RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za
Waar luisteren?
Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaarPodcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts
Afleveringen
Die mense wat maan toe stap 27.11.2020 11:50
Op Kaap St. Francis in die Oos-Kaap sal jy dr. Heilie Uys en haar man Willie elke dag hard aan die stap vind. Dr. Uys, 'n afgetrede oorplanting- en dialise verpleegspesialis wat self ‘n nier ontvang het, het aan Mariska Spoormaker gesê haar en haar man se gestappery is deel van die wêreldwye Billion Steps-uitdaging vir oorplantingsatlete.
Verwelkom uile in jou omgewing 27.11.2020 9:05
Uile loop steeds kwaai deur onder sekere bygelowe, selfs ná baie opvoeding en bewusmaking. Die uil op die dak is vir baie mense ‘n teken van die dood. Sulke onsinnige bygelowe vervreem die mens van hierdie waardevolle roofvoël, wat help keer dat skadelike muise en ander peste en plae in ons omgewing aanteel. Die uilbevolking is kwesbaar, en ons word aangemoedig om roofvoëls in ons omgewing te verw...
Meestersuiwelboer van die Jaar 26.11.2020 10:14
Johannes Loubser is een van vyf broers wat ‘n enorme groot melkery bestuur. Hy is onlangs aangewys as die Landbou Navorsingsraad se Meestersuiwelboer van die Jaar. Hy vertel vir Johan Rademan van die dinamika van die vyf broers en sy respek en passie vir melkkoeie.
Mentorskap vir seuns 26.11.2020 8:02
Jaco van Schalkwyk gesels met Johan Rademan oor die mentorskap van seuns met afwesige pa's.
Vaardigheidsopleiding 26.11.2020 9:17
Elsie Harmse gesels met Johan Rademan oor werkgekoppelde vaardigheidsopleiding.
Hannelie Booyens se pad met motorneuronsiekte 25.11.2020 17:12
Joernalis Hannelie Booyens vertel vir Martelize Brink van haar diagnose met motorneuronsiekte, haar ervaring hiervan tot op hede, en hoe sy haarself voorberei vir wat kom.
Wyntoerisme 25.11.2020 10:29
André Morgenthal gesels met Martelize Brink oor volhoubaarheid in wyntoerisme.
Vermy só gevare tydens stap met Wagter 24.11.2020 12:17
Veearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Johan Rademan hoe om gevare te vermy wanneer jy met jou hond gaan stap.
Prostaatkanker 24.11.2020 7:02
Dorothy Du Plooy van CANSA vertel vir Johan Rademan van prostaatkanker en die dienste wat die organisasie lewer.
Boelies by die werk 24.11.2020 15:59
Dr. Linda Meyer vertel vir Johan Rademan wat jou te doen staan as jy geboelie word by die werk.
Dr. Willa Boezak 23.11.2020 9:50
Dr. Willa Boezak is 'n skrywer en antropoloog, wat ’n meestersgraad in teologie met lof aan die Universiteit van Wes-Kaapland geslaag het. Hy het daarna aan die Vrije Universiteit van Amsterdam studeer en toe sy doktorsgraad in menslike wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Dr. Boezak was ook 12 jaar lank dosent in teologiese etiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Haidee Muller...
Madibaland Wêreld Literêre fees 23.11.2020 10:09
Prof. Darryl David vertel vir Sue Pyler van die Madibaland Wêreld Literêre fees.
Out of Wire 23.11.2020 7:19
Ria Moolman vertel vir Sue Pyler hoe daar op Bedford in die Oos-Kaap draad gebruik word om klerehangers en dekoritems te maak.
Willem Avenant 20.11.2020 17:04
Willem Avenant vertel vir Martelize Brink van die Morocco Desert Challenge veldtydren wat hy op 'n motorfiets gaan aanpak.
E-sigarette 20.11.2020 10:44
Naomi Langeveld vertel vir Martelize Brink van die behoefte om e-sigarette te reguleer.
Hoërskool Ermelo 19.11.2020 10:36
Pieter Grobler, skoolhoof van die Hoërskool Ermelo, het ‘n uitstekende kombinasie tussen kuns, kultuur, akademie en sport bewerkstellig. Hy het ook die gevreesde “doop” van groentjies op 'n kreatiewe wyse ondervang.
Victor Fredericks - plaaswerker, skrywer, sanger 19.11.2020 10:26
Victor Fredericks het in sy pa se voetspore gevolg, en is voorman op een van die grootste peerplase in die suidelike halfrond. Jacqui January het in die Boland gaan kuier, en gesels met dié talentvolle plaaswerker wat al ‘n boek oor die stories van sy mense geskryf het. Victor skryf ook gedigte en toonset dit self.
Skool vir entrepreneurskapsvaardighede 19.11.2020 9:51
Pierre van den Berg vertel vir Johan Rademan van 'n skool wat entrepreneurskapsvaardighede slyp.
Cohnwille se kuns bekoor mense 18.11.2020 9:43
Cohnwille Swarts en sy kunsonderwyser Celeste Arendse gesels met Martelize Brink oor die beroering wat dié graad 12 leerling se kuns op sosiale media veroorsaak het. Cohnwille vertel ook hoekom die tema van sy kuns armoede is.
DAK Netwerk vereer baanbrekers 18.11.2020 9:28
Haidee Muller was onlangs by die eretoekennings van die taal- en kultuurorganisasie, DAK Netwerk. Sy het daar met 'n paar baanbrekers gesels. Hierdie vereerdes is mense wat 'n besonderse bydrae in hulle gemeenskappe en beroepsvelde gelewer het. Hulle is uitskieters wat dikwels vergeet word, hoewel hulle 'n verskil maak.
SA Plastiekooreenkoms 18.11.2020 10:26
Saliem Haider vertel vir Martelize Brink wat die Suid-Afrikaanse plastiekooreenkoms wat in 2019 tot stand gekom het, behels, en die aksies wat in dié verband geneem is.
Vroeggebore babas 17.11.2020 13:09
Dr. Miemie Du Preez praat op Wêreld Premature Baba-dag oor inisiatiewe by die Tygerberg Hospitaal om vroeggebore babas te ondersteun.
TV-skeidsregters 17.11.2020 10:42
Freek Burger gesels met Johan Rademan oor die rol van TV-skeidsregters in rugby.
Sirkulêre ekonomie 17.11.2020 9:00
Lizl Naude verduidelik vir Johan Rademan wat die sirkulêre ekonomie behels aan die hand van voorbeelde van die herdoelprodukte wat haar onderneming Lillyloompa vervaardig.
Hoekom is die Addo-leeus op die pil? 16.11.2020 10:33
As jy een van die Suid-Afrikaanse burgers is wat die Addo Olifant Nasionale Park in Sanparke se gratis-toegang week van 16 tot 20 November gaan besoek , dan moet jy uitkyk vir dié park se leeus, want hier word daar hard gewerk om hulle getalle te beperk. Mariska Spoormaker het hieroor met die hoof van die park, Nick de Goede, gepraat.
Vergelijkbare podcasts
Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds