RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

28 okt. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,8 iOS binnenkort

Afleveringen

Chris Oosthuizen van Sterkspruit 05.01.2026

Hy staan aan die hoof van ‘n privaatskool in die Aliwal-Noord, Zastron en Lady Grey-driehoek, maar in sy prille jeug het Chris Oosthuizen ‘n interresante jaar of wat beleef. Johan Rademan vind meer uit.

Hoe het julle ontmoet? 5 Januarie 2026 05.01.2026

Alwyn Smith vertel vir Martelize Brink van Daleen se eerste woorde aan hom: “Is jy lief vir my?”

Vuil x-strale 05.01.2026

‘n X-straalmasjien het tot die redding gekom om verlore trouringe tussen saamgeperste mediese afval te vind.

Ilne Fourie se FAKSIE op RSG 02.01.2026

RSG se nuwe middagvervolgverhaal, FAKSIE deur Ilne Fourie, skop op Maandag 5 Januarie 2026 af. Phil Loots gesels met haar oor die storie en karakters.

DIE NUWE BUURMAN deur Braam van der Vyfer 31.12.2025

‘n Glyjakkals van ‘n buurman word op sy plek gesit. Die drama is tydens die 2025 Oppiwaterkunstefees ter see opgeneem. Die spelers is Philru van Achterberg, Elma Potgieter, Danel Britz, Marissa Claassen en Stefanie Baartman. Die regie is deur Johan Rademan behartig.

Nuuseum se glasplaatversameling 30.12.2025

Die Harold Gribble-glasplaatversameling het in Nuuseum se skoot geval. Johan Rademan het met die driesestig-mikrofoon Stellenbosch toe gery om meer hieroor uit vind by Nuuseum se bestuurshoof, prof. Lizabé Lambrechts.

Ds. André Boezak tree uit 29.12.2025

Die bekende en geliefde gemeenskapsleier, digter, skrywer en leraar van die VGK Oudtshoorn-gemeente, ds. André Boezak, tree na meer as drie dekades uit die amp. Hy en Haidee Muller-Isaacs het al te lekker op Oudtshoorn gesels oor sy planne vorentoe, en sy boodskap van hoop aan ieder en elk.

Hoe het julle ontmoet? 29 Desember 2025 29.12.2025

Wilna Nieuwoudt vertel vir Sue Pyler-Slabbert hoe sy haar man, Rassie, ontmoet het.

Agterpaddorpies: Rhodes-omgewing 24.12.2025

Reis-en-ontdek is ‘n groot geskenk. Op die vooraand van Kersdag kan jy jou geliefdes dalk met ‘n spesiale rit verras. Dalk ‘n bergpas in die Rhodes- en Lady Grey-omgewing? Ons ry stadig oor die klippe met Johan Rademan en Jurgens Schoeman.

Kersfeestradisies oor die jare 24.12.2025

Dr. Mandie Uys praat oor Kersfeestradisies, en hoe dit oor die jare verander het.

Mel Botes se Riviersimfonie 23.12.2025

Stemme uit rock en simfonie kom saam in Mel Botes se Die Riviersimfonie. Dit bevat ‘n duet van Mel en Danie du Toit van Spoegwolf. Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, onder leiding van John Walton, gee die musiek lewe. Die simfonie beskryf die verskillende stadia en lewensfases van ’n rivier, wat ook simbolies is van die vloei van die lewe met al sy kompleksiteite, uitdagings - vrede, vreugde, har...

Gerrie en Eddie se storie 23.12.2025

Die Gautengse TV-vervaardigers, Gerrie Janse van Vuuren en Nicolaas Viljoen, vertel hoe hulle paaie gekruis het, die kwailiteit van plaaslike TV-produksies, en hulle onlangse erfenisreeks.

Marciel oor moederskap 22.12.2025

Haidee Muller-Isaacs gesels met Marciel Hopkins-Lourens oor moederskap, haar nuwe geselsprogram en nuwe dinge wat in 2026 op haar wag.

Hoe het julle ontmoet? 22 Desember 2025 22.12.2025

Mariaan Kirstein vertel vir Sue Pyler hoe sy en haar man, Johan, mekaar ontmoet het.

Agterpaddorpies: Bethulie 19.12.2025

Die Gariep lewer as bron van lewegewende water aan die oewers pragtige dorpies op waarvan Bethulie een is. Johan Rademan gesels met Jurgens Schoeman oor dié bekoorlike agterpaddorpie.

360 Speseryroete - Deel 111 19.12.2025

Willem van Schalkwyk en Lance Littlefield van Motherdough gesels oor suurdeeg en die 106 jaar oue Alfonsina, die suurdeegplantjie al die pad van Clusone in Italië.

Peter Pentz jnr. se landboudrome 18.12.2025

Haidee Muller gesels met Peter Pentz jnr. oor sy legendariese oupa, Peter Pentz van die bekende Groote Post-wynlandgoed, wat in September oorlede is. Hy vertel oor sy drome vir die landboubedryf, sy eerste TV-aanbiedersrol en oor die dag toe hy as skoolseun in die RSG-ateljee kom werk het...

Jonk 18 Desember 2025 18.12.2025

Fisioterapeut Lizanne Tucker praat oor hoe om jou gewrigte op te pas.

Crystal Esau se kraamhuis 17.12.2025

Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n kraamhuis in Parow in die Kaapse noordelike voorstede. Haidee Muller-Isaacs loer in by 'n kraamhuis in Parow in die Kaapse noordelike voorstede. Verloskundige Crystal Esau vertel van haar passie vir die natuurlike geboorteproses, en hoekom sy doen wat sy doen. Verloskundige Crystal Esau vertel van haar passie vir die natuurlike geboorteproses, en hoekom sy doen w...

Melanie Brummer vereer by Ecological Awards 17.12.2025

Melanie Brummer se Upcycled Cloth Collection is vereer by die Ecological Awards. Sy het ‘n wêreldwye gemeenskap van 250 000 mense gebou, wat tekstielafval verminder deur dit te omskep in nuwe skeppings.

Êrens oorsee 16 Desember 2025 16.12.2025

Julian Taylor vertel van die lewe in Tasmanië, Australië.

Kaylee se swemavontuur 16.12.2025

Op 15 was sy die jongste nóg om die 33 km Valsbaai-oorsteek-swem te doen, met net ‘n swembroek in die koue water. Kaylee Mouton en haar ma Chantell vertel van die aand toe hulle op dié avontuur besluit het.

Sandkrappe 15.12.2025

Maryke Musson, die uitvoerende bestuurder van bewaring, opvoedkunde en kommunikasie by die Suid Afrikaanse Vereniging vir Marine Biologiese Navorsing, praat oor sandkrappe.

Juffrou Margareth Cloete 15.12.2025

Die skooljaar is verby, en daarmee saam ook ‘n loopbaan by die skool. Haidee Muller-Isaacs gesels met Juffrou Margareth Cloete. Sy was voorheen in die nuus omdat sy met haar matrieks by klaskamers by Hoërskool Springbok intrek om net op die eksamen te konsentreer. Sy het intussen afgetree, maar dit beteken nie sy is klaar met die leerders en haar planne om te help nie.

Hoe het julle ontmoet? 15 Desember 2025 15.12.2025

Peet van Staden vertel van sy liefdespad met Fadela, wat in April 1989 by Westlake Gevangenisdiens Opleidingskollege begin het.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds