RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Education

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

29 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Kompas 14 Augustus 2024 14.08.2024

Barrie Ferreira praat met ‘n internasionaal bekende fotograaf om te hoor wat sy beroep behels. 'n Lektor in fotografie vertel wat jy alles in 'n fotografiekursus doen.

Kompas 13 Augustus 2024 13.08.2024

Sportsielkundige Jannie Putter en sy seun, die tennisuitblinker Victor Putter, gesels oor die voor- en -nadele van kompetisie op skoolvlak.

Kompas 12 Augustus 2024 12.08.2024

Op watter manier kan troeteldiere voordelig wees vir kinders se ontwikkeling? Wat is die beste opsie, koop of aanneem? Kan jy 'n pleegouer wees vir 'n diertjie? Ons gesels ook met Pets as Therapy om te hoor hoe troeteldiere mense se goedmoedstoestand kan verbeter.

Kompas 9 Augustus 2024 09.08.2024

Barrie Ferreira gesels met die 19-jarige gewigstoter, Ashley Erasmus, en die roeier, Esti Olivier, wat deelneem in die Olimpiese Spele in Parys.

Kompas 8 Augustus 2024 08.08.2024

Transgender is ‘n term wat gelaai is met vooropgestelde idees en verwarring. Dr. Chan Croeser vertel vir Hazel Janse van Rensburg wat die term beteken, en wat dit nié is nie.

Kompas 7 Augustus 2024 07.08.2024

Barrie Ferreira gesels met twee vroue wat in tradisionele mansgedomineerde bedrywe werk. Hy praat ook met iemand wat studeer om ‘n meulmaker en rugbyskeidsregter te word.

Kompas 6 Augustus 2024 06.08.2024

Dans is dalk net die beste (en goedkoopste) vorm van terapie! Shani Daniel, die eienaar van Studio X Dance, gesels oor die positiewe invloed wat dans op algehele gesondheid kan hê.

Kompas 5 Augustus 2024 05.08.2024

Afrikaans.com gee raad vir Graad 9-leerders oor hoe om die regte vakkeuses te maak, en hoekom dit so 'n belangrike belsuit is. Ons skop Vrouemaand af met 'n onderhoud oor Heavenly Promise,  'n huis van veiligheid vir mishandelde vroue en kinders.

Kompas 2 Augustus 2024 02.08.2024

Barrie Ferreira gesels met twee jong Suid-Afrikaners wat deelneem aan die 2024 Olimpiese Spele. Die 22- jarige Mel Janse van Rensburg, ‘n rotsklimmer, en die 22-jarige Marioné Fourie, ‘n 100 m-hekkiesatleet en Suid-Afrikaanse rekordhouer, vertel van hulle Olimpiese drome.

Kompas 1 Augustus 2024 01.08.2024

Persoonlike afrigter Luk Rippon gee raad vir jongmense wat hierdie beroep wil volg.

Kompas 31 Julie 2024 31.07.2024

Barrie Ferreira kyk na die toenemende gewildheid van eSport in skole. Hy praat met ‘n eSport-onderwyseres om te hoor watter waarde hierdie onkonvensionele sport toevoeg tot leerders se lewe.

Kompas 30 Julie 2024 30.07.2024

Maatskaplike werker Marlene van Vuuren gee raad oor hoe om ‘n vriendskap met ‘n eks en/of ‘n eks se ouers te benader nadat ‘n verhouding beëindig is.

Kompas 29 Julie 2024 29.07.2024

Chloè van Rooyen praat oor mensehandel en aanlynveiligheid met prokureur Nadine Blom en misdaadverslaggewer Maygene de Wee.

Kompas 26 Julie 2024 26.07.2024

Het jy al ooit gewonder hoe dit is  om deel te wees van ‘n lugredery se kajuitbemanning? Barrie Ferreira praat met ‘n opleier om uit te vind.

Kompas 25 Julie 2024 25.07.2024

Courtney Hodgeson, 'n suksesvolle jong entrepreneur, vertel hoe sy haar besigheid, vrou alleen, van die grond af gebou het.

Kompas 24 Julie 2024 24.07.2024

Die rekordeksamen is die laaste geleentheid wat leerders het om te bepaal watter afdelings in ‘n vak se curriculum steeds vir hulle moeilik is om toe te pas. Barrie Ferreira praat met ‘n akademiese hoof om te hoor  hoekom hierdie eksamen só belangrik is op die matriekkalender.

Kompas 23 Julie 2024 23.07.2024

Dr. Nico van Niekerk, adjunkhoof van Hoërskool Linden in Johannesburg, doen hersiening van poësie om matrikalente voor te berei vir die rekordeksamen.

Kompas 22 Julie 2024 22.07.2024

Chloè van Rooyen praat met Solin Roman. Hy was deel van 'n bende op die Kaapse Vlakte, en vasgevang in dwelmmisbruik. Met die hulp van 'n rehabilitasiesentrum het hy sy sy lewe verander en tot bekering gekom. Ons oor ook by 'n sielkundige wat die realiteit van dwelmmisbruik en -verslawing is.

Kompas 19 Julie 2024 19.07.2024

Is nagraadse studie vir jou? Hoe kan bepaal of dit iets is wat jy moet nastreef as ‘n student? Barrie Ferreira delf in verskeie nagraadse studies om ‘n idee te kry wat elkeen van dit behels.

Kompas 18 Julie 2024 18.07.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met RSG se matriekafskeid-kompetisiewenners, Thembi Jane Buys en Tumelo Diale, en deel kenners se wenke om dié mooi dag selfs mooier te maak.

Kompas 17 Julie 2024 17.07.2024

Dis altyd ‘n uitdaging om nuwe mense te ontmoet wanneer jy in ‘n nuwe omgewing is. Barrie Ferreira stel ‘n paar maniere voor hoe om mense te leer ken sonder om die bank te breek. Hy gesels ook met ‘n sielkundige oor skaamheid – iets wat dikwels gebeuer wanneer jy nuwe mense moet ontmoet.

Kompas 16 Julie 2024 16.07.2024

Dr. Jacques van Wyk, 'n dermatoloog, deel praktiese (en bekostigbare) velsorgwenke met tieners, om al die inligting wat deesdae op sosiale media is, te vereenvoudig.

Kompas 15 Julie 2024 15.07.2024

Elwira Standili gesels oor haar reis as gospelsanger al die pad tot voor die Koortjies-kameras, waar sy vandag die aanbieder is. Ons vind ook uit wat 'n film- en TV-kontinuiteïtstoesighouer alles doen.

Kompas 12 Julie 2024 12.07.2024

Damprook is iets wat toeneem onder leerders in Suid-Afrika. Barrie Ferreira doen ondersoek na damprook onder jongmense,  en praat met ‘n pulmonoloog om te verstaan wat die gesondheidsimplikasies daarvan is. 

Kompas 11 Julie 2024 11.07.2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met Riekie Wolmarans, wat telkemale aan die wêreld skaakkampioenskap deelgeneem het, oor wat hierdie sport so uniek maak. Wêreld Skaakdag word op 20 Julie gevier.

Luister naar de podcast Kompas in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds