RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Leefwêreld van die gestremde 28 Mei 2023 28.05.2023 23:30
Fanie du Toit gesels met Deon Ceronio oor luisteraarsvrae oor die uitdagings en oorwinnings van kogliêre inplantings. Jacqui January hoor van die ondersteuning en hulp vir versorgers van mense wat leef met demensie.
Leefwêreld van die gestremde 21 Mei 2023 21.05.2023 23:53
Fanie du Toit hoor hoe jy jou houding teenoor gestremdes positief kan verander. Die Nasionale Raad van en vir Gestremdes vertel ook van toegangklikheid en ondersteuning in openbare plekke. Jacqui January gesels met twee blinde persone oor die gedragsgewoontes van blindes, en hoe dit benader kan word deur ouers en versorgers. Hulle vertel ook wat hulle die graagste sou wou doen as hulle kon sien.
Leefwêreld van die gestremde 14 Mei 2023 14.05.2023 22:41
Fanie du Toit kyk na die rol van die versorger in die lewe van persone met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n paar jongmense wat werk as vrywilligers by ‘n tehuis in Steinkopf in Namakwaland, om die lewe vir ouerwordende persone en mense met gestremdhede te help vergemaklik.
Leefwêreld van die gestremde 7 Mei 2023 07.05.2023 24:50
Jacqui January hoor oor die proses wat ouers moet volg om ‘n kind met gestremdhede in ‘n spesiale skool te plaas. Fanie du Toit gesels met ‘n aktrise, wat vertel van haar rol as iemand wat leef met outisme.
Leefwêreld van die gestremde 30 April 2023 30.04.2023 22:49
Fanie du Toit vind meer uit oor die uitdagings waarmee ouers van kinders met gestremdhede te kampe het. Die Blinde Navigator Tydrenklub in Pretoria nooi vrywillige motorbestuurders uit om by die blinde navigatorspan aan te sluit.
Leefwêreld van die gestremde 23 April 2023 23.04.2023 23:52
Fanie du Toit gesels met die ma van 'n gestremde seun oor haar persoonlike ervaring van hom asook haar haar perskeftief as 'n mediese persoon. Jacqui January besoek 'n skool vir blinde leerders op Wêreld Hardop Lees Dag.
Leefwêreld van die gestremde 16 April 2023 16.04.2023 20:44
Fanie du Toit vind meer uit van 'n minder sigbare gestremdheid, en die uitwerking daarvan op die persoon, hulle gesin en die gemeenskap. Jacqui January het nuus oor 'n kinderboekvrystelling om bewustheid oor gestremdheid onder kinders te vestig. Die boek handel oor die lewe van 'n ikoniese blinde hooggeregshofregter.
Leefwêreld van die gestremde 9 April 2023 09.04.2023 23:15
Fanie du Toit vind uit wat die beste tyd is om kinders vir 'n gehoortoets te neem. Jacqui January hoor van die rol van radio in die verspreiding van inligting en bronne vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 2 April 2023 02.04.2023 22:36
Fanie du Toit vind meer uit van die beroep van proefleser van Brailledokumente. En, Jacqui January hoor van 'n blinde man wat 'n toepassing geskep het om toeganklikheid by winkelsentrums vir blindes te bevorder.
Leefwêreld van die gestremde 26 Maart 2023 26.03.2023 22:55
Fanie du Toit kyk weer na die uitdagings ten opsigte van die versorging van persone met demensie en hulle versorgers. Jacqui January gesels met Deone Erasmus, ‘n blinde vrou wat Suid-Afrika in Engeland gaan verteenwoordig in ‘n lyndans-kampioenskap.
Leefwêreld van die gestremde 19 Maart 2023 19.03.2023 22:32
Fanie du Toit kyk na die potensiaal en vaardighede van mense met sigverlies. Jacqui January gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede, wat besighede uitnooi om hulle te nader vir hulp om omvattende toegangklikheid van hulle kantore te verseker.
