RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

23 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Medalje-moles 25.08.2026

Daar was ‘n glips met die ontwerp van die Syndey-marathon se medaljes. In plaas van Sydney se Allianz Stadion verskyn München in Duitsland se Allianz Arena saam met ander Sydneybakens op die medalje.

SA se sardyntjies het herpes 24.08.2026

Mariene bioloog Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die sardynherpes wat sardyntjies aan die Weskus het, en die impak wat die siekte in Nieu-Seeland en Australië gehad het.

In die wêreld van landbou 24 Augustus 2026 24.08.2026

In hierdie week se landbounuus: Graan SA en ‘n aantal bedryfsvennote oorhandig ‘n petisie aan die JSE. Kommer oor die verspreiding van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap. SA se landboubedryf groei met gemiddeld sowat 3% per jaar. Indië keur nuwe uitvoervoorwaardes vir Suid-Afrikaanse sitrus goed.

Organies, vrylopend, graangevoer en grasgevoer 24.08.2026

Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink wat die terme, organies, vrylopend, graangevoer en grasgevoer beteken op die etikette op vleis.

'n Prins vir België 24.08.2026

Motorverkoopsman Clément Vandenkerckhove is verlede week erken as ‘n Belgiese prins, egter sonder koninklike toelae, amptelike pligte en aanspraak op die Belgiese troon. Prins Clément se ma het ‘n verhouding met die koning se broer, prins Laurent, gehad voor sy huwelik met prinses Claire in 2003.

Anna Nel van Vastrap 21.08.2026

Haidee Muller-Isaacs was onlangs op Ceres waar sy 'n paar plaasvroue toegespreek het op Vrouedag. Daar het haar paaie gekruis met Anna Nel van Vastrap. Dié het daar aangekom met 'n boksie uie as geskenk, want haar wêreld se uie is die beste - vars uit die grond uit.

360 Speseryroete: Die seël van vleis en olie by pastawater 21.08.2026

Kos en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kosmites soos dat jy ‘n bietjie olie by die water moet sit wanneer jy pasta kook om te keer dat dit aan mekaar vassit.

'n Film só swak, dit maak geld! 21.08.2026

In China is die film, Niu Lai, ‘n onverwagse lokettreffer. Dit is só swak gemaak dat mense dit gaan kyk om te kan saampraat. In ‘n mate is dit ook ‘n vorm van verset teen kunsmatige intelligensie-skeppings.

Kry die bye terug in die boord 20.08.2026

Lehanro Maritz vertel vir Martelize Brink van ‘n produk wat bye na die boord lok. Die produk bevat die feromoon wat werkersbye afskei om die res van die korf te laat weet dat daar ‘n gunstige voedingsbron is.

Jonk: Breinfiksheid vir mense ouer as 60 20.08.2026

Arbeidsterapeut Lize Visser praat oor fiksheid vir jou brein anderkant 60. Sy gee praktiese raad en waarsku om nie te wag tot dinge nie meer so lekker werk nie.

Hond "vang" sy baas 20.08.2026

‘n Man in Engeland het vir die polisie weggejaag - vir sy hond ook. Die hond het sy pad terug huis toe gekry, en die polisie is saam om hom te arresteer.

Shirley se hart vir haar Volstruisdorp-gemeenskap 19.08.2026

Op haar tuisdorp, Oudtshoorn, gesels Haidee Muller-Isaacs met Shirley Erasmus. Sy is 'n oudonderwyseres en ook 'n gemeenskapsontwikkelaar. Sy vertel van die afgelope 25 jaar se skoonheidswedstryde waarby sy betrokke was, en hoekom sy dit vanjaar behoorlik vier.

Dorpsgeheime: Boksburg 19.08.2026

Neels Schoeman, ’n boorling van Boksburg, vertel waar die dorp sy naam gekry het.

Goud in die muur 19.08.2026

In Vlaandere in België is daar tydens huisverbeteringe €9 miljoen se goud in die muur gekry. Die huis behoort aan ‘n liefdadigheidsorganisasie. Indien die wettige eienaar dit nie binne vyf jaar opeis nie, deel die bouspan en die liefdadigheidsorganisasie dié goue gelukkie.

Êrens oorsee: Katalonië, Spanje 18.08.2026

Len Gerber vertel vir Martelize Brink van die lewe in Katalonië in Spanje, waar hulle ‘n klipruïne gekoop, en self tot ‘n huis omskep het. Hy sê dis ‘n fietsryparadys waar mens dit rustig vat.

Fanus en Elric se Soetmelksvlei 18.08.2026

Fanus Fourie sou in die ou dae ‘n houtwerkonderwyser gewees het, maar vandag is hy die aktiwiteitsbestuurder by Soetmelksvlei langs Babylonstoren. Elric Dampies werk met hout in die aktiwiteitssentrum, Johan Rademan het hulle gaan inloer.

Dood én 'n boete 18.08.2026

‘n Vrou in Auckland in Nieu-Seeland se hart het gaan staan in supermark se parkeerterrein. Sy was tegnies dood, maar het oorleef, en is met ‘n ambulans hospitaal toe. Haar motor het egter vyf en ‘n half ure daar gestaan, en op die ou end het sy ’n boete van $80 dollar gekry.

Jellievisse 17.08.2026

Marinebioloog Maryke Musson vertel hoe jellievis deesdae gebruik word.

In die wêreld van landbou 17 Augustus 2026 17.08.2026

In hierdie week se landbounuus: Bek-en-klouseer-entstofbestellings kan nou op RMIS se platform vir veeartse bestel word; Suid-Afrika is weer ’n netto-invoerder van sekere suiwelprodukte; Kleinhandelverkope van trekkers daal; Suid-Afrika se koring-invoertarief is na nul gewysig.

Dexterbees op die spyskaart 17.08.2026

Prof. Phillip Strydom praat oor Dexterbeeste. Hy vertel hoe hulle in boerdery ingespan word, en die aansprake wat oor hulle vleis gemaak word.

Moenie slapende bere wakker maak nie 17.08.2026

Iemand in Noorweë is nagenoeg R86 000 beboet omdat hulle ‘n boot se mishoring gebruik het om ‘n ysbeer uit hibernasie wakker te maak.

Groen Piketberg-roete 14.08.2026

Georgia Abrahams vertel vir Martelize Brink van die Groen Piketberg R366 selfry-toersimeroete. Gaste word genooi om te deel in alles wat die omgewing bied.

360 Speseryroete: Lourierblare 14.08.2026

Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van lourierblare in kookkuns.

2 714 km en R100 000 later... 13.08.2026

Hulle is almal ouer as sestig, maar oud-skoolhoof Hubert Titus, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard het op 28 Junie die pad gevat per fiets vanaf Rundu in Namibië tot in Worcester, hulle tuisdorp. Ons het in Julie met hulle gesels terwyl hulle nog hard besig was om die kronkelpaaie aan te durf. Hulle het intussen veilig op Worcester aangeland. Die span het 2 714 km getrap...

Jonk: Oefening vir 60 plussers 13.08.2026

Arbeidsterapeut Lize Visser verduidelik hoe persone ouer as 60 fisieke oefening moet benader.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds