RSG
Vers en Klank
Voorlesings van gedigte, afgewissel met gepaste musiek.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Vers en klank 2 Januarie 2024 02.01.2024 23:38
Hier vroeg in 2024 luister ons op Vers en Klank na gedigte wat netsowel as nuwejaarsvoornemens of leuses vir die lewe kan dien. Die voorleser is Susanne Beyers.
Vers en klank 26 Desember 2023 26.12.2023 24:16
Op hierdie heerlike somersdae – en terwyl ons nog vakansie hou en maar mág lui wees – is stoepsit een van die lekkerste dinge om te doen. Skakel gerus in vir Daneel van der Walt se voorlesings oor dié heilsame tydverdryf.
Vers en klank 25 Desember 2023 25.12.2023 25:05
In hierdie spesiale Kersdag-uitsending van Vers en Klank luister ons na gedigte deur NP van Wyk Louw, Lina Spies, Antjie Krog, Carma Shaw, Fanie Olivier, Uys Krige, Rien Joubert en Ewerwyn Wessels. Die voorlesers is Johann Nel en Nicole Holm.
Vers en klank 19 Desember 2023 19.12.2023 20:04
Indien jy een van die bittereinders is wat steeds hierdie week werk, dan is hierdie week se Vers en Klank net vir jou bedoel! Skakel gerus in vir Waldemar Schultz se voorlesing van gedigte oor werk.
Vers en klank 12 Desember 2023 12.12.2023 19:04
Uit simpatie met diegene wat nog nie op vakansie is nie, lees Waldemar Schultz op Vers en Klank gedigte voor oor werk, beroepe – allerlei dinge wat mense doen om die pot aan die kook te hou.
Vers en klank 5 Desember 2023 05.12.2023 24:18
Op Vers en Klank luister ons die tweede program van gedigte oor gedagtes oor God. Dié keer lees Daneel van der Walt voor uit die werk van NP van Wyk Louw en Sheila Cussons.
Vers en klank 28 November 2023 28.11.2023 25:05
Wonder jy ooit oor God? Oor die bestaan van ’n godheid? Ons digters het heelwat oor dié tema te sê gehad. Die voorleser Daneel van der Walt.
Vers en klank 21 November 2023 21.11.2023 23:21
Nicole Holm lees gedigte oor tuine.
Vers en klank 14 November 2023 14.11.2023 26:17
Sophia van Taak gesels met die digter, Bibi Slippers, oor haar jongste bundel, Soekenjin. Slippers lees ook van die nuwe verse voor.
Vers en klank 7 November 2023 07.11.2023 20:08
Ter viering van die Bokke se Wêreldbekeroorwinning, luister ons na gedigte oor sport. Die voorleser is Waldemar Schultz.
Vers en klank 31 Oktober 2023 31.10.2023 18:30
Luister na gedigte oor die plaaslewe. Die voorleser is Lochner de Kock.
Vers en klank 24 Oktober 2023 24.10.2023 26:25
Luister na die gedigte wat in vanjaar se Avbob-poësiekompetisie as wenners in die Afrikaanse kategorie aangewys is. Die voorleser is Nicole Holm.
Vers en klank 17 Oktober 2023 17.10.2023 24:53
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Vers en klank 10 Oktober 2023 10.10.2023 25:16
Nic de Jager is die voorleser in ‘n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Vers en klank 3 Oktober 2023 03.10.2023 22:33
Nic de Jager is die voorleser in 'n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Vers en klank 26 September 2023 26.09.2023 25:53
Lochner de Kock lees gedigte oor rotskuns voor.
Vers en klank 19 September 2023 19.09.2023 25:13
Sophia van Taak gesels met die digter en vertaler, Daniel Hugo, oor Jan Swanepoel se jongste digbundel, Die Belewenisse van ’n Latinis.
Vers en klank 12 September 2023 12.09.2023 22:46
Daneel van der Walt lees gedigte oor vensters, ruite – daardie dun panele glas wat orals is, maar selde raakgesien word.
Vers en klank 5 September 2023 05.09.2023 23:06
Pieter Odendaal gesels oor sy tweede digbundel, Ontaard. Ons luister ook na toonsettings van ’n paar gedigte uit dié versameling.
Vers en klank 29 Augustus 2023 29.08.2023 26:03
Ons vier Boomplantweek met pragtige gedigte oor inheemse bome, en die groot rol wat bome in die ganse aarde se oorlewing speel. Die voorleser is Joanie Combrink.
Vers en klank 22 Augustus 2023 22.08.2023 26:41
Pianis Rocco de Villiers het al menige resepteboek geskryf, en nou het sy heel eerste digbundel ook die lig gesien. Rocco kuier by Sophia van Taal in die ateljee om te gesels oor dié versameling verse, getiteld Die Eiesoortiges.
Vers en klank 15 Augustus 2023 15.08.2023 15:58
Sophia van Taak blaai saam met ’n paar digters deur hulle foto-albums en raak so ’n bietjie nostalgies oor die ou dae se kiekies. Ons luister ook na gedigte oor bekende foto’s wat oor die jare in die pers verskyn het. Die voorleser is Lochner de Kock.
Vers en klank 8 Augustus 2023 08.08.2023 26:07
Sophia van Taak gesels Tom Dreyer oor sy debuutbundel, Nou in Infrarooi. Dreyer lees van sy gedigte uit dié versameling voor, en Riku Lätti verskaf agtergrondmusiek.
Vers en klank 1 Augustus 2023 01.08.2023 23:23
Luister na die derde en laaste aflewering in die reeks oor insekte. Die gedigte word voorgelees deur Joanie Combrink, Marlo Minnaar en Lochner de Kock.
Vers en klank 25 Julie 2023 25.07.2023 25:22
Luister in die tweede aflkewering in ’n reeks van drie oor insekte na gedigte oor dié insekte wat in ons tuine leef – die kewers, bidsprinkane, slakke en wurms… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.