RSG

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Bezoek zeker de website van de podcast en steun de maker: www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Categorie

Society

Website van de podcast

www.rsg.co.za

Nieuwste aflevering

12 nov. 2026

Waar luisteren?

Podcasts in de app Replaio Radio Binnenkort beschikbaar

Podcasts komen binnenkort naar de app. Installeer nu en zie als eerste een compleet nieuwe kijk op podcasts

Download het op Google Play Gratis installeren Android bijna 10 mln downloads · beoordeling 4,7+ iOS binnenkort

Afleveringen

Die impak van siviele inginieurswese projekte op toerisme 06.09.2022

Dawie Botha gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor siviele inginieurswese projekte se impak op toerisme, en spesifiek dié van die N1-snelweg in Limpopo.

Errieda as kosikoon vereer 06.09.2022

Haidee Muller-Isaacs gesels met kosskrywer Errieda du Toit oor die 2022 Food XX-toekenning as kosikoon wat haar onlangs te beurt geval het. Errieda was een van 19 vrouebaanbrekers wat die meeste stemme uit sowat 500 kandidate van die publiek ontvang het. Dit bewys weer eens dat Errieda diep in mense se harte gekruip het tydens haar etlike jare in die kosbedryf.

Oplossings vir jeugwerkloosheid 06.09.2022

Dr. Hendrik Botha praat oor werkloosheid onder die jeug, en oplossings vir die probleem.

Wat is jou verantwoordelikhede teenoor jou diere? 05.09.2022

Veearts dr. Annelie Cloete praat oor die verantwoordelikhede van diere-eienaars.

Gratis toep vir kankerpasiënte 05.09.2022

Prof. Darelle van Greunen vertel van C-Vive, ‘n gratis toepassing wat vir kankerpasiënte en hulle geliefdes meer inligting gee oor kanker en wat om te verwag. https://play.google.com/store/apps/details?id=com.outsystemsenterprise.nmucct. CWordYourGuide&hl=en&gl=US

Jeffreysbaai blom vir die bye 05.09.2022

Jeffreysbaai het nou ook deel geword van die No Mow-beweging, wat kortliks daarop neerkom dat die bye eers die stuifmeel van die veldblomme in die parke en langs die sypaadjies kan geniet, voor dit gesny word. Mariska Spoormaker het Jeffreysbaai besoek en by Soria Swart van Dorp van Drome gehoor dié kusdorp se No Mow-inisiatief het by ‘n enkele inwoner begin.

Hoe werk koeëlvastebaadjies? 02.09.2022

Samantha Aarons-Cupido vertel vir Martelize Brink hoe koeëlvastebaadjies werk.

Brunhild Strauss maak reuse impak in Namakwaland 02.09.2022

Brunhild Strauss is die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdheid se ontwikkelingsbestuurder in Namakwaland. Sy dinamika verseker dat sy streek elke jaar beter doen as enige ander gebied in Suid-Afrika met Loslitdag en met Nappy Run. As rolmodel , wat self 'n parapleeg is na 'n ernstige ongeluk , maak hy 'n reuse impak op die platteland met dienste aan persone met gestremdheid. Haidee Mul...

Airwolf by lugskou 02.09.2022

André Coetzee vertel vir Martelize Brink van sy deelname die naweek aan die lugskou by die Randse Lughawe in sy Airwolf-styl helikopters.

Pannekoeke vir die blomme 01.09.2022

Dominee Johan Janse van Rensburg vertel van die die Niewoudtville-gemeente wat op groot skaal pannekoek bak vir die blommetoeriste in Namakwaland.

Ashley, die kampioen-duiweboer 01.09.2022

Haidee Muller-Isaacs kuier by Ashley September, ‘n oud-siviele ingenieur wat deesdae 'n kampioen-duiweboer is.

Die verskuiwing van groot bome 01.09.2022

Jacques Janse van Rensburg vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe groot bome verplant word.

De Klerk Oelofse se drama tussen die plante 31.08.2022

Akteur De Klerk Oelofse gesels met Johan Rademan en Martelize Brink oor sy lewe op die planke en tussen die plante.

Somber langtermynvoorspellings vir Baai se opgaardamme 31.08.2022

Terwyl goeie reën steeds wegbly uit die opvangsgebiede van Nelson Mandelabaai se belangrikste opgaardamme, is daar ‘n langtermyn-weervoorspelling dat reën nóg skaarser mag word in dié gebiede. Hugh van Niekerk, ‘n metereoloog van die Baai se weerkantoor, het met Mariska Spoormaker hieroor gepraat.

'n VHS-kussing?!? 31.08.2022

Regine le Roux vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe Re. Bag. Re. Use VHS-videokasette se magneetband gebruik om produkte soos handsakke en strooikussings te maak.

SA Trompoppies oppad Wêreldbeker toe 30.08.2022

Wayne Oberem vertel vir Martelize Brink van Suid-Afrika se trompoppies wat in September in Kroasië aan die Wêreldbeker gaan deelneem.

Johannes Potgieter se trompoppie-herinneringe 30.08.2022

Johannes Potgieter stof sy herinneringe af toe hy ‘n internasionale trompoppie-beoordeelaar was. Hy vertel vir Johan Rademan dat jy Proteakleure kan verwerf, en mans kan ook deelneem aan dié sportsoort wat by SASKOK geaffilieer is.

Stehan is 'n superheld teen kanker 30.08.2022

Die vierjarge Stehan Knuppe en sy ma, Cornel, kuier by Martelize Brink in die driesestig-ateljee voordat hy weer chemoterapie vir kanker moet kry.

Elektromagnetiese besoedeling 30.08.2022

Hoewel daar geen onteenseglike bewyse is nie, sê dr. Marlena Kruger dat elektromagnetiese besoedeling die gesondheid van die mens kan beïnvloed. Jacqui January gesels met haar oor die behandeling en voorkomingsmaatreëls teen teen hierdie soort besoedeling.

Staatsbeheerde dieresiektes 29.08.2022

Staatsveearts dr. Annelie Cloete verduidelik wat staatsbeheerde dieresiektes is, soos bek-en-klouseer.

“My hond is my hande” 29.08.2022

Het jy al gehoor van ‘n hond wat ’n man se skoene, en daarna sy kouse kan uittrek? Mariska Spoormaker het dit met haar eie oë beleef toe sy Daniel Theron en sy dienshond, Sanjo, by hulle huis in die Baai gaan besoek het. Daniel is van sy bors af ondertoe verlam in ‘n motorongeluk elf jaar gelede.

Hoe het kerke Covid-19-aanslag oorleef? 29.08.2022

Ds. Heerden van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe kerke die Covid-19-aanslag oorleef het. Sy Welgemoed-gemeente hou byvoorbeeld ‘n kunstefees.

Maak self seep vir jou skottelgoedwasser 26.08.2022

Maryke Visagie gee vir Johan Rademan ‘n resep vir tuisgemaakte seeppoeier vir jou skottelgoedwasser.

Oos-Kaap se eerste seniorburger-koorfees 26.08.2022

Reëlings is al goed aan die gang om die Oos-Kaap se eerste Seniorburger-koorfees op 17 September in Jeffreysbaai aan te bied. Wat dié koorfees meer uitsonderlik maak, is dat kore en individue van minstens tien Oos-Kaapse dorpe ingeskryf het om deel van die fees te wees. Mariska Spoormaker het by een van die kooroefeninge in Gqeberha die bekende koordirigent, Bouwer van Rooyen, gevra om meer te ver...

Clanwilliam-veldblomskou 26.08.2022

Daleen Schoombee vertel vir Johan Rademan van vanjaar se Clanwilliam-veldblomskou.

Luister naar de podcast Driesestig in Replaio

Radio en podcasts in één app - gratis en zonder account. Installeer vandaag nog en mis de lancering niet

Download het op Google Play

Replaio is geen uitgever van podcasts; namen van shows, covers en audio zijn eigendom van hun makers en worden verspreid via openbare RSS-feeds