RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

12 nov. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,7+ iOS binnenkort

Afleveringen

Baviaanskloof groet ’n groot gees 29.01.2024

’n Besonderse vrou is onlangs in die Baviaanskloof ter ruste gelê. Sy is Magriet Kruger, wat as 24-jarige pasgetroude met haar man, Pieter, op die plaas Zandvlakte in die Kloof aangekom het. Die Baviaanskloof was destyds ’n redelik onbekende plek, maar Magriet het ’n groot rol daarin gespeel om dit ’n wêreldwye gewilde toerismebestemming te maak. Só het die burgemeester van die destydse Baviaansmu...

Lara Markthaler by Winter Jeug Olimpiese Spele 29.01.2024

Judy Markthaler vertel vir Martelize Brink van haar dogter, Lara, Suid-Afrika se enigste atleet by die Winter Jeug Olimpiese Spele in Suid-Korea.

'n Diamant uit die modder 29.01.2024

‘n Fransman op besoek aan Amerika, het by ’n nasionale park ‘n diamant van 7,46 karaat opgetel. Die diamant is na sy verloofde Carine vernoem.

Grootste hervestiging van aasvoëls in Afrika 26.01.2024

Haidee Muller-Isaacs was by die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap om die grootste hervestiging van gerehabiliteerde aasvoëls in Afrika te aanskou. Sy het daar met die veearts, dr. Johan Joubert, gesels en meer uitgevind van die aasvoëlhokke wat 6 meter hoog is.

360 Speseryroete - Deel 20 26.01.2024

Hetta van Deventer-Terblache praat oor die geskiedenis van naeltjies, dat dit goed werk saam met waterblommetjies, en dat mense selfs naeltjiesigarette rook.

Amerika se sonbesiegeraas is oppad 26.01.2024

Amerika het sonbesies wat jare wag tussen verskynings bo die grond. Twee groepe sal vanjaar op dieselfde tyd uitkom. Die volgende keer is in 2245. Behalwe vir die groot geraas wat kom van die triljoene sonbesies, is daar ook die stank wanneer die insekte doodgaan.

Werklose ma’s word klerehandelaars 25.01.2024

Helene Brand vertel van ‘n program waar werklose ma’s die nodige vaardighede aanleer om suksesvolle klerehandelaars te word.

Waar is die Baai se lughawe-vliegtuie? 25.01.2024

Nog voor die Port Elizabeth lughawe na die Dawid Stuurman lughawe herdoop is, wou baie Baaienaars al weet wat geword het van die ou Albatros-vliegtuig wat op ‘n paal naby die parkeeterrein gemonteer was. Daar was ook 'n Impala op die dak van 'n restaurant by die lughawe, maar dié het ook verdwyn. Mariska Spoormaker het dié twee ikoniese vliegtuie in die SA Lugmagmuseum in Port Elizabeth gaan opsoe...

Stysel se veranderende glukemiese indeks 25.01.2024

Dieetkundige Mariza van Zyl praat oor stysel se glukemiese indeks wat verlaag wanneer dit afgekoel word.

Hofsaak oor hoenderresep 25.01.2024

In Indië is twee restaurantgroepe haaks, en in die hof, oor wie nou eindlik eerste botterhoender gemaak het. Nou soek hulle getuies wat kan help. Het jy dit al in die 1930’s in Pashawar geëet, of eers ná 1947 in Delhi?

Muis Roberts se jare in die saal 24.01.2024

Michael “Muis” Roberts gesels oor sy jare in die saal. Hy is was onder andere 11 keer Suid-Afrika se kampioenjokkie en een keer Britse kampioenjokkie. Hy is die afrigter van SEE IT AGAIN, die gunsteling perd om die 2024 Cape Town Met te wen.

Mari Conradie en haar grimeerkwas 24.01.2024

Haidee Muller-Isaacs kuier op stel by die talentvolle grimeerkunstenaar en stilis, Mari Conradie. Sy vertel hoe sy karakters in haar kop bou, en hulle dan daarvolgens omskep met die regte kleure met haar grimeerkwas.

Winston se tande 24.01.2024

Sir Winston Churchill se valstande is binnekort te koop op ’n veiling, waar dit na verwagting £8000 sal haal. In 2010 is die einste tande vir £15200 op ‘n veiling verkoop.

Van die Appeltrein tot die Gautrein 23.01.2024

Dawie Botha gesels in SO IS DIE LAND GEBOU oor die Appeltrein van die Langkloof, en die Gautrein-spogprojek.

Wat is 'n hoërsertifikaat? 23.01.2024

Dr. Cobus Oosthuizen vertel vir Martelize Brink wat ‘n hoërsertifikaat behels. Dis 'n alternatief tot ’n matrieksertifikaat, om toegang tot naskoolse studie te kry.

Biodiversiteit en bewaringsekologie 23.01.2024

Biodiversiteit en bewaringsekologie kry toenemend wêreldwyd aandag. Dis egter al vir meer as 150 jaar dat plantkundige akademici vergader om dié onderwerp deur te trap. Die volgende byeenkoms is in Julie vanjaar. Professor Stephen Boatwright van die Departement Biodiversiteit en Bewaringsekologie van UWK gaan dit bywoon. Op die agenda is nuwe navorsing oor alle velde van plantkunde en die wyse waa...

KI-kletsbot beswadder sy eienaar 23.01.2024

‘n Ongelukkige kliënt het ‘n afleweringsdiens se kunsmatige intelligensie-kletsbot gekry om die einste afleweringsdiens sleg te sê.

EARS-donkietoevlugsoord 22.01.2024

Therdon Duminy gesels oor die EARS-donkietoevlugsoord op Genadendal, wat ook mediese- en ondersteuningsdiense lewer aan nagenoeg 400 perde in vyf dorpe.

Pas op vir sonkrag-kansvatters 22.01.2024

Eskom se kragvoorsieningskrisis veroorsaak omtrent 'n stormloop na sonkragenergie, maar nou is dit ongelukkig ook so dat onkundige kansvatters die mark betree. Waarna moet die huiseienaar of sakeman oplet wanneer sonkrag geïnstalleer word, en hoe hou jy dié duur belegging in goeie werkende toestand? Mariska Spoormaker praat hieroor met Michael Stratton, wie se elektrisiteitsonderneming getaak is o...

Gemengde gevegskuns in SA 22.01.2024

Raymond Phillips vertel vir Martelize Brink van gemengde gevegskuns, en Dricus du Plessis se sukses.

Weeklikse "date night" by dieselfde restaurant vir 'n jaar? 22.01.2024

‘n Amerikaanse restaurantgroep het ‘n aanbod vir mense om weekliks romantiese afsprake by die restaurant te hê, waar hulle onder andere soveel as moontlik garnale of hoendervlerkies kan eet. Jy betaal $200 vir 52 weke se toegang, daarna is die eerste $30 dollar se kos gratis.

360 Speseryroete - Deel 19 19.01.2024

Hetta van Deventer-Terblache vertel vir Martelize Brink van ambergrys, ‘n spesery afkomstig van walvisse.

Werkgewer trotseer 'n sneeustorm om te sorg dat sy werknemers by die werk is 19.01.2024

Miljoene mense het ‘n TikTok video gekyk van mense wat tydens ‘n sneeustorm in Oregon, VSA, by die huis gebly het. Hul werkgewer gaan haal toe elkeen persoonlik by hul huis. Die werk moet gedoen word.

Soedan Honde Red 18.01.2024

Van 'n bomme-hel in die oorlog-geteisterde Soedan na 'n hondehemel in die Baai. Dit in kort , is die verhaal van die twee Skotse Terriers  Nyala en Isla, wie se mense-ouers, Adam en Isla Young letterlik alles moontlik gedoen het om hul honde ook na veiligheid in Gqeberha (Port Elizabeth) te bring.

Nelleke Bakkes 18.01.2024

Haidee erken self dat sy nie 'n groot persoonlike admin-mens is nie. Trouens, sy HAAT dit. Toe trek sy die "admin-ghoeroe" Nelleke Bakkes nader vir eenvoudige wenke oor hoe jy jou lewe makliker kan maak veral wanneer admin net nie jou ding is nie.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds