RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

11 nov. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,7+ iOS binnenkort

Afleveringen

Trou of tennis? 10.09.2024

Tennisspeler Lyudmyla Kichenok het beplan om op 4 September in New York te trou met haar dubbels-spanmaat se afrigter. Hulle het nie verwag om tot in die eindronde van die Amerikaanse Ope te vorder nie. Op die ou end moes die troue oorstaan sodat sy op die eindstryd op 6 September kon konsentreer, wat hulle toe gewen het.

Sorg vir senior diere 09.09.2024

Dr. Esmaré van der Walt vertel hoe jy jou troeteldier se goue jare, goeie jare kan maak.

Die waarde van ’n skaaphond 09.09.2024

In die hartjie van die Kougaberge het Mariska Spoormaker tydens haar Baviaans Camino met Pierre Strydom, boer en trotse baas van kampioen-skaaphonde, op sy plaas Mooigedacht gepraat. Pierre het ook gewys hoe sy kampioen-skaaphond Mac met skaap werk.

Die eerste Afrikaanse KI-musiekvideo 09.09.2024

Joe Botha vertel vir Martelize Brink van die eerste Afrikaanse musiekvideo wat met kunsmatige intelligensie gemaak is.

’n Vliegtuig, 'n slaggat en ‘n lamppaal 09.09.2024

In Algoa Park in Gqeberha het ‘n ligte vliegtuig ‘n noodlanding gemaak. ‘n Slaggat en ‘n spoedwal het gemaak dat die vliegtuig uitswaai en ‘n lamppaal tref.

Op Willowmore is die spoke vriendelik 06.09.2024

Mariska Spoormaker het onlangs die uitdagende Baviaans Camino aangepak, wat oor 95 kilometer oor die Baviaanskloofberge en die Kougaberge strek. Die aand voor dié vierdaagse staptog begin het, het Mariska in die Willow Historical Gastehuis oorgebly, en gehoor van spoke, dansmusiek en honde.

360 Speseryroete - Deel 51 06.09.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor lourierblare .

San Marino se sokkerdroogte op einde 06.09.2024

San Marino het hul eerste kompeterende FIFA-wedstryd gewen. Só kom sokker se langste periode van 140 wedstryde sonder ‘n wen, tot ‘n einde.

Organisasie beskerm stedelike woude 05.09.2024

Boomkundige Riaan van Zyl vertel van Tree Keepers Cape Town, wat poog om stedelike woude te beskerm.

Ingenieur+ prokureur = organiese groente? 05.09.2024

In die landbougebied net buite Humansdorp het Mariska Spoormaker die bordjie, Papillon, gesien. Sy het daar ingedraai en die storie gehoor van ‘n siviele ingenieur en ’n prokureur, en hoekom hulle die wêreld van organiese groenteverbouing betree het.

Jonk 5 September 2024 05.09.2024

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor voeding vir beengesondheid.

Spanjaard klim en fiets in die Alpe 05.09.2024

Kilian Jornet van Spanje het in 19 dae 82 spitse in die Alpe, wat hoër as 4 000 m is, geklim, en per fiets van die een na die ander gery.

Para-atleet oppad na CrossFit-Spele 04.09.2024

Darren Thomas vertel vir Martelize Brink hoe hy CrossFit in sy rolstoel doen, en Suid-Afrika binnekort by die CrossFit-spele in Texas gaan verteenwoordig.

Vroue in die jagbedryf 04.09.2024

Meer vroue en gesinne jag deesdae. Goeie opleiding, agtergrond en etiek is egter ter sake. ‘n Beroepsjagter, Michelle Mostert, vertel hoe sy in die bedryf beland het, en opgelei is teen die agtergrond van die toenemende belangstelling onder vroue in die jagbedryf.

Blommekuns in die Overberg 04.09.2024

Marjolijn Malan vertel van blommekuns wat by Nampo Overberg se blomme-afdeling te sien sal wees.

Wat sê jou pynappel? 04.09.2024

In Spanje is daar ‘n nuwe gier waar jy tussen 19:00 en 20:00 in ‘n spesfieke winkelgroep met ‘n onderstebo pynappel in jou trollie loop, as jy beskikbaar is om ‘n verhouding aan te knoop.

Êrens oorsee 3 September 2024 03.09.2024

Annesu de Vos vertel vir Martelize Brink van haar ervaring van Kanada.

Juffrou Lani van Clanwilliam 03.09.2024

Haidee Muller-Isaacs gesels met Elanie Nieuwoudt, alombekend as juffrou Lani van Clanwilliam, wat die ekstra myl stap vir die kinders in haar gemeenskap.

Bedank namens my 03.09.2024

In Japan gebruik mense deesdae bedankingskonsultante, wat namens jou by die werk bedank.

Vra die veearts 02.09.2024

Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se dieregesondheidsvrae.

Brandt se handwerkskool 02.09.2024

Brandt Bester is 'n vaardige skrynwerker wat glo aan die bevordering van vakmanskap. Hy het twee jaar gelede ‘n handwerkskool begin, en intussen is daar al meer as 320 studente opgelei van oral oor in die land. Haidee Muller-Isaacs het by sy werkswinkel gaan inloer.

Tweedehandse voetuig-slenters 02.09.2024

Motorinspekteur Jacques Nel vertel vir Martelize Brink van die slenters met die verkoop van tweedehandse voertuie kom.

Toonstoei 02.09.2024

Die 50ste wêreld toonstoeikampioenskap het onlangs plaasgevind. Die verdedigende kampioene kon nie ontt(r)oon word nie.

Musiekprojek vir Mannenberg se kinders 30.08.2024

Charles Louw gesels vertel van die Mamela-projek in Mannenberg, wat musiekklasse gebruik om kinders van die Kaapse Vlakte se strate af te hou.

360 Speseryroete - Deel 50 30.08.2024

Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor neutmuskaat.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds