, ‘n bruilofonthaal by. Die opgewonde voorleser is Izel Bezuidenhout.

Kortom 23 September 2025 23.09.2025

Anrich Herbst lees Pieter van der Westhuizen se kortverhaal, WIE WEET WAT MENS NOOIT VAN WEET NIE. ‘n Jong seun wat deur sy pa verwerp word omdat hy nie eintlik in sport belangstel nie en boonop in vroueklere betrap word, se lewe rafel uit, en hy moet die skerwe optel.

Kortom 16 September 2025 16.09.2025

P.J. Bosman vertel jou van ‘n intense snoekerspel in sy kortverhaal, SNOEKER. Andreas Jordaan is die voorleser.

Kortom 9 September 2025 09.09.2025

Frieda van den Heever lees Maretha van der Westhuizen se kortverhaal, KOUE BOBOTIE, voor. Die waarheid moet uit wanneer ma, suster en dogter saam eet, oor waarom pa die pad gevat het.

Kortom 2 September 2025 02.09.2025

Audrey Blignault deel in haar kortverhaal, DIE ROOI GRANAAT, ‘n baie intieme tienerherinnering. Dit handel oor ’n meisie se eerste liefde. Imarie Oberholzer is die verliefde voorleser.

Kortom 26 Augustus 2025 26.08.2025

Anrich Herbst lees Maretha van der Westhuyzen se kortverhaal, DIE FIXER UIT DIE KLEIN-KAROO, voor.

Kortom 19 Augustus 2025 19.08.2025

Dink saam met Dot Serfontein terug aan ‘n geliefde troetelkat uit haar jeug in die kortverhaal, OUKAT. Elma Potgieter is die stem wat hierdie merkwaardige kat se storie voorlees.

Kortom 12 Augustus 2025 12.08.2025

Frieda van den Heever lees Maretha van der Westhuyzen se kortverhaal, ‘N TRIO VAN VALS NOTE, voor. ‘n Onskuldige kooroefening lei tot ’n verhouding, wat lei tot tragiese gevolge, of nie? Die waarheid moet uit, maar tersefdertyd is dit die waarheid wat seer maak.

Kortom 5 Augustus 2025 05.08.2025

Helm Jooste vertel in sy kortverhaal, STUITIGHEDE OP KEETMANS, van ‘n snaakse onderonsie wat sy vriende ervaar het met ‘n jong skooljuffrou tydens ‘n besoek aan Keetmanshoop. Cassius Davids is die voorleser wat hierdie grappige gebeurtenis gestalte gee.

Kortom 29 Julie 2025 29.07.2025

Anrich Herbst lees 'n kortverhaal voor oor die slaggat waarin baie ouer welgestelde mans al getrap het. Hoe lui die spreekwoord? ‘n Ou bok laaik mos groen blare! DROOMVROU deur Maretha van der Westhuizen sal dalk vir jou laat peins oor 'n paar gedagtes.

Kortom 22 Julie 2025 22.07.2025

Emma Bekker vertel in haar kortverhaal, SYBOKHAAR, van ‘n tienerherinnering wat deur ‘n kombers in ‘n kunsmuseum na vore gebring word. Juanita de Villiers is die voorleser wat hierdie herinnering ‘n stem gee.

Kortom 15 Julie 2025 15.07.2025

Frieda van den Heever lees ‘n kortverhaal voor oor keuses. ‘n Vrou wat gekonfronteer word deur haarself oor haar lewe en waar sy staan. ONDERWEG NA OMDRAAI deur Maretha van der Westhuizen sal dalk vir jou ook heling bring.

Kortom 8 Julie 2025 08.07.2025

Abraham H. De Vries vertel in sy kortverhaal, DIE MATRAS, hoe eenvoudige dade soms die meeste liefde in ‘n huwelik wys. Rian Terblanche gee ‘n stem aan hierdie toegewyde eggenoot.

Kortom 1 Julie 2025 01.07.2025

Margit Meyer-Rödenbeck lees Belinda Nel se kortverhaal, SOUT.

Kortom 24 Junie 2025 24.06.2025

Gaan saam met Adriaan Steyn Hendricks na ‘n verjaarsdagpartytjie in sy kortverhaal, DERTIG. Die karakter Gysbert word 30 jaar oud, en bepeins sy stand in die lewe. Kaz McFadden is die voorleser wat hierdie verjaarsdagman lewe gee.

Kortom 17 Junie 2025 17.06.2025

Margit Meyer-Rodenbeck lees Martin T. Laubscher se kortverhaal, POPSPEEL, voor uit die US-Woordfeesbundel, 100%.

Kortom 10 Junie 2025 10.06.2025

Fransulene van der Merwe onthul in haar kortverhaal, GENADEBROOD, hoe vaderfigure soms gevind kan word op onverwagse plekke. Erin Patience gee lewe aan die tiener wat hierdie vader ontdek.

Kortom 3 June 2025 03.06.2025

Maria Vos lees Stefaans Coetzee se ongepubliseerde kortverhaal, SEUN.

Kortom 27 Mei 2025 27.05.2025

Bianca du Plessis neem jou palet op reis in haar kortverhaal, TAMATIEBREDIE. Dit handel oor ‘n wewenaar wat moet aanpas by die lewe van enkelouer wees. Solomon Cupido is die voorleser wat hierdie wewenaar ‘n stem gee.

Kortom 20 Mei 2025 20.05.2025

Maria Vos lees Stefaans Coetzee se ongepubliseerde kortverhaal, SEUN. ‘n Ou man se hartseer oor die verlies aan sy seun word met groot deernis vertel.

Kortom 13 Mei 2025 13.05.2025

Dot Serfontein skryf oor haar ma in haar kortverhaal, BOETA. Dit handel oor haar mooiste herinneringe van hierdie spesiale persoon. Gretha Brazelle is die voorleser wat Dot se herinneringe lewe gee.

Luister naar de podcast Kortom in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds