RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Ons en die onderwys 26.01.2019 22:36
Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen en Dorothy Loubser oor vervlegde leer. Dit is die mengsel tussen leer wat in 'n klaskamer gebeur en leer wat buite die klaskamer, gewoonlik aanlyn, gebeur. In Engels staan dit bekend as blended learning.
Ons en die onderwys 19.01.2019 22:52
Johan van Lill praat met Stoffel Goosen, 'n onderwyskundige, oor 'n nuwe geleentheid vir leerders om reeds aan die einde van Graad 9 'n beroepsgerigte kwalifikasie te kan verwerf. Voorheen kon leerders dit net volg by 'n naskoolse Kollege, maar nou is dit moontlik om 'n kwalifikasie te verwerf soortgelyk aan matriek, maar met die voordeel dat jy dadelik in daardie rigtig kan spesialiseer of verder...
Ons en die onderwys 12.01.2019 21:51
Johan van Lill praat met Anitia Lubbe en dr. Chantelle Bosch oor hoe 'n mens assessering deel van die leerproses kan maak. Mense dink baie keer aan assessering net as toetse en eksamens, en dit skep baie keer 'n negatiewe persepsie teenoor assessering.
Ons en die onderwys 05.01.2019 20:15
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor 'n fokus vir jou onderwysjaar in 2019. Hoe kan jy seker maak dat jy die jaar op die regte noot begin?
Ons en die onderwys 29.12.2018 21:44
Johan van Lill praat met twee onderwyskenners, dr. Jaco Deacon en dr. Elda de Waal, oor die afgelope onderwysjaar - wat was positief, interessant en wat het verkeerd geloop? Ons gesels ook oor wat in 2019 op die kalender is en reflekteer op onderwys ná 25 jaar van demokrasie.
Ons en die onderwys 22.12.2018 22:19
Johan van Lill praat met prof. Marthie van der Walt, dr. Neal Petersen en prof. Josef de Beer oor hoe inheemse kennis en konteks leer beïnvloed en kan verdiep. Baie navorsing word tans oor gekontekstualiseerde leer gedoen, en hierdie kenners van die NWU vertel vir ons meer daarvan.
Ons en die onderwys 15.12.2018 21:38
Johan van Lill praat met skrywer en motiveringspreker dr. Jannie le Roux oor hoe ek op my onderwysjaar wat verby is, kan reflekteer. Ons het aan die begin van die jaar sekere doelwitte gestel. Hoe dink ek na oor hoe ek hierdie doelwitte bereik het of nie?
Ons en die onderwys 08.12.2018 21:40
Johan van Lill kyk na 'n tegniek wat onderwysers kan gebruik om leerders verantwoordelikheid vir hulle eie leer te laat neem en hulle meer aktief betrokke te kry by die leerproses. Dit staan bekend as koöperatiewe leer. Die kenners wat aan die program deelneem is prof. Elsa Mentz en dr. Roxanne Bailey.
Ons en die onderwys 01.12.2018 20:49
Johan van Lill praat oor probleemgebaseerde leer met proff. Aubrey Golightly en Marietjie Havenga van die NWU. Hoekom is probleemgebaseerde leer belangrik, en hoe kan dit in skole toegepas word?
Ons en die onderwys 24.11.2018 23:13
Johan van Lill kyk verder na selfgerigte leer. Ná die vorige program was daar baie navrae van onderwysers oor hoe dit prakties in die klaskamer kan werk en hoe onderwysers dit kan bevorder. Prof. Elza Mentz en prof. Josef de Beer van die Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie vrae.
Ons en die onderwys 17.11.2018 21:03
Johan van Lill praat oor lewenslange leer met prof. Ignatius Gous van Unisa. Hy het 'n model ontwikkel wat onderwysers kan toepas om hierdie belangrike ingesteldheid by leerders aan te moedig en te vestig.
Ons en die onderwys 10.11.2018 23:02
Johan van Lill is by 'n kongres oor selfgerigte leer, wat die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gehou is.
Ons en die onderwys 03.11.2018 17:29
Johan van Lill praat met twee skoolhoofde oor onderwysers se ingesteldheid en dinamiek, en hoe kom gehaltepersoneel te kry en te behou.
Ons en die onderwys 27.10.2018 22:35
Johan van Lill hoor by Peregrine Joynt of onderwysers voorsiening moet maak in hulle lesse en aanbiedings vir die verskil tussen hoe seuns en dogters ontwikkel.
Ons en die onderwys 20.10.2018 18:10
Johan van Lill praat met dr. Danie Brink van die Skoleondersteuningsentrum oor 'n verslag wat hulle onlangs saamgestel het oor die gemoedstoestand van Afrikaanse onderwysers. Hoe verskil die algemene persepsie van die publiek van hoe onderwysers regtig voel oor hulle professie?
Ons en die onderwys 13.10.2018 20:18
Johan van Lill praat met Emilise Steenkamp, 'n neuro-onderwyskundige, oor hoe onderwysers 'n stresvrye omgewing in die klaskamer kan skep.
Ons en die onderwys 06.10.2018 23:19
Johan van Lill praat oor selfgerigte leer, vervlegde leer en verskillende leerstyle met prof. Josef de Beer en prof. Jaco Olivier van die Noordwes-Universiteit.
Ons en die onderwys 29.09.2018 19:06
Johan van Lill praat met Petrus Jacobs, 'n onderwyskundige, oor die “mental toughness” van onderwysers. Hoe kan onderwysers kritiek, uitdagings en druk in hulle beroep hanteer.
Ons en die onderwys 22.09.2018 22:13
Johan van Lill kyk na watter rol onderwysers en skole in Erfenisdag kan speel.
Ons en die onderwys 15.09.2018 20:24
Johan van Lill kyk na die lewenslange leer en ontwikkeling vir onderwysers, en lê besoek af by die Deeplearning Indaba op Stellenbosch.
Ons en die onderwys 08.09.2018 21:17
Johan van Lill praat met prof. Ruaan Maarman oor navorsing wat by UWK gedoen word oor klaskamerpraktyke. Johan van Lille lê ook besoek af by Paarlskool vir Neuraalgestremde leerders, wat vanjaar hulle 40ste bestaansjaar vier.
Ons en die onderwys 01.09.2018 19:48
Johan van Lill kyk na wetenskaponderrig en hoe om wanvoorstellings in die vak te vermy.
Ons en die onderwys 25.08.2018 21:38
Johan van Lill kyk na die uitdagings met wiskunde-onderwys in die hoërskool.
Ons en die onderwys 18.08.2018 23:46
Johan van Lill hoor hoekom sekere tradisionele onderrigmetodes nie meer in die wiskunde-klaskamer werk nie. Hy lê ook besoek af by Laerskool Totius in Bellville.
Ons en die onderwys 11.08.2018 21:25
Johan van Lill kyk na die professionele ontwikkeling van onderwysers om tegnologie in hulle klaskamers te gebruik, en hoe om oorlaaide en angstige kinders in die wiskundeklaskamer te hanteer.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.