RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Die Potplant: ‘n Tragedie 23.06.2026 8:43
Aktrise Karli Heine vertel van die kabaret wat sy geskryf het, Die Potplant: ‘n Tragedie.
Wynand Kotze te sien in Leefbaar 23.06.2026 13:42
Wynand Kotze is bekend as Tollie Parton, maar hy wil aan gehore wys dat hy meer as net Tollie is. Hy gesels oor die drama, Leefbaar, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.
Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2026 23.06.2026 10:15
Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind vanjaar plaas van 3 tot 12 Julie by die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch. Terrance April gesels met prof. Nina Schumann, die artistieke direkteur van die fees.
Teater in 'n trok 23.06.2026 8:42
Vervaardigers Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden vertel van die plekspesifieke teaterervaring, Grenslig. Die stuk speel af in ‘n bewegende trok.
Het van Verlangekraal 16.06.2026 12:25
Christelle Webb-Joubert vind meer uit oor Het van Verlangekraal, wat deesdae op die verhoog te sien is. Sy gesels met die regisseur, Frans Swart, en akteurs Nikita Meyer en Etienne du Plessis.
Midnight in Parys 16.06.2026 7:35
Terrance April gesels met die dramaturg en akteur, Paul Slabolepszy, oor sy nuwe toneelstuk, Midnight in Parys.
Tronk met ‘n D. 16.06.2026 8:59
Tronk met ’n D. debuteer by Innibos 2026. Die vervaardigers, Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden, vertel meer.
Martine Robinson se botaniese kuns 16.06.2026 14:25
Christelle Webb-Joubert gesels met kunstenaar Martine Robinson oor botaniese kuns. Martine het onlangs ’n oorsese kompetisie gewen met twee van haar kunswerke.
Die Swartland en kuns 09.06.2026 13:12
Ashley Stone, die voorsitter van Swartland Toerisme, vertel waarom kuns en die kunstenaars in daardie omgewing so belangrik is vir toerisme. Christelle Webb-Joubert gesels ook met een van die plaaslike kunstenaars, Andries Dirks.
Waterbrief terug op verhoog 09.06.2026 10:09
Aktrise Minke Marais vertel van die toneelstuk, Waterbrief, wat na 7 jaar weer op die verhoog te sien is.
ORPHEUS IN DIE ONDERWÊRELD in Kaapstad 09.06.2026 4:25
Kaapstad Stadsballet is druk besig met repetisies aan hulle produksie van ORPHEUS IN DIE ONDERWÊRELD. Terrance April gesels met Kirstel Paterson, hoofdanser van die geselskap.
Carla Smith se Crybaby 09.06.2026 16:08
Aktrise Carla Smith het die toneelstuk, Crybaby, geskryf. Sy behartig ook die regie. Sy vertel waaroor dit gaan.
Classical Movements-konserte 02.06.2026 5:11
Dit is altyd verblydend om te hoor van 'n konsert of twee waar besoekende kunstenaars uit die buiteland voor plaaslike gehore optree, veral as hulle kragte saamspan met ons eie kunstenaars. Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor só 'n geleentheid.
Matie van Graan: Van natuurbewaring tot op die verhoog 02.06.2026 9:44
Matie van Graan het op 52 begin toneelspeel. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert hoe dit gebeur het. Sy gesels ook oor Pampelmoesmampoer, wat te sien is by Innibos 2026.
Sasol Nuwe Handtekeninge 2026 02.06.2026 13:17
Cate Terblanche, Sasol se kurator en een van die beoordelaars, moedig opkomende kunstenaars aan om in te skryf vir die Nuwe Handtekeninge-kunskompetisie vir 2026.
Sterstof by Innibos 02.06.2026 5:25
By Innibos 2026 kan gehore gaan kyk na Sterstof. Die regisseur De Klerk Oelofse vertel meer.
Vrystaat Kunstefees 2026 02.06.2026 13:32
Die feesdirekteur van die Vrystaatkunstefees, Michael Garbett, gesels oor 2026 se program.
Kaapstad Filharmonies se 2026-winterseisoen 26.05.2026 10:22
Dit is tyd vir die volgende konsertseisoen van Kaaptad Filharmonies. Terrance April gesels met die bestuurshoof en artistieke direkteur, Adriaan Fuchs.
Palisander Kamerkoor se katedraalkonserte 26.05.2026 12:02
Sarita Hauptfleisch, dirigent van die Palisander Kamerkoor, vertel van hulle opkomende optredes in twee katedrale – een in Frankryk en een in Spanje.
Magonjatjie pak boelies 26.05.2026 13:34
Christelle Webb-Joubert kuier gesels met Sunieda Kelber en Magonjatjie oor hulle nuwe produksie oor boelies.
Salon Musiek-konserte terug in Pretoria 26.05.2026 6:25
Salon Musiek se konserte keer terug na Pretoria. Die artistieke direkteur, Willem Vogel, vertel meer.
A Gentleman’s Guide to Love and Murder 19.05.2026 11:17
Die musiekspel, A Gentleman’s Guide to Love and Murder, is vir die eerste keer te sien in Suid-Afrika. Die musiekregisseur en akteur, Barend van der Westhuizen, vertel meer.
Mzansi Ballet se Heal the World 19.05.2026 8:14
Mzansi Ballet het al talle produksies gedoen wat gebaseer is op kunstenaars soos Abba, Queen, Neil Diamond en Elvis Presley. Nou gaan gehore by die Pieter Toerien Teater by Montecasino die geleentheid kry om iets oor Michael Jackson te beleef. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, bestuurshoof van Mzansi Ballet, oor Heal the World.
John Reid Coulter-konserte 19.05.2026 14:52
Die musikant, John Reid Coulter, vertel van drie konserte waar vier klawesimbels te hoor is.
Kirstenbosch-konserte 19.05.2026 10:16
Christelle Olivier vertel van konserte wat in Kirstenbosch aangebied word. Dié konsertreeks was vir jare ‘n droom van haar klavieronderwyser, dr. Ingrid Gollom.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.