RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Ons en die onderwys 19 November 2023 19.11.2023 25:12
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor hoe onderwysleiers ouerverwagtinge kan bestuur. Hoe kan die verhouding tussen die ouers en die skool gesond en konstruktief bestuur word?
Ons en die onderwys 12 November 2023 12.11.2023 23:42
Johan van Lill praat met dr. Celia Booyse oor onderrigstrategieë met die brein in gedagte. Hulle kyk na die belangrikheid van taal in leer, uitvoerende funksies en waartoe dit leerders in staat kan stel.
Ons en die onderwys 5 November 2023 05.11.2023 21:59
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die BELA-wetgewing, wat gemeenskappe kan doen om die matrieks met hulle eksamen te ondersteun, en waar die proses is met aansoeke vir onderwysstudente by universiteite.
Ons en die onderwys 29 Oktober 2023 29.10.2023 20:12
Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor geletterdheid, en fokus op die voor-die-lees-fase wat onderwysers as ‘n strategie kan gebruik by die onderrig van lees.
Ons en die onderwys 22 Oktober 2023 22.10.2023 21:13
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor hoe om kritiese denkvaardighede by leerders te ontwikkel.
Ons en die onderwys 15 Oktober 2023 15.10.2023 22:54
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor kommunikasie en onderwysleierskap. Hoe kan onderwysleiers suksesvol kommunikeer sodat dinge glad kan verloop in die skool en skoolgemeenskap?
Ons en die onderwys 8 Oktober 2023 08.10.2023 22:35
Johan van Lill praat met Susan Burgess, 'n onderwyskundige, oor speelgebaseerde leer in voorskoolse onderrig. Hoekom is speel so belangrik vir die ontwikkeling van jonger leerders?
Ons en die onderwys 1 Oktober 2023 01.10.2023 22:16
Johan van Lill praat met professor Jean Greyling oor kodering. Hoekom is kodering belangrik vir leerders? Hoe kan skole, wat nie oor die nodige hulpbronne beskik nie, dit aanpak?
Ons en die onderwys 24 September 2023 24.09.2023 21:13
Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer oor poppedialoog as onderrigleerstrategie in die wiskunde- en wetenskapklaskamer. Hoe kan poppespel gebruik word om wiskunde en wetenskap te onderrig?
Ons en die onderwys 17 September 2023 17.09.2023 20:08
Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor onderrig en ontwikkeling van leesbegrip. Hoe ontwikkel ’n mens leesbegrip? Is dit iets waarmee ouers kan help?
Ons en die onderwys 10 September 2023 10.09.2023 20:34
Johan van Lill praat met onderwyskundige Jannie van der Westhuizen oor wat die kernopdrag van skole is, en waarmee hulle besig behoort te wees.
Ons en die onderwys 3 September 2023 03.09.2023 21:05
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedsas, oor die BELA-wetgewing wat tans baie in die nuus is. Wat moet ouers, onderwysers en skole hiervan weet? Wat gebeur nou verder?
Ons en die onderwys 27 Augustus 2023 27.08.2023 19:20
Johan van Lill praat met Marieta Nel oor begripstoetse, visuele en ouditiewe tekste en opsommings. Hoe kan onderwysers dit meer suksesvol in die klaskamer aanpak met die leerders sodat hulle dit eendag met sukses in die matriekvraestel kan doen?
Ons en die onderwys 20 Augustus 2023 20.08.2023 19:51
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor hoe onderwysers oor Afrikaans moet dink. Maandag 14 Augustus was Taaldag. Wat is die stand van Afrikaans in skole?
Ons en die onderwys 13 Augustus 2023 13.08.2023 24:48
Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck oor die waarde wat teaterbesoeke vir leerders het. Hulle vertel hoekom dit belangrik is dat leerders hulle leesboekkarakters ook op ‘n verhoog beleef.
Ons en die onderwys 6 Augustus 2023 06.08.2023 20:15
Johan van Lill praat met onderwyskundige dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor die verhouding tussen ouers en onderwysers. Wat is die dinge wat onderwysers graag wil hê ouers moet hoor en op ag slaan? Wat is die dinge wat ouers wil hê, onderwysers moet van kennis neem?
Ons en die onderwys 30 Julie 2023 30.07.2023 25:13
Johan van Lill praat met Riaan van der Bergh van Fedsas oor die 2024-skoolbeheerliggaamverkiesings.
Ons en die onderwys 23 Julie 2023 23.07.2023 26:11
Johan van Lill praat met Sors Joubert, 'n dosent in liggaamlike opvoeding, oor die rol wat liggaamlike opvoeding in skole speel. Tot watter mate is LO voordelig vir leerders, en wat gebeur tans in skole wat hierdie betref.
Ons en die onderwys 16 Julie 2023 16.07.2023 21:30
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die verhouding tussen die skool en die opvoedkundige sielkundige. Hoe kan daar ‘n beter en goeie samewerking wees tussen hierdie twee partye?
Ons en die onderwys 9 Julie 2023 09.07.2023 22:17
Johan van Lill praat met oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, Jannie van der Westhuizen, oor die uitdagings wat onderwysleiers tans in die gesig staar. Hoe kan skole hierdie oorkom?
Ons en die onderwys 2 Julie 2023 02.07.2023 22:13
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, historikus en onderwyskundige, oor die rol wat pedagogiek kan speel om skole meer effektief te maak. Hoe kan leerders se agterstande deur goeie pedagogiek aangespreek word?
Ons en die onderwys 25 Junie 2023 25.06.2023 21:18
Johan van Lill praat met Glen du Toit oor hoekom die gebruik van tegnologie in skole nog nie die onderwyskrisis kon oplos nie? Hoe vaar ons in vergelyking met ander lande wat dieselfde uitdagings as ons het?
Ons en die onderwys 18 Junie 2023 18.06.2023 23:15
Johan van Lill praat met Tertia du Plessis, ‘n onderwyskundige, oor die geletterdheidskrisis in skole. Wat kan skole doen om die geletterdheidsuitdagings aan te pak?
Ons en die onderwys 11 Junie 2023 11.06.2023 24:42
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om te onderrig en te leer om beter te verstaan, langer te onthou en meer te kan doen daarmee.
Ons en die onderwys 4 Junie 2023 04.06.2023 21:32
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die lae geletterdheidsvlakke, aanlynaansoeke vir toelating tot skole, en die aansoekproses by universiteite vir toelating en finansiële hulp.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.