Leefwêreld van die gestremde 12 Maart 2023 12.03.2023 22:12
Fanie du Toit hoor van padveilighied uit die perspektief van mense met gestremdhede. Jacqui January hoor van ‘n organisasie wat bewusmaking en praktiese werk in Pretoria doen vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 5 Maart 2023 05.03.2023 22:03
Fanie du Toit vind meer uit oor Wêreld Gehoordag wat jaarliks op 3 Maart gevier word. Jacqui January hoor van hulp wat beskikbaar is vir die ouers van kinders met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 26 Februarie 2023 26.02.2023 23:46
Fanie du Toit vind meer uit oor die toenemende aantal gevalle van verlammende polio en postpoliogevalle in Suidelike Afrika en selfs in New York. Jacqui January gesels met 'n sportafrigter vir blinde krieketspelers, en met gestremde sportmense oor rolbal.
Leefwêreld van die gestremde 19 Februarie 2023 19.02.2023 24:16
Fanie du Toit gesels met Hannes de Jager, wat ná 'n rugbybesering in 'n rolstoel is, en vandag steeds sy plek in die gemeenskap volstaan. Jacqui January gesels met pastoor Willie Botha, wat blind is en die land deurkruis om ander positief te inspireer met sy sang en getuienis.
Leefwêreld van die gestremde 12 Februarie 2023 12.02.2023 19:32
Fanie du Toit gesels met 'n vrou van kort statuur oor verhoudings tussen mense met gestremdhede en ander persone. Jacqui January vind meer uiot van Boccia, 'n sportsoort vir persone met serebraal gestremdhede. Boccia is 'n teikenbalsport wat soortgelyk is aan rolbal.
Leefwêreld van die gestremde 5 Februarie 2023 05.02.2023 22:40
Fanie du Toit vind meer uit van dienste vir gestremdes in die Noord-Kaap. Jacqui January vertel van 'n skool vir leerders met erge verstandelike gestremdhede, en planne om hulle ná skool voor te berei vir die arbeidsmark.
Leefwêreld van die gestremde 29 Januarie 2023 29.01.2023 21:12
Fanie du Toit kyk verder na die terme en titels wat aanvaarbaar is vir persone met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n Weskus-gemeenskap wat die pad na die vuurtoring skoonmaak vir rolstoelgebruikers.
Leefwêreld van die gestremde 22 Januarie 2023 22.01.2023 23:21
Fanie du Toit vind meer uit oor die benamings wat gebruik behoort te word met verwysing na mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met 'n blinde paartjie oor die bevordering van rolbal onder siggestremde mense.
Leefwêreld van die gestremde 15 Januarie 2023 15.01.2023 22:13
Fanie du Toit kyk na die sigma wat kleef aan siggestremde persone in die werkplek. Jacqui January fokus op toeganklikheid vir persone met rolstoele by toeriste-aantreklikhede in die Wes-Kaap.
Leefwêreld van die gestremde 8 Januarie 2023 08.01.2023 19:56
Fanie du Toit gesels met twee vroue met dieselfde diagnose, sigverlies, -wat totaal verskillende ervarings daarvan het. Jacqui January vind meer uit van die toeganklikheid van nasionale parke vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 1 Januarie 2023 01.01.2023 22:47
Fanie du Toit se gas, Jeanne Nel, beantwoord luisteraarsvrae oor demensie. Jacqui January win praktiese raad in oor hoe om jou ingesteldheid te verbeter ten opsigte van die uitdagings waarmee jy saamleef.
Leefwêreld van die gestremde 25 Desember 2022 25.12.2022 23:30
Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede, en hoe hulle letterlik in mekaar se voetspore en rolstoele meeleef. Jacqui January gesels met 'n vrou met albinisme, oor haar aktivisme en haar omgee en liefde vir Kersfees.
Leefwêreld van die gestremde 18 Desember 2022 18.12.2022 21:28
Fanie du Toit vind meer uit oor die werksgeleenthede van die Ocean View Vereniging vir Mense met Gestremdhede, en hoe vissermanne ook hierby betrek word. Jacqui January hoor van die betrokkenheid van kinders met gestremdhede in familie-kersfeesvierings.
Leefwêreld van die gestremde 11 Desember 2022 11.12.2022 22:08
Fanie du Toit vind meer uit oor die Jo-Dolphin Swartland Vereniging vir Persone met Gestremdhede in Malmesbury. En Jacqui January hoor van bestuurderslisensies vir persone met liggaamlike gestremdhede.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